TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -3 hours ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -5 hours ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -5 hours ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -5 hours ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -5 hours ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -5 hours ago

Die Smalle se Groot Trek Julie 2021

Worcester
Submitted byWildehont onThu, 03/06/2021 - 09:00
Forums

As die vervloekte pandemie nie ‘n stokkie daarvoor steek nie, vertrek ons vandag oor vyf weke uit Worcester - rigting Noord. Ons slaap by ‘n Lekkeslaap plekkie buite Beaufort Wes die eerste aand. Die tweede aand by ‘n selfsorg plek in Ventersburg wat ek op Safarinow bespreek het en dan twee aande by my ousus in Pretoria.
 

Die Maandag gaan ons by Phalaborwa in en slaap vir twee aande by Letaba, vier aande by Tsendze, vier aande by Shingwedzi en vyf aande by Punda Maria. Van daar af gaan ons Potch toe vir twee of drie aande by Salomien se ouers, en dan terug huis toe. Ons sal waarskynlik op Prieska by Salomien se tannie-hulle oorslaap en weer in Beaufort Wes se omgewing. 
 

Hou asb saam met ons duim vas dat reis tussen provinsies nie weer verbied word nie. Ons moes verlede jaar ons jaarlikse Kruger toer kanselleer weens inperkings. 

Worcester

Wildehont

Thu, 29/07/2021 - 18:37

Ek hoop nr 3 bied ook genoeg son, al moet jy pad af trek met jou panele.

Ek het dit deur vier dae sonder son gemaak die jaar, maar gaan ‘n verlengkoord maak vir my paneel vir die toekoms. Ek het my vrieskas warmer gestel na -9° van -15° 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 29/07/2021 - 18:43

Watse gesukkel is dit met julle boswa-mense met skadu en/of bewolkte weer ?  Sonder krag steur ek my nie aan bewolkte- of reënweer nie en ook nie skadu nie, maar ek besef ek en my toerusting is ouskool.

Vaalpark

Johann L

Thu, 29/07/2021 - 21:30

Chris S, daai universal joints was omtrend oor die muur. Jy sou verseker nie veel verder kon ry nie, dan sou die prop shaft af gekom het.

Gelukkig is dit nou weer reg vir lang lang kilos.

Môre Len

Ek is oortuig dat niks van die hedendaagse tegnologie die ou gas toerusting kan vervang nie. Dit is nou vir kook, koud maak ensovoorts.

My Palma se koel/vrieskas was nog die 3-tipe, gas, 12v en 220 v, lekker gekamp daarmee in Balule. 

Deesdae kom die nuwe generasie behoeftes by, rekenaar en wifi word saamgery, dalk 'n haartang en sulke dame goete wat nie op gas werk nie. 

Ek het eergister met my guru Pieter Barnard gesels, en op die ou end, om totaal selfversorgend te wees sonder 220v, moet mens jou sonpaneelstelsel rugsteun met 'n dubbele battery laaistelsel. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 30/07/2021 - 09:07

Wessel (en met apologie aan ChrisWH vir die kaping van sy draad), moenie dink hierdie ouskool-oubaas is agter met tegnologie as dit by sonder-krag kom nie.  By Balule en Tsendze waar ons vir 5 dae elk sonder Eskom-krag gekamp het, het hierdie oubaas sy twee selfone gelaai, ook die kameras se batterye en die draagbare LED-lig asook die laptop se battery. As daar selfoonsein was, kon die mobiele Wi-Fi ook van krag voorsien word.  My "bos-Eskompie" lyk soos hieronder .

Wat 'n haardroër vir my anderhelfte betref, het ek al vantevore gerapporteer dat die Pathfinder het 'n sondak en as mammie haar hare wil droogmaak, gaan ry ons 'n entjie en sy druk net haar kop by die sondak uit.

.

Middag Chris S

Jou fotos en verslag maak my skoon benoud!!! Ek weet nie eers waar sit daai goete nie, ek hoop maar my werktuigkundige gaan dit gereeld na, dis nou as mens dit kan inspekteer sonder om iets te "strip".

Veilig sleep, met gemoedsrus huistoe. 

Worcester

Wildehont

Fri, 30/07/2021 - 17:18

Dit het parkeervernuf gekos maar ons is in by die gastehuis. 06:15 weg uit Potch en so 15:00 hier gestop na ons Karoolam gekoop het by ‘n plaaslike slaghuis. Die Everest is klopdisselboom. 
 

A

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 30/07/2021 - 19:21

Ek het oor die jare uitstekende Lekkeslaap oornagplekke ervaar - die meerderheid. Maar dan het ek ook al een of twee plekke beleef wat hulle nie as deel van hulle versameling (by gebrek aan 'n beter woord) op hulle webwerf behoort te hê nie.

Nie ver vanaf Victoria-Wes nie - is jy bekend met Travalia by 3 Susters? Uitstekend!!!

Worcester

Wildehont

Sat, 31/07/2021 - 10:16

Ons wou eintlik buite Britstown slaap waar ons oppad op geslaap het, maar dit was vol bespreek. Lekkeslaap het vir my Plus status gegee omdat ek hulle lyk my te veel gebruik het. Dit sluit ‘n R300 geskenkbewys en 20% afslag by hulle sg Voorkeurvennote in. Dis hoe ek op Kingwill’s afgekom het, en toe besluit het om in Victoria Wes te slaap. Dan is die reis vandag ook korter. 
 

Na ons aand hier (weliswaar ‘n Vrydagaand wat kom met die gepaardgaande ekstra geluide deur mense - waarvoor ek so allergies is) het ek die dorp by my lysie gevoeg. Salomien weet al as ons in ‘n dorp kom en ek sê dit kom by my lysie beteken dit dis ‘n plek waar ek nie sal wil woon nie. Ek twyfel ook of ek weer daar wil oorslaap. As ek moet, sal dit nie by Kingwill’s wees nie. Die onderhoud in ons eenheid was vergelykbaar met die by Letaba en Satara. Die hoeveelheid stof ook. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 31/07/2021 - 11:55

Chris, oorweeg 'n volgende keer gerus Kambro Padstal, 21km noord van Britstown, reg langs die N12   -  in die middel van die Karoo.  Die sterreprag in die nag is ongelooflik.  Daar is 'n paar karavaan staanplekke en chalets.  Kyk gerus na hulle webblad : https://www.kambroaccom…

Worcester

Wildehont

Sat, 31/07/2021 - 13:43

Ek het dit gesien toe ons daar verby gery het. Ek sal bietjie gaan kyk, dankie Oom Len. Bekostigbaarheid is maar vir my ‘n groot oorweging, maar mens wil darem lekker en skoon slaap ook. Ons slaap nie in die wa oppad nie, daar is te veel goed in die Kavango. As mens daarin wil slaap moet jy kamp opslaan, en dit vat twee ure. Dis nou maar die nadeel van iets wat so kompak opvou as ‘n gesin van vier daarmee toer. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 31/07/2021 - 14:12

Chris, as 'n ou al 13 jaar 'n pensioenaris is, dan is bekostigbaarheid ongetwyfeld ook 'n faktor om mee rekening te hou.  Ek onthou jy het iewers gesê julle slaap nie oor in die Kavango nie en daarom het ek aan Kambro gedink wat ook 'n paar chalets het. Riverside Country Club & Caravan Park (30km suid van Kimberley) is nog 'n opsie.  Hulle het ook chalets beskikbaar en is reg langs die Rietrivier by Ritchie  -  ook baie oulik en billik geprys.  Ons het al 'n paar keer daar oorgeslaap in die karavaanpark.

....by die huis ook. As mens veilig tuis kom, en alles is ongeskonde tuis, dan was dit 'n lekker vakansie,

Worcester

Wildehont

Mon, 02/08/2021 - 21:54

Dis wat ek vir my gesin gesê het toe ons Saterdag hier aankom. Gelukkig is alles reg hier, die Jack Russells was baie bly om ons weer te sien, en die weer was heel aangenaam. Ek het Saterdag die Everest en die Kavango gestofsuig nadat ons afgepak het, Salomien het ons beddegoed gewas en ons het lekker rugby gekyk.

Gister het ek die Kavango ordentlik gewas, en dit lyk sommer splinternuut en gereed vir die volgende kamp. Net die grondseile moet nog gewas word. Ek sal meer vertel oor ons toer nadat ek deur die 166 e-posse gewerk het wat vanoggend vir my gewag het. Vir eers sal dit net woorde en slimfoon foto's wees. Die foto's wat met die kamera geneem is sal later volg. 

 

Dit was 'n heerlike toer ten spyte van die bietjie meganiese uitdagings, ons het heerlike weer gehad oral waar ons was en wonderlike dinge gesien. Ek verlang reeds na die wildtuin, al was dit my langste aaneen verblyf ooit tot op hede.