Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -36 minutes ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago

Die nuutste Covid inperkings

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Dit wil voorkom asof die Covid inperkings nog lank nie iets van die verlede is nie. Selfs in die VK waar die meerderheid mense al entstof gekry het, is nog nie al hulle inperkings gelig nie. Ons almal weet watse uitdagings SA met entstowwe het, en baie van ons weet ook hoe ons Julie skoolvakansie planne gisteraand deurmekaar gekrap is met die nuutste gewysigde vlak 4 inperkings wat afgekondig is.

Ek skep die draad as 'n plek om gal te braak en keel skoon te maak oor hoe dit jou raak, maar ook as 'n plek om betroubare inligting te deel waaruit ander kan baat vind. Moet asseblief nie gerugte of bespiegelinge hier plaas nie, en maak seker die bron is geloofwaardig. Ek sal begin met hierdie inligting van SANPARKE aangaande hoe die jongste inperkings besoeke aan Nasionale Parke en veral besprekings van inwoners van Gauteng raak.

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 25/07/2021 - 09:52

Wonder wat is Len se voorspelling van vanaand se orders. Sy voorspellings was nogals akkuraat.

Wat van. byeenkomste nog gesluit vir 2 weke, en begrafnisse etc bly dieselfde. Gauteng kan maar gaan kamp. Drankverkope maandag tot donderdag 10h00 tot 17h00.(hierde is nogals n belangrike punt) . Verder kan neef nie mooi onthou wat is ingeperk nie.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Sun, 25/07/2021 - 14:21

Asb Asb laat die inperking op drank gelig word vanaand, ek kan nie nog 2 weke gaan sonder n inkomste nie en sal dan verhoed dat ek nie volgende naweek kan gaan saam kamp nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 25/07/2021 - 15:15

Ek raai weer af na vlak 3  -  die moraal van die bevolking moet weer gelig word na die jongste inperkings en die chaos in Gauteng en KZN.

0

Jy is heeltemal reg Willehont! Sien daar is nou 'n nuwe variant met meer as 30 mutasies....en solank mense twak uitdink om hulle vrees vir 'n klein ou spuit naaldjie te verbloem sal dit so aangaan..syfers begin weer dieselfde tendens toon, opwaarts....

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 25/11/2021 - 18:20

Ek is lekker verwar deur hoe die virus regtig werk veral met betrekking to seisoene ens.

Ek lees die volgende :  "High circulation of the virus, as the cold pushes people indoors where the virus spreads more easily, and as immunity wanes, means that marginal increases in vaccine protection should have “a significant impact on hospitalizations and deaths”, Baguelin says. “Now everything relies on the boosters.”

Dit is wat nou van toepassing is in UK waar dit winter word.   Maar hier in SA word dit nou somer?   Ek het laasjaar Desember dieselfde gewonder toe die getalle infeksies in mid-somer die hoogte in geskiet het.

https://www.nature.com/a….

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 25/11/2021 - 18:27

Dit is iets wat ek ook nie verstaan nie, hulle het van die begin af gesê koue is kritiek, maar hoekom is dit in SA in die warm SA somers dan hoogs aansteeklik ?

Ek het laasjaar Desember dieselfde gewonder toe die getalle infeksies in mid-somer die hoogte in geskiet het.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 25/11/2021 - 20:08

Soos ek verstaan is dit nie die koue weer nie, maar ons mense se gedrag waar ons meer saamdrom en minder buite is in die winter. Miskien spandeer ons hier meer tyd in die malls, movies,  restaurante etc in die vakansietyd. So kan die virus makliker versprei.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 25/11/2021 - 20:32

Ek stem saam met Oom Neef. Mense raak tussen vlae gerus en vuisvoos en verslap hulle nie-farmakologiese maatreels en afstandhouding en kuier meer oor en weer en so steek hulle weer aan. Die deurmekaar weer wat ons tans ervaar help ook nie. Voor Covid het mens ook maar lugweg siektes gekry as dit so warm en koud en nat en droog deurmekaar raak. Onthou ook dat groot getalle mense met openbare vervoer na die ou tuislande reis tydens die fees seisoen en mekaar omhels en saam uit dieselfde potte met die hand eet ens ens. 
 

Wat Europa betref moet mens onthou dat hulle lank voor ons met inenting begin en klaargemaak het en dus nou versterkers benodig. Hulle het ook lankal heeltemal oopgemaak en pak stadions en openbare vervoer en kuierplekke vol en dis winter daar wanneer mense se slymvliese meer ontvanklik is vir virusse. En hulle bevolkings is ouer as ons s’n. Sover ek verstaan is dit tans hier meestal  die onder 40’s wat aansteek vanwee hulle gedrag en onwilligheid om te ent. 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 25/11/2021 - 20:33

Wat Neef sê is heel korrek.

As dit warm is hou ons braaie en partydjies, klomp nense bymekaar en vergeet van social distancing!!

Dwarrelwind slaan die spyker op die kop, hoe gouer mense hul vrees vir daai dun naaldtjie kan onderdruk hoe gouer sal al die inperkings iets van die verlede wees!

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 25/11/2021 - 20:53

Sien vanaand raak die nuwe gevalle aan 2500 met byna 2000 daarvan in Gauteng alleen, lyk mos asof die aantal nuwe gevalle nou elke dag meer as verdubbel? Met 'n positiwiteits syfer van 6.5%, dis nou goed verby wat as 'n golf beskryf word (>5%). begin ook al hoe meer die gevoel kry dat die nuwe variant dalk 'n groot rol speel? En natuurlik die mensies wat on-inge-ent rondloop en kweekhuise word van nuwe variante. Hoe dit ook al sy, lyk asof ons Gautengers dalk weer oor Kersfees moet tuisbly om die 4de golf te kan oorleef...

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 26/11/2021 - 06:10

En  so is my dogter se besoek vanaf UK ook dus nie meer nie. En ons het haar 2018 laas gesien. Wonder wat gebeur met die vliegkaartjies en verblyfsbesprekings, hulle sou so effe van n toer gedoen het dieselfde tydperk.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 26/11/2021 - 07:13

Ek hoop ek is verkeerd

 Lyk my ek was toe nie. Hier gaan ons sowaar al weer. Net betyds om almal se vakansieplanne omver te werp angry

0

Ek sit nou hier en wonder, miskien is dit die "conspiracy theorist" in my. Dit is al te vreemd dat die virus enkele weke voor die Desember vakansie harder begin werk, net soos in 2020.  Vir die afgelope weke is daar skaars mense in die hospitaal gewees met COVID, die daaglikse infeksie koers wat baie laag, en oor nag is dit in die duisende. Soos ek se, wonder maar net.......?

Moet my nie verkeerd verstaan nie, COVID bestaan en hy is nie jou maat nie en jy moet als in jou vermoe doen om jouself en jou geliefdes te beskerm.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 26/11/2021 - 08:19

En dit sal maar so aangaan, maand na maand, jaar na jaar,...totdat mense besef dat daar eintlik net een manier is om die ding te bestuur; data begin nou ook wys dat die skielike sprong in + gevalle hoofsaaklik onder jonger persone voorkom, wat onder die mins-inge-ente bevolkings deel val. Dit korreleer met wat mens nou in Europa sien gebeur met meeste nuwe gevalle en sterftes onder jonger mense. En dan kry mens nog die klomp kerkleiers saam met 'n paar Afrikaanse gemeenskaps organisasies besig is met 'n hofsaak oor die beperkings op kerk byeenkomste - dink nie hulle het al die koffie geruik nie? 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 26/11/2021 - 08:25

Ek glo nie in sameswerings teoriëe nie. Veral nie as dit by Covid kom nie. Wie ken nog nie iemand wat dit gehad het of daaraan omgekom het nie? En soos alles is Covid infeksies en -vlae ook siklies. Hulle voorspel al lank dat die vierde vlaag in Desember of Januarie sou kom in SA. Hoe weet hulle dit? Eenvoudig, kyk na die tendense. Hier onder is ‘n grafiek van die NICD. Alhoewel die pieke nie ewe hoog is nie, is die intervalle tussen hulle ewe groot. Wanneer die vierde vlaag gekom en gegaan het, sal die patroon homself herhaal. So ook met die vyfde, sesde ens vlae. 
 

A

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus