Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -27 minutes ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -43 minutes ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Goeiemôre!  ☀️☀️☀️ Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -1 hour ago
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -9 hours ago

Oktober 2021 - Mooiste maand, kom groet en drink koffie

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

👋 Môre sê Kampforum lede.

Lekker lees en saam gesels.

Geniet jou dag vouit.

Brackenfell

HennieBo

Mon, 11/10/2021 - 09:24

Is deur 'n hewige haelstorm net na Bloemfontein. Geen aftrek plek en heelwat skade later. My aanvanklike (virtual) skadebepaling is +- R17500. Gelukkig is geen ruite stukkend geslaan, alhoewel ons ‘n voertuig by Springfontein Engen Stop gekry het wat se windskerm ook daarmee heen is. Dit het letterlik soos bakstene op die voertuig geklink. Saterdag ook heelwat reën verder op die pad gekry, maar veilig by ons bestemming aangekom.

 

Ons is weer veilig terug in Roodepoort . Ek het vanoggend my voertuig gevat na ons plaaslike Dent Doctor en die kwotasie vir die herstel is slegs R4500. Nou vra ek myself af. Hoe werk hierdie versekerings maatskappye en assessors saam die paneelkloppers. Nodeloos om te se, het ek my eis gekanselleer.

Lekker dag vir almal

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Mon, 11/10/2021 - 17:57

Middag forumiete.

Vandag so 'n lekker "round trip" gehad.

Heidelberg - Harrismith - Heidelberg - Potch - Heidelberg. Amper 750km.

Ek is 03h30 hier weg en was 13h00 terug

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 15/10/2021 - 10:24

Goeiedag almal!   Hoop julle het 'n lekker Vrydag en naweek.  

Jammer dat ek so skaars is, maar tussen die werk wat my nou weer vreeslik besig hou hierdie  tyd van die jaar, het ek ook na meer as 20 jr weer my studies voortgesit wat omtrent 4 ure van my tyd uit elke dag vat.

Ek was darem vroeër die week by 'n kampeerplek wat ek binnekort sal gaan kamp-besoek smiley

Ek moet werk ook en geld verdien want daardie nuwe AT bande wat moet opkom is nogal duur laugh

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 16/10/2021 - 10:02

Môre vriende

Brits is vreeslik warm, en ons sien uit na die voorspelde reen van volgende week. 

Ek het 'n ingeboude "heat protector", sodra die kwik oor 25 C beweeg, wil my lyf gladnie iets doen wat beweging verg nie. Deesdae is ek omtrent 'n "sloth".

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 17/10/2021 - 07:57

Môre vriende

Ek sien ons gewilde wilde tuin word nou 'n gesondheidrisiko.

Behalwe vir Chris S se verhaal, lees ek nounet van die 36jarige dame wat haar 2 de hartaanval binne 'n paar weke, binne die wildtuin gehad het.

Dit raak nou netso gevaarlik as rolbalbane, blykbaar vind die meeste sport doodsaanvalle vir persone bo 70 juis daar plaas. Gelukkig speel ek nie rolbal nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 17/10/2021 - 09:44

rolbalbane, blykbaar vind die meeste sport doodsaanvalle vir persone bo 70 juis daar plaas.

Ek het baie onlangs vir een van my mede-rolbalspelers gesê dat dit hier in Kleinmond die sportklub is (van al die sportsoorte wat hier beoefen word) waar die klubvlag die meeste halfmas hang. Maar ai, dit bly maar 'n lekker sosiale sport vir ons oumense. Ons gaan dit mis dié week, want ek en Ralie moet in my seun se winkel gaan instaan vir die dametjie wat daar werk, wat met verlof is.

En die Kaapse winter sukkel om ten einde te kom. Sedert Donderdag reën dit amper onverpoos hier op Kleinmond. Maar ons kla nie.

Ons is genooi vir middagete by Houwhoek Inn vanmiddag. Sien nogal uit daarna.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 17/10/2021 - 19:37

Ons is veilig tuis (17:00) na 'n baie lekker familie kuiet op die plaas daar kort duskant die Eiland.   Gister middag laat was ons op 'n "game drive" en pragtige wild gesien, sal kyk om môre dit van my foon af te laai dan dal ek paar deel.  Gisteraand so kort voor 24h00 het die wind erg begin waai en vanoggend bewolg na Saterdag se 40°C.  Het met George's Valley terug gery om te kyk hoe lyk die pad vir Desember se trip KNP toe, lekker mistig gewees en die pad is goed vir sleep.

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus