Dit wil voorkom asof die Covid inperkings nog lank nie iets van die verlede is nie. Selfs in die VK waar die meerderheid mense al entstof gekry het, is nog nie al hulle inperkings gelig nie. Ons almal weet watse uitdagings SA met entstowwe het, en baie van ons weet ook hoe ons Julie skoolvakansie planne gisteraand deurmekaar gekrap is met die nuutste gewysigde vlak 4 inperkings wat afgekondig is.
Ek skep die draad as 'n plek om gal te braak en keel skoon te maak oor hoe dit jou raak, maar ook as 'n plek om betroubare inligting te deel waaruit ander kan baat vind. Moet asseblief nie gerugte of bespiegelinge hier plaas nie, en maak seker die bron is geloofwaardig. Ek sal begin met hierdie inligting van SANPARKE aangaande hoe die jongste inperkings besoeke aan Nasionale Parke en veral besprekings van inwoners van Gauteng raak.
Wildehont, ry om die plek…
Wildehont, ry om die plek. Die vertolking van die regulasie kan enige kant toe swaai. Ek lees dat 'Travel in and out of the province..." soos in jou geval ook verstaan kan word" I enter the province and then out of the province for leisure." Dan is jy teen die wet.
Ja so is dit
Wildehont hoe raak dit my ek word ingeperk het nie vryheid van beweging nie kan nie vooruit beplan nie dra masker dag in dag uit is dit gesond ek glo nie ek hoor elke dag wanneer gaan jy vir jou jab so gatvol wie is reg wie is verkeerd eweskielik is baie ouens op forums dokters wat se maak so of so wat se bewyse is daar dat die of daai werk kyk hoe gaan dit wereld wyd mense gaan dood op strepe die kiem is nou die catalysator vir bedrog op groot skaal skole word toe gemaak of dit nou reg is of verkeert is moet almal self besluit taxis Vervoer mense klim hulle uit mokkel maskers aan parties word gehou mense word siek maar stap jy met n hond op die strand word jy gevang en vervolg ek dink die mens dom is besig om alles oor boord te gooi om alles toe te maak bring tot armoede tot gevolg en dit veroorsaak die mens steel en ja vermoor ander net om te survive Mag Jesus met ons wees
Laat loop
Oom Neef, ek het reeds oorslaap plekke op die roete wat om Gauteng gaan bespreek, en gaan die provinsie vermy.
Shaun, ek voel jou pyn. Soos gewoonlik geld die reëls net vir sekere mense. Ek sien egter dat daar nou al ‘n Etha variant van die virus ook in die Wes-Kaap is , wat blykbaar oorspronklik van Nigerië af kom. Dus bly ons maar versigtig. Salomien het Saterdag verjaar. Verlede jaar kon sy nie haar 40ste vier nie - weens Covid inperkings. Hierdie jaar wou sy bitter graag haar verjaardag vier saam met vriende. Ons het egter besluit om dit nie te doen nie. Hoe sal mens voel as jy nou ‘n partytjie hou en ‘n klomp van jou vriende/familie steek Covid aan by die geleentheid?
Soos jy, glo ek dat dit elkeen se eie verantwoordelikheid is om hom/haarself veilig te hou en stem ek saam dat die inperkingsmaatreels belaglik is. Die maatreels word ook nie op dieselfde manier toegepas op almal nie. Dis waarom ek eerder nie myself en my gesin gaan blootstel aan moontlike vervolging en deur Gauteng ry oppad Phalaborwa toe nie.
Intussen verloor besighede weer inkomste en mense hulle werk. ‘n Klient van Salomien het twee restaurante in Worcester en een in Ceres. Al drie maak tydelik toe, want dit gaan hulle meer kos om oop te bly tydens die huidige inperking as om maar eerder te sluit. Sy vrou het ‘n drankwinkel en haar ouers is in die wynbedryf. Daar is ‘n hele familie se inkomste weg en wie weet hoeveel mense wat vir hulle werk s’n ook.
Ek glo die meerderheid van…
Ek glo die meerderheid van ons hier op die foum voel min of meer dieselfde oor die virus en inperkingmaatreëls, maar huil op mekaar se skouers gaan niemand nêrens bring nie. Elke ou moet maar self besluit hoe hy deur die situasie gaan "manuver".
ChrisWH, ek sekondeer jou roete deur Noordwes en vermy eerder Gauteng heeltemal.
Bly maar 'n moeilike een. As…
Bly maar 'n moeilike een. As daar opgetree word met inperkings trek sekere sektore van die ekonomie swaar, bv gasvryheid, drank, toerisme bedrywe. Indien daar nie opgetree word nie stort die gesondheids dienste nog meer ineen as wat dit reeds is, mens kan net dink wat sal gebeur as ons in 'n tweede Indië ontwikkel. Ek dink nie daar is veel mense wat tans die prez se joppie wil hê nie? In tussentyd sorg ons maar dat ons inentings reg is en dat ons maar ons maskers dra en so aan, en hou verby mense wat soos idiote optree.
Padblokkades
Dankie vir die inligting Willem. Dit lyk geloofwaardig. Nou wonder ek of hulle in- en uit verkeer gaan stop. Ek neem so aan. Dit kan darem ‘n gemors afgee tydens spitstye!
Padblokkades ...
gemors afgee tydens spitstye!
Dit pla hulle mos nie. 😉
Chris, ek dink jy het die…
Chris, ek dink jy het die regte besluit geneem om Gauteng te vermy, dit sal 'n gatslag wees as jy by die Gauteng prov. grens deur 'n moedswillige beampte moet omdraai.
Sou mens nie 'n ver pad moet aandurf nie, sal ek sê vat die kans, maar julle wat ver moet ry?
Middag Paul, my dogter sê…
Middag Paul, my dogter sê dat daar baie meer padblokades is as wat op daai vorm van vroeër gesê is. Daardie was as minimum (verpligte) gestel, hier by ons is daar blokades tussen Sasol en Vanderbijl, en tussen Sasol en Vereeniging.
Die feit dat die Government Gazette dit so stel dat mense "deur Gauteng mag ry", verstaan die SAPD, as noodsaaklike vervoer tussen provinsies, en dat geen "leasure" reise toe gelaat word nie.
Ek glo dat teen die tyd dat die inperking op gehef is, sal daar meer duidelikheid wees![]()
Dit is my bekommernis
Middag vriende
Dit is waar die gefoeter inkom. Kan niemand die SAPD personeel wat padblokkades beman, korrek oplei en inlig nie. Dit word dan so mooi omskryf onder "Movement of persons"!
Ek dink dit is sommer net moedswilligheid, want ek het 'n uniform aan, met 'n pistool.
Hercules pad
Middag Paul
Selfs op die pad tussen Brits en Hercules[Pta-Wes] was gister 'n padblokkade. My buurman het sy rieme styf geloop toe hy by 'n bekende slaghuis wou gaan vleis koop.
Hy het egter nie genoem dat hy moes omdraai nie, en ek het nie gevra nie.
Pad van minste weerstand
Dis waarom ons volgende Sondag die pad van minste weerstand van Potch af gaan vat oor Rustenburg en Warmbad. Ek is nie lus vir uniformisme nie, en netnou vind hulle iets alkoholies in ons kombinasie...
Ek dink daar is soveel…
Ek dink daar is soveel verwaring onder die sg hoëgers, dat die arme werkers nie weet wat moet, en wat moenie. Dan kon die moedswillige faktor ook nog in.
Ek moes 'n Buffelspoort en Weesgerus midweeks kanselleer omdat ek deur Gauteng moet ry en nie lis is vir argumeteer nie, lg sou eers na die 14 dae wees maar ons verwag nog erger inperkings met die Delta virus wat baie erger is. (Hoop ek is verkeerd in my siening)
Die k@k kom dalk laat die eerste blokade jou deur en die anderkant by die uitgang gee hulle jou gas?
Môre almal. Dankie vir die…
Môre almal.
Dankie vir die terugvoer. Ek sal maar sorg dat ek die nodige forms het as ek uit Gauteng moet gaan. Dit sal net gemakliker wees as ek nie hoef te verduidelik / bewys lewer nie.
Berig oor Gauteng padblokkades
Gaan lees hier oor wat mens moet weet oor die padblokkades. Daar is ook 'n video wat toon hoe mense gestop en karre deursoek word. Weens my nuwe mal idee om Sondag van Potch af tot in Letaba te ry, het ek dit oorweeg om deur Gauteng te ry en die 100km ompad uit te sny. Nadat ek die berig gelees het en die video gekyk het, het ek besluit om maar steeds eerder Gauteng te vermy.
My ma se gister vir
Gister aand se my ma die nuwe spar innie nuwe dorp se kant en haarkaper in selfde kompleks as my ma het toe gemaak asg die virus gemors so my ma maak haar wasery ook toe soos julle dalk weet Phalaborw het nie n hospital so covid en siek mense gaan of Tzaneen of Pietersburg toe vir behandeling ja mense pas julle self mooi op
My jongste dogter ...
My dogter kom huistoe na 10 dae in die hospitaal, covid. 🙏🏻






Mag mens nou deur Gauteng of nie?
Van ons lede het gister die mening gelug dat jy toegelaat sal word om deur Gauteng te ry solank dit nie jou bestemming is nie. Ek het nou deur berigte op die www gesoek en kon geen verwysing daarna kry nie. In al die berigte staan daar (en lyk my dit was die president se woorde in sy toespraak) dat jy toegelaat sal word om in transit deur lughawes in Gauteng te beweeg. Die regering se eie nuus webwerf bevat dieselfde inligting (sien onder in eerste skermskoot).
My ondervinding met wetgewing is dat terme gedefinieër moet word om verwarring te voorkom. Transit is ongelukkig nie gedefinieër nie en dit laat dus ‘n grys area. Ek sien egter nie kans om dit met ‘n metropolisie beampte te debatteer met my gesin in die motor nie. Die regulasie wat ontspannings reise na en van Gauteng verbied, te wete 17(4) (a) , is ook ingesluit by die lys wat vir jou ‘n boete of ses maande tronkstraf kan verdien as jy dit oortree (sien tweede skermskoot hier onder). Ek gaan dus maar hou by ons gewysigde roete wat Gauteng mis ry.
