Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -4 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -10 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -11 hours ago
Rona November 2026 Johann L -11 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -21 hours ago

WilSur - Shingwedzi - Tshipise 2021

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Soos almal weet is 2021 ook deurmekaar gekrap deur die bekende C19.

Ek het drade weer saam gesit "WilSur - Shingwedzi - Tshipise 2021".

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 13/12/2021 - 06:06

Dankie julle, moe nou koffie geniet en begin klaar maak vir die pad.  Dit reën effe maar sal (moet) weg kom voor 10:00.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 14/12/2021 - 07:00

.... dat Willem se ou Fordjie dit heelhuids gemaak het met die 3B tot in wille tuin. Ons moet maar wag vir bewyse met fotos.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 14/12/2021 - 07:17

Willem hulle het gistermiddag veilig in Pallas aangekom. Hy het vir my laat weet dat die 3B haar goed gedra het. Surette het vanoggend ook laat weet dat dit huidiglik daar reën.

Hy sal seker later fotos hier plaas.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 14/12/2021 - 09:18

Willem hulle is vanoggend om 07:00 by Phalaborwa-hek in.  Dis 'n bietjie laat want die hekke het al om 05:30 oopgemaak.   Al verklaring daarvoor is dat die Gypsey 3B baie lekker geslaap het !

Gisteraand se weervoorspelling was dat vandag word swaar reën en vloede oor die suidelike deel van Limpopo en Mphumalanga verwag, maar reën in die Wildtuin is altyd 'n bonus.  Vertrou Willem-hulle kry nie nóg skade nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 14/12/2021 - 16:52

S56-pad noord van Shingwedzi : Vir 'n wegtrek ry gerus hierdie pad wat bekend is vir die Boyela-leeutrop van tot 30 leeus en ook luiperds.  Die S55 (Lamond Omrit) net noord van Shingwedzi is 'n lekker kort, mooi en interessante pad met uiters interessante wild by die Lamont-drinkplek waar dit aansluit by die teerpad.  Ons het in Meimaand 'n reuse trop buffels daar gekry en 'n halfuur later 'n baie groot olifanttrop.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 15/12/2021 - 06:23

Hier is 'n doodse stilte vanuit Shingwezi !  Ek vermoed die oorsaak is 'n vrot selfoonsein en nie drama met slegte weer nie.

Ons moet maar geduldig wag.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 15/12/2021 - 06:45

Môre Len

Dankie vir die pad-info, ek maak notas in my wildtuinboek, sodat ek volgende jaar daarop kan fokus.

Ek sal ook weer gaan kyk na die spesiale gespreklyn "Paaie in Kruger"[??] op die forum

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 15/12/2021 - 06:46

Ek glo dat seinsterkte weerhou ons grootliks daarvan om te verneem hoe lekker kuier die 3B en sy mense in Shingwedzi. My ervaring is dat internet (selfs gewone selfoonontvangs) meestal baie swak is in Shingwedzi.

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 15/12/2021 - 07:16

Miskien kuier hy so lekker dat hy nie aan die forum dink nie. Het darem 'n paar fotos van Surette gesien waar Willem lekker langs vuurtjie sit met 'n verversing in die hand.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 16/12/2021 - 18:11

Ek sien op FB dit reën dat dit klap vandag (Donderdag) op Shingwedzi.  Gelukkig vir Willem-hulle is die erge hitte darem gebreek.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 17/12/2021 - 08:13

Sein is baie swak, moes data op Wijan se foon laai om my Tablet na hom te "hotspot"

Ons is Dinddag in die reën uit Phalaborwa uit na baie reën die nag.  Die eerste dier wat ons gesien het was 'n Oliefant en dit was ook die meeste tot hier in Shingwedzi.  Wild is skaars, min rooibokke, geen buffels of olifante tot gister.  Gister middag het hier weer saam met klomp nuwe intrekkers 'n hewige reën uitgesak, die heel nag gereën.  As dit so aanhou is dit 'n sopnat oppak môre. 

Gesels later weer.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 17/12/2021 - 09:02

Goeie môre Willem !  Dankie vir die opdatering.

Dis met gemengde gevoelens dat ek hoor wat jy sê.  Die wild is natuurlik nou skaars omdat die hele wêreld vol drinkwater is en ongelukkig is dit dan minder geskik vir wildkyk.  Aan die ander kant is dit wonderlik dat die Wildtuin deurdrenk is van reën want die natuurlewe het dit só nodig. Ek het op FB gesien hoe papnat is die kampeerarea en in die veld is alles grasgroen met strome water wat oral loop.  Ek vertrou dat julle laaste dag vandag 'n bietjie beter weer sal oplewer en  miskien lewer julle rit môre Pafuri toe darem 'n bietjie meer wild.

Ek glo die 3B het lekker huisvesting gebied en met daardie lekker groot silwerseil was julle darem seker kurkdroog.

Lekker dag vir julle.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 17/12/2021 - 19:59

Willem, ek is nuuskierig, hoe het vandag se weer gemaak  -  weer reën of darem 'n bietjie sonskyn ?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 18/12/2021 - 11:03

Die mense van Daspoort daar in Shingwedzi is darem stil vanmôre.  Ek hoop die reën het hulle 'n blaaskans gegee om op te pak en dat hulle nou oppad is na Tshipise.  Miskien maak hulle gou 'n brunch by Babalala.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 18/12/2021 - 20:25

Nat oppak is nie lekker nie. Gelukkig slaan hulle gou weer op en kan hopelik dan uitdroog. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 19/12/2021 - 09:24

Vrydag was dit steeds bewolk en kort-kort sagte mis reën.  Ek het gaan ry maar die S56 was toe gemaak (sal as ek terug is en foto's afgelaai het beter verslag doen).  Die blink seil was nat gewees en het gehoop hy word droog Saterdag oggend, maar toe nie.  Ons het darm ons eerste Buffel (alleen) bul gesien met die pad uit.  Die pad was te lank om by Babalapa te stop want wou vroeg hier wees by Tshipise om tent op te slaan.  Wou vanoggend (Sondag) die blink seil op sit om mooi droog te word maar die het vanoggend steeds saggie gereën en die tent dak is nou nat so ek kan nie die blink seil op sit nie.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 19/12/2021 - 12:37

Ai, ek hoop julle kry spoedig bietjie sonskyn. Mens wil nie reën wegwens nie, maar as dit so lank nat bly raak kampeer minder lekker. Veral as jy nat opgepak het. Ons het darem vandag ons tweede sonskyn dag hier by  Dwarswegstrand, en het die oggend op die strand deurgebring. Sterkte daar!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus