Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -11 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -12 hours ago
Hael November 2026 Geert -12 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -12 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -17 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -17 hours ago

Die Smalle Tuinroete en Karoo Des ‘21

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek begin die gesprekslyn vir terugvoer oor ons vakansie van 14 - 28 Des by Dwarswegstrand, 28 -29 Des in Oudtshoorn en 29 Des - 2 Jan by Karoo NP.

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 14/01/2022 - 12:06

Ek wil nog daar gaan staan ook. Ek dink veral buite seisoen kan dit baie lekker wees, en julle behoort goeie weer te hê. Ek weet julle was al daar, daar is mos lekker stap geleentheid, ek sal met die kinders kan roei daar en daar is baie plekke daar naby soos Victoriabaai, Sedgefield en selfs George sou mens verveeld raak of die weer dalk nie ideaal wees nie. 
 

Ons is egter baie bly oor Dwarswegstrand. Ons geniet die oordjie baie. Ek het vanoggend met ‘n vriend gepraat wie eergister teruggekom het van Hartenbos af. Hulle was daar van 9 tot 12 Januarie, en hy sê selfs nou nog na die meeste binnelanders weg is aangesien hulle skole die 12de begin het, is dit nog ‘n vertrapping by Hartenbos. Ek besef baie mense hou van die vibemaar ons verkies dit rustiger en met minder mense. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 14/01/2022 - 13:21

Dwarswegstrand op staanplek 30 goedgekeur is vir 17 tot 27 Desember

Theo hulle het ook weer aansoek gedoen vir Desember, weet nie of hulle al gehoor het nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 14/01/2022 - 14:01

Ons het al twee keer daar gekamp en twee keer in die houthuisies gebly. Netjiese oord! En ja - lekker staproetes. Ek en Ralie het beide kere wat ons daar gekamp het 'n kano gehuur en in die Touwrivier op geroei. Die tweede keer het ons onsself lekker misgis met die wind. Met die terugkeer het ons onsself stikflou geroei en klein entjies gevorder. Die eerste keer was ons gelukkig om twee bosloeries (Narina Trogon) naby ons in die onderbos te sien. In die kamp self is Knysna Loeries algemeen.

Toe ons die tweede keer daar gekamp het, was dit bitter droog in daardie omgewing. Snags het die bosvarke die vullisdromme in die kamp kom omgooi op soek na iets te ete. Ek het hulle vanuit my karavaan dopgehou - reusagtige grotes gewees. Dit was maar die tweede keer wat ek bosvarke in die natuur gesien het. Die eerste keer was (nogal helder oordag) in die Songimvelo natuurreservaat in Mpumalanga. 

Met die onderskeie boswandelpaadjies by Ebb & Flow loop jy meermale bosbokke raak.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 14/01/2022 - 14:42

Theo hulle het ook weer aansoek gedoen vir Desember, weet nie of hulle al gehoor het nie.

Hulle was mos in die 2de blok daar Desember. Dalk laat weet Dwarswegstrand oord eers die mense van die eerste blok.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 14/01/2022 - 14:48

Die eerste keer was ons gelukkig om twee bosloeries (Narina Trogon) naby ons in die onderbos te sien. In die kamp self is Knysna Loeries algemeen.

Sjoe, dis omtrent gelukkig! Voor ons die Otter in Januarie 2007 gestap het, het ons in Wilderness oorgeslaap en ook ‘n roeibootjie gehuur en met die Touwrivier opgeroei tot waar ons nie verder kon nie. Dit was verby die oord, want daar was kort voor dit groot reën wat die riviere oopgespoel het. Soveel so dat ons op die Otter deur die Bloukransrivier moes swem. Al was dit laagwater was die water ver bo my kop (en ek is 1,98m lank). Ek sal egter graag by Ebb & flow wil gaan kampeer; dalk na Dwarswegstrand as my werk my weer dwing om verlof te vat tussen Kersfees en Nuwejaar…

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus