Met ons afgelope kamp het dit duidelik begin word dat die Fleetline ('95 model) se agterligte ernstig aandag nodig het. Dis daai groot lang tipe met die gloeilampe wat in so 'n metaal gedoente indruk. Met tyd begin die metaalgedoente se plastiek "clips" wat die kontakpunte in plek hou hard word en naderhand breek wat veroorsaak dat 'n gloeilamp nie meer so lekker kontak maak nie. Ernstig irriterend om heeltyd "band-aid" herstelwerk te moet maak! Party karavaanplekke verkoop die regte agterligte maar dan moet mens die hele ding insluitende lense (myne se lense is nog 100%) teen 'n koele R2250 per lig! Geen manier dat ek R4500 gaan betaal nie. Ek begin dink dat mens dalk die metaalgedoente mee moet wegdoen en met 'n standaard motor gloeilamp moet probeer vervang? Enige idees?
Hoor jou Wessel, maar as ek…
Hoor jou Wessel, maar as ek kyk na die algemene toestand van die Fleetline en koste van 'n nuwe ene maak dit absoluut geen finansiële sin nie!
Grootwind ....
.... ja, ek weet Wessel het dit tong in die kies gesê - maar, ek verruil ook my 1993 Caravette 6B vir niks. Dit is nog 'n karavaan wat bou-gehalte aanbetref. En soos jy tereg sê "die koste van 'n nuwe wa maak geen finansiële sin nie".
doen navraag....
Grootwind
.... na nuwer Fleetline of Penta ligte. Ek verbeel my dat my ~2000 model Palma se ligte en sokke verskil het van die 95 Fleetline XL wat ek gehad het. Die lense was egter dieselfde.
Jurgens agterligte ...
Kan jy dit nie net vervang met LED liggies nie, daai wat so vierkantig is.
Slim LED DC 12v 3W Aluminium Square.
Daar is metaal gloeilamp…
Daar is metaal gloeilamp houertjies wat twee of drie stukkies draad aan het te verkrygbaar. Nie Rolls nie, maar ek het van die ou veterane wat verroesde sokke het die ingebou. Vat standaard gloeilampe. Jy sal maar n plan beraam om dit mooi stewig vas te sit, weet nie hoe lyk die situasie nie.
Geneig om nader aan Neef se…
Geneig om nader aan Neef se voorstel te beweeg. Mens kry sulke "universal" gloeilamp houers, en o.a. ook 'n Golf tipe. Lg het sulke lippies wat mens met 'n halfdraai die gedoente in posisie kan sluit. Indie die diameter min of meer reg is (die gate in agter die lense is sowat 27mm sal ek die regte gleufies moet vyl om dit te maak werk. Hieronder is foto's van die Fleetline se ligte asook die agterkant van die lens

En die agterkant met bestaande gate vir die gloeilampies
Metaalgedeelte
Hier kan mens die metaal ding sien waarin die gloeilampies pas, 'n swak ontwerp as ek al ooit ene gesien het. Die metaal lippie word in plek gehou deur 'n swak plastiese "clip" wat met tyd hard word en breek wat toelaat dat die metaal lippie wegtrek van die gloeilamp.
Universal gloeilamp houers
Hier is die twee alternatiewe, die witte is die Golf ene, mens kan die lippies duidelik sien wat dit in plek sal hou na 'n halwe draai, die swart ene lyk asof dit bloot net indruk, geen idee wat dit dan in plek sal hou nie. Sal dalk beide koop en rondspeel met alternatiewe, die goed kos net sowat R20 of so
Nuwer Jurgens ligte
Wessel, ja die nuwer model waarna jy verwys is effe anders maar mens moet steeds die hele lig koop, besparing van net sowat R100 per lig. Dit terwyl ek slegs die binnekant nodig het.
Willem, rede hoekom ek nie…
Willem, rede hoekom ek nie die LED roetewil gaan nie is dat die Ranger snaakse goed doen, mens moet dan ook 'n adaptor kabel koop anders raak die voertuig se elektronika ongelukkig. Of andersins moet mens ook weerstande in die lig inbou om die voertuig te laat glo dat die LED 'n normale gloeilamp is en nie 'n kortsluiting nie
Een van die twee gaan goed…
Een van die twee gaan goed werk.
Ken jy Q bond. Dit kom in n boksie met grys en swart poeier en twee bottelties fancy superglue. Met die kan jy werklik wondere verrig om te herstel en selfs op te bou, maw gaps toe te maak. ek plak n stukkie maskeerband om n bruggie te maak, en vul dan op met Q bond. En dit is "instant"
Grootwind dit is dieselfde…
Grootwind dit is dieselfde as my Penta se truligte, en is 'n patetiese ontwerp.
Ek moes ook al gom in pomp vir ondersteuning, ek hou van Herman se voorstel, Q-bond is onmidelik en jy kan dit natuurlik ook verf as jy wil. Ek het acrylic gom gebruik , maar dan moet dit oornag staan om goed drood te word voor jy die gloeilampies kan terug sit.





Trap vas en.....
Middag Grootqwind
....en ruil die wa in. Mens sukkel nie met sulke onbenullige goetjies nie.
Jy kan nie dalk daai ligte vervang met nuwerweste LED ligte nie. Dit gee darem 'n lieflike helder sigbare lig.