Ek het lankal hierdie groot lus om in die Hex Rivier Vallei te kampeer, teneinde die Hex Rivier Vallei in murg en been te kan beleef.
Ons beplan 'n reis deur die Hex Rivier Vallei vir Maart 2022, so vanaf Touwsrivier af, tot onder uit...
In watter Woonwa Park kan ons staan vir 'n nag of twee om nou regtig die Hex Rivier Vallei se groteske berge en die lus van die druiweboorde te kan geniet>
Hexrivier vallei
Ek is toevallig tans by ‘n vergadering hier in De Doorns (die dorp in die vallei). Die res van die vallei bestaan amper uitsluitlik uit tafeldruiwe wingerde. Tussenin is daar net ‘n paar kolle fynbos oor. Sitrus boorde begin ook nou kop uitsteek, want die opbrengs per hektaar is blykbaar baie hoër.
Ek verkyk my altyd aan die klowe in die berge weerskante van die vallei wanneer ek hier deur ry en wens ek kan daar invaar. Ek ken egter nie boere hier nie, en ek weet nie of die bergklim klub ‘n hut hier iewers het nie. Ek weet ook nie van ‘n oord waar jy met jou karavaan kan staan in die vallei nie. Touwsrivier se kant toe is daar ‘n paar oorde in die Karoo in, en ook in die Koo vallei nader aan Montagu. Weerskante van Worcester in Robertson en Rawsonville se omstreke is daar ook ‘n hele paar oorde.
Kan ek vra waarom spesifiek die fokus op die Hexrivier vallei? Ek geniet dit altyd om hier deur te ry, en selfs die wingerde is mooi. Ek weet egter nie van veel om hier te doen vir ontspanning nie, behalwe om by die Velskoen padstal aan te doen. As wyn ‘n belangstelling is, is die Breederivier vallei (Slanghoek, Rawsonville, Worcester en Robertson) ‘n beter roep. Eg twee is bekend vir Chenin, en die berge rondom die Breederivier vallei is selfs mooier as die in die Hexrivier vallei. Lg is ook maklik bereikbaar uit die Breederivier vallei.
Ek hoop dit help!
Kampeer eerder om Worcester
Môre Chris S en Fanie
Chris beaam my vermoede oor die Hexriviervallei. Ek sal ook eerder in die Breederivier vallei kampeer, selfs Montagu en dan met trekker rit op die berg gaan. Die Koo/Keisie vallei is net so mooi om te besoek.
Daar is ook Silwerstrand by Robertson. Rondom Bonnievale is daar ook woonwaparke langs die Breerivier.
As Hex-vallei 'n moet besoek is, oorweeg dan die plek wat Chris B genoem het in Worcester omgewing, en dagbesoek dan die genoemde vallei. Worcester is relatief sentraal, selfs vir uitstappies Franschoek se kant toe.
Kwaggaskloofdam Worcester
Middag Fanie
Gaan loer na die plek, dis die ene waarna Chris b verwys het.
Die fokus is op die Hexriviervallei omrede...
Dankie Wildehont, die fokus is op die Hexriviervallei, omdat ons dit wil beleef, ervaar, voel en inasem... soos jy se: "Ek verkyk my altyd aan die klowe in die berge weerskante van die vallei wanneer ek hier deur ry en wens ek kan daar invaar...."
Ons sal maar net stadig op en af ry...
Ons sal dan dalk maar net vanaf Montagu Woonwapark af stadig opry met die R318, en oorslaap in Touwsrivier... en die volgende dag weer stadig af tot aan die onderpunt van die vallei en by elke moontlike padstal stop... dalk tot by Rawsonville... want die dag daarna wil ons stadig afry met die Du Toitskloofpas en oorslaap by die Bergrivier Oord...
Dankie vir al die insette... maar ek het gehoop teen die tyd het iemand al 'n Woonwapark ingerig tussen die wingerde... :)
"Ek verkyk my altyd aan die…
"Ek verkyk my altyd aan die klowe in die berge weerskante van die vallei wanneer ek hier deur ry en wens ek kan daar invaar...."
Fanie, moet net nie stop by die "straat smouse" op die N1 nie. Daar is al soveel berigte van motoriste was beroof is met die aankoop van druiwe ens. Daar is ook padtekens wat jou waarksu om nie te stop nie.
Druiwe verkopers
moet net nie stop by die "straat smouse" op die N1 nie
Ja, moet glad nie by hulle stop nie. My skoonouers is beroof deur hulle die dag na ek vir skoonpa gesê het hy moenie by hulle stop nie.
oorslaap in Touwsrivier
Ek weet nie of julle al in Touwsrivier was nie. Dis maar ‘n hartseer plekkie. Slaap dalk eerder by die Karoo hotel tussen Touwsrivier en De Doorns of kyk vir ‘n gastehuis in die Hexrivier vallei, dan kan julle dit eerstehands ervaar. Moet ook nie net met die N1 deur die vallei ry nie. Daar is openbare teerpaaie wat toegang tot plase gee noord van die N1 en jou kans gee om meer van die vallei te sien.
Sirkel roete
Môre Fanie
Ek wil voorstel;
staan oor in Montagu, afhangende waarmee jy wat sleep, sleep deur die Koo tot in N1, toer in 'n dag af deur die Hex, en slaap in park naby Worcester. Dan sleep/kuier jy deur die Breede vallei terug huistoe.
Stop by Straatsmouse langs die N1 vir druiwe...
Dankie HennieBo en Wildehont, ek neem kennis!
Ons sleep nie iets nie - kamp netso in die bakkie met 'n ralleyt
Dankie Wessels, ons gaan inderdaad in Montagu oorslaap, dan op deur die Koo en sal waarskynlik die raad volg en by die Karoo Hotel kampeer of nader aan De Doorns. Ons sal egter opry tot in Touwsrivier, en kyk wat deesdae in die "hartseer plekkie" aangaan... maar as dit nie aantreklik (5%) is nie sal ons maar begin terugry af met die Herivier pad tot erens...
Openbare paaie noord van die Hexriviervallei N1
Wildehont, jy skryf: "...openbare teerpaaie wat toegang tot plase gee noord van die N1 en jou kans gee om meer van die vallei te sien. ..."
Ek het nooit hieraan gedink nie - vertel my bietjie meer daarvan, asseblief. Watter van sulke paaie sal jy aanbeveel?
Ander paaie in Hexrivier vallei
Voor ek daarby kom; eers Touwsrivier. Dit was jare gelede waar ekstra lokomotiewe aan en afgehaak het om treine oor die pas te kry na en van die Hexrivier vallei as ek dit reg verstaan. Toe word ‘n tonnel gebou en stoom uitgefaseer en toe is daar nie meer werk nie. Armoede gedy dus ongelukkig in die dorp en die ou stasiegebou het afgebrand en is nog nie weer herstel nie. Daar is ‘n ou lokomotief in die hoofstraat by die swembad, maar verder is daar nie werklik iets om te sien in die ou dorpie nie. Sou julle wel daar wou deur ry, stel ek voor dat julle regs draai van die R318 (Koo pad) op die grondpad wat verby Leeuweboschfontein gaan en so langs ry Touwsrivier toe. Dis nogal ‘n mooi omgewing om deur te ry. Ek het nog nie by Leeuweboschfontein kampeer nie, maar julle kan dalk na die plek kyk.
Van Touwsrivier af kan julle dan met die N1 Hexrivier vallei toe ry en die eerste pad regs vat onder die pas. Dit gaan De Doorns toe. In lg draai nog ‘n teerpad regs wat deur die plase gaan tot by ‘n T waar regs jou verder deur die plase vat. Julle gaan dan egter Velskoen padstal mis ry. Die vallei is wel nie so groot dat julle nie maar weer met die N1 kan ry padstal toe, of eers daarheen en dan terug soos ek beduie het na die eerste pad wat regs uitdraai na mens aan die onderkant van die pas kom nie. Soos die foto hier onder toon is die meeste wingerde Noord van die N1.

Leeuwenbosfonteein Kampeerplek
Hmmmm dit lyk nou sommer baie aantreklik... die Leeuwenbosfontein Kampeerplek
Ander paaie om te bestudeer in die Hex RV...
Baie dankie Wildehont, ek bestudeer jou voorstelle intensief...
Klipheuwel Farm Venue het kampplek in die Hex RV
Wildehont se breedvoerige raad en aanmoediging het my toe gister sommer baie dinge laat ontdek op die Google-kaart van die Hexriviervallei!
Onder andere stuur ek toe 'n epos aan die Velskoen Padstal en vra of hulle nie dalk weet van enige kampplek binne in die Hex RV nie, en sowaar Jacques antwoord toe: Die "Klipheuwel Farm Venue" Ek het 'n epos gestuur aan "Ruah Kampterein" ook, maar wag nog.
Ek kry die gedagte dat ons besoek in Maart 2022 (D.V) aan die Hexriviervallei een gaan wees om nooit te vergeet nie. (Ek hoop ons gaan lekker kan smul aan die druiwe ook!)
So terloops dit reen alweer hier in die Tuinroete... hierdie jaar reen dit baie hier en die Tuinroete is mooi.
'n Mooi breedvoerige kaart van die Hexriviervallei
Kaart van die Hekriviervallei
Fanie, moet net nie stop by…
Fanie, moet net nie stop by die "straat smouse" op die N1 nie. Daar is al soveel berigte van motoriste was beroof is met die aankoop van druiwe ens. Daar is ook padtekens wat jou waarksu om nie te stop nie.
Daar is weer 'n artikel op Netwerk24 waar 'n paartjie aangeval is maandag, toe hulle gestop het om "druiwe" te koop. Alhoewel daar soveel kennisgewing borde langs die pad is, doen die mense dit nogsteeds.
Kampeer reg in die Hexriviervallei se hart
Ons het dan ook, soos beplan, vroeer die week vir een nag binne-in die Hexriviervallei kampeer, reg tussen al die blokke- en blokke wingerde met al daai majestieuse berge om ons.
Dit was n belewenis. En ons het dit gelukkig getref om sommer so langs die kampeerplek ook aan die oorblywende trossies tafeldruiwe te kon proe... natuurlik met die hulp en kort lesings van die baie gasvrye eienares van die kampeerplek - nogal groot wit korrels en die stroopsoetste rooi druiwe ook. Die eienares is Mara le Roux, en haar eggenoot, van Klipheuwel Farm, en hulle kontaknommer vir besprekings of reelings is: 0828214600
Die kampeerterrein is lieflik en maklik bereikbaar op n goeie pad. Nie groot nie, maar met die heerlikste groenste gras, en een enorme Wilgerboom reg in die middel van die kamp - daar is ook ander bome met die lyndraad langs aangeplant.
Dit is baie veilig daar en daar is n sekuriteitswag wat die boorde oppas.
Die ablusieblok het drie ruim storte en daar is vier ruim toilette, met genoeg wasbakke in die spasie tussen die storte en toilette. Die hele plek is baie netjies, en ons het dit baie geniet om daar te kampeer.
Daar is selfs 'n groot yskas/vrieskas op die stoep vir kampeerders se gerief met die opwasbakke ook op die stoep.
Ek kan sien dat hierdie kampeerplek in die toekoms verseker baie gewild gaan word, omdat dit reg in die hart van die Hexriviervallei is, en nie ver van die N1 en die Treinspoor af is nie - maar net ver genoeg dat mens nie die verkeer kan hoor nie maar wel die treinfluit so veraf... dit was mooi! Dit bied aan mens die geleentheid om so in die deurry, oppad miskien na n ander oord, buite die Hexriviervallei, toe, vir die nag oor te staan. Ons het ook die ou De Doorns pad gery, en die heerlike herinneringe van vroee dae se reise herleef. Dis mooi daar.
Wat hierdie oord vir my verder laat uitstaan, is dat die eienaars direk en onmiddelik betrokke is by kampeerders se gerief.





Hex vallei
Middag Chris S en ander inwoners van die 2de mooiste deel van ons land
Help asb vir Fanie, ek kan aan geen plek dink nie, maar dis sekerlik omdat ek al te lank gelede daar weg is. Ek is daar weg toe die Voortrekkers oorgeslaan het na Hiluxe toe