Oktober 2024
Nou ja, daar is dit Oktober 2024. Dit beteken net een ding, mens moet fyn begin luister vir die skimpe om die korrekte Kersfeesgeskenke te koop.
- Read more about Oktober 2024
- 216 comments
- Log in or register to post comments
- 2924 views
Nou ja, daar is dit Oktober 2024. Dit beteken net een ding, mens moet fyn begin luister vir die skimpe om die korrekte Kersfeesgeskenke te koop.
Het ek iets gemis of is hier al twee vrinne wat van plan is om hier te kom kamp in Oktober ? Mag ek vra wie dit is en wat die datums is ?
Wat het van Willie Willewragtig geraak. Hy was n tegniese genie.....wonder net
Dan se ek ook maar so. Daar is altyd iemand wat jou stelling benavraag of n ongevraagte opmerking maak asof hulle alwetend is. Het dit nie nodig, daar is nog forums. Nou gaan die kommentare inrol , veral van die slim, vervelige en beterweterige persone. Laat dit kom. Sal nie eers lees nie.
More almal. Ons wil graag in November Hartenbos toe met motorhome. Ek weet daar is Blokke A-F. Weet iemand watter blok is lekker wind bestand maar darem ook see uitsig. Dankie
O genade, daar breek die teoretiese Lente aan. Brits omgewing se somer het amptelik vanoggend begin, maar ons brul al van so 10 dae terug.
Ek het sommer lus om te klets. almal het sekerlik hulle voorkeur tipe staanplek. Plaveisel het beslis voordele, maar 'n lekker grasstaanplek bly darem lekker onder die kaalvoete.
Ek stoei nou al vir 'n geruime tyd hoe om hierdie saak aan te spreek, want ek is maar te deeglik bewus dat my geselsery hier op die forum draai maar altyd om net 'n paar goed :-
Middag vriende
Ek sal maar die gesprek begin sodat julle kan inval. Augustus het my en Marie omtrent oorval, en dis 'n halsoorkop gespook by ons.
Dit wil voorkom of dit die norm by almal is, om net so oor te beweeg van maand na maand, oppad Krismis toe.
Daar het Julie maand so stilstil aangebreek. Mense, hierdie jaar loop teen 'n pas wat skrik vir niks.
Party lede begin seker al planne maak vir Desember se somer vakansie. Ek weet Len is al bespreek by Hartenbos.
Antwoord gerus in Afrikaans....
Hopefully this is in the correct forum - if not, please advise and I will repost.
Ek begin solank die gesprek, omrede sommige grootmense reeds met idees besig is.
Ekselwers moet nog besin oor wat volgende jaar op die toerlys is. Dit is net so jammer dat Kalaghadi so effe vêr van Brits af is. Dan ook, is Bergkwagga omtrent dieselfde afstand van ons af.
Môre vriende, daar breek Junie in sy volle glorie aan. 'n Nuwe maand en beslis 'n nuwe onbekende tydperk op die politieke front vir die land.
Ek hoop die politieke woelinge gaan stabiliteit voorsien, meer veiligheid sodat ons kan kampeer.
Wonder waar kry die kopers die soort geld?
Jy moet baie hê om dit te betaal![]()
Klik op die "Duur" knoppie hier onder om die artikel te lees.
Duur
Sien op Neef se nuwe draad wat oor standaarde van oorde gaan die belangrike aspek van veiligheid ook genoem word. Eerder as om sy draad te kaap is dit dalk gewens om 'n 'n nuwe draad wat net oor veiligheid gaan te begin.
Nou ja, dit is 1 Mei vandag en dit voel net of tyd al vinniger versnel.
Die maand gaan vir die Lock gesin effens rof wees, 11 Mei word die jongste swaer 65 (op die plaas by Bronkhortspruit gaan die fees gehou word), 18 Mei gaan ons Klipdraai toe.