Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -3 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -4 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -5 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -5 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -5 hours ago

Tietiesbaai - deur Voortrekker

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on
Forums

Die lede hier wat my ken weet al ons is mal oor tietiesbaai.

Ek het foto's en ietsie geskryf oor ons verhouding met hierdie weskus kamp juweel.  Gaan lees gerus op kampblad:

 

LEES ARTIKEL HIER
TietiesBaai op KampBlad

 

En hier so 'n Paar fotos om julle lus te maak.

tieties

 

 

 

 

 

 

 

tiptoes

 

 

 

 

 

 

 

LEN LOADER: Anton, lekker gelees en lekker gekry van 'n lekker plek in 'n lekker provinsie.  Jou hele familie is dan hier tuis, so wat soek jy daarbo in Gauteng ?

Dankie vir die mooi fotos en vertelling.

 LOLLA:  Daarsy nou! Dankie vir daai Len Loader. Se vir Voortrekker. Ek sal more trek!

VOORTREKKER:  Ai Len, die bosveld is darem mooi.  Kaap is vir vakansie hou.

LEN LOADER: Anton, jy kan dit omdraai : die Kaap is darem maar mooi en die bosveld is vir vakansie hou  -  ons doen dit so !

GEESWATWANDEL: Dit is mooi maar kan nie help om te wonder hoekom is die kampplek se naam nou juis "tieties" baai. Le die dames topless op die strand om te tan?

VOORTREKKER:

GeesWatWandel het geskryf:

Dit is mooi maar kan nie help om te wonder hoekom is die kampplek se naam nou juis "tieties" baai. Le die dames topless op die strand om te tan?

Gaan lees die artikel op KampBlad, die antwoord is daar.

GEESWATWANDEL: Dankie Voortrekker, ek sien nou, dit is oor daai heuweltjies, het jou artikel baie geniet, dit lyk heerlik daar.

Centurion

Voortrekker

Thu, 05/10/2017 - 08:14

Gedurende my tydjie innie Kaap laas week het ek met mense gesels oor kamp en 'n paar opgekom dat daar bleikbaar deesdae by diefstal is op Tietiesbaai -   hoor ek met baie onlangse kampe het vele mense voorvalle aangemeld.

Dit is werklik baie jammer, want volgens my is dit die mooiste kampplek in Suid Afrika en sal ek graag weer daar wil gaan uitspan vir 'n week -  maar met bogenoemde tipe berigte sal dit moontlik slegs kan gebeur as 'n electric fencing saam ry en saam met sekuriteits kamera my kamp beskerm.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 05/10/2017 - 09:35

Ek het op 'n stadium My camping sites se facebook blad gekyk.  Daar was baie mense wat jou afgeraai het om Tietiesbaai toe te gaan as gevolg van die misdaad.  Nie net karavane nie, die mense in huisies ook word glo erg beroof.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 05/10/2017 - 11:33

Dis jammer want ek beplan my weskus toer reeds rondom tietiesbaai mokket

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 05/10/2017 - 12:16

En onglukkig, natuurlik nie net Tiestiesbaai nie.  Daar word dieselfde dinge gepraat van ander areas aan die Weskus.    Dit is locals wat so steel en agtergekom het vakansiegangers is maklike teikens.  Laat ons eerlik wees, hierdie is 'n direkte gevolg van armoede en werkloosheid onder die mense.

0

Al wat my biki afsit toe ek laas daar was is dat die kampers soos sardine teen mekaar ingeryg is.

Tweedens wonder ek hoeveel ingilse kinders daar deesdae rondhol en geraas maak. (ek ly nog aan skok oor Kokoriba se stout ingilse)

Derdens die vlaag misdaad wat daar deesdae voorkom.....

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 05/10/2017 - 14:38

"Laat ons eerlik wees, hierdie is 'n direkte gevolg van armoede en werkloosheid onder die mense".

Freda, ek verkondig dit ook al jare, dis nie 'n verskoning nie, maar 'n rede.  Dit maak nie die misdaad reg nie, maar dit verduidelik hoekom dit wel plaasvind.  Dit sluit ook ander vorms van euwels in, drankmisbruik, dwelms, moord, roof, gesinsgeweld, bendes, kapings en nog baie ander.

Werksgeleenthede kan nie in die privaatsektor geskep word nie sonder 'n sake-vriendelike ekonomie wat aanmekaar gedwarsboom word deur die regering van die dag.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus