Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -6 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -8 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -13 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -14 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -15 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -16 hours ago

Verskillende Tent Penne

afrika
Submitted by Bena on
Forums

Maxi Penne 

Net so vragie ek sien op fb praat die mense so goed oor die penne wat se jul kampers van die produk is hy sy geld werd of is dit net nog n kamp gadget wat in jou pad le ek beledog nie die produk nie wil ma hoor wat is jul persoonlike gevoel aangaande die produk.

JOHANN L:   Bena, ek gebruik daai Maxcon penne met sukses, veral in harde grond werk dit kekker.
Dit buig nie, en ek hou van die veer aksie, het net vier gekoop vir "backup" en is baie tevrede.
Ek sal nie aan beveel jy raak van jou ou penne onstlae en vervang nie, dit is bietjie te duur daarvoor.
Kom ons hoor wat dink ander mense wat ook daarvan het.

BENA: Dankie johan ek het wel die dun penne vervang en vir my met reinforcing bar penne gemaak dit werk ok lekker in harde grond ek het ma net gewonder wat is die doel van die veeraksie in die stelsel ma die slim manne weet mos wat hul doen seker daar vir n rede

ELU: Doel van die veeraksie is om die spantou styf te hou en ook om mee te gee onder erge wind toestande - die tou gee dan effe mee in die wind in plaas daarvan dat dit rigied is en dan pluk die pen uit of die tou breek of die tent skeur (iets moet meegee om die wind se krag te absorbeer). dit absorbeer ook rukwind se aanhoudende plukke - anders gaan die tentpen begin loswikkel en dan uiteindelik maklik uitpluk!!
My 2c opinie.

JOHANN L:

ELU het geskryf:

Doel van die veeraksie is om die spantou styf te hou en ook om mee te gee onder erge wind toestande - die tou gee dan effe mee in die wind in plaas daarvan dat dit rigied is en dan pluk die pen uit of die tou breek of die tent skeur (iets moet meegee om die wind se krag te absorbeer). dit absorbeer ook rukwind se aanhoudende plukke - anders gaan die tentpen begin loswikkel en dan uiteindelik maklik uitpluk!!
My 2c opinie.

Daarsy dankie ELU, ek gebruik my maxcons net op die hoeke, of storm tou, (sedert die maxcons, gebruik ek nie meer storm net of tou nie)  of om die perslig te anker.
Dalk oorbodige inligting, maar tog kan dit iemand help
Die maxcon penne werk vir my baie beter  vandat ek "snap hooks" gebruik, will nie elke keer toue in en uit ruig nie.

WILSUR:  Ek het dan altyd gedink die "7" penne doen dit (hou die tou styf) ?

BENA: Ok klink goed ek sien die penne is bietjie duur maar defnatief goedkoper as n tent sal daarna moet kyk in die toekoms.

KOOS MOL: Ek gebruik 5 van die maxpenne op my hooftoue. Gevind ek sal niks korter as die 450mm penne gebruik nie. Ek het 'n carbaniere aan elke spring gesit om die tou hegting maliker te maak want ek wil nie die spring saam met die tou berê nie. Penne is duur maar die moeite werd.

LEN LOADER: Willem, ek stem saam - die "7"-veerpenne hou die tenttoue styf (in my geval al vir 48 jaar !) en gee iewat mee as die wind kwaai waai.  Behalwe dat dit miskien makliker inslaan, sien ek geen beter voordeel wat die maxpenne lewer nie.

Help my asseblief reg as ek iets miskyk.

It'LDodat: The maxi peg idea is a good one, however to go and replace all you pegs is a costly exercise... There are alternative pegging methods that will perform just as well without the additional cost. I'm battling a bit with photo's... Sort of got it right, so within the next coupl of days I'll do a post about some pegging techniques...

 

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 30/09/2019 - 02:31

Ek gaan volgende naweek Boksburg na Tentco toe wil vir my die maxi penne aanskaf ek verstaan en lees nou weer hier dis goeie penne om alles staan te hou teen sterk wind

0
Pretoria

leeu

Mon, 30/09/2019 - 10:42

Hi Shaun, Ek gebruik die Maxi penne en dit werk baie, baie goed. Tentco verkoop hulle eie produk (So verneem ek van iemand). Ek kon nie glo hoe maklik dit in harde grond ingaan nie. Ek sukkle nie meer nie, het darem nog nooit 'n boor nodig gehad vir harde grond nie, behalwe een jaar by Drie Berge (Ek het 2 dae lank kamp opgeslaan, die bure het naderhand sy seuns gebring om te kom help penne inslaan). Die Maxi penne moet jy self by hulle fabriek in Centurion naby Chaimberlans gaan koop. Dit is goedkoper as by die Campworld takke.

Die penne is van soliede, 8mm vlekvrye staal en is skerp gemaak aan die onderkant. Die veer aksie werk goed in sterk wind en is baie stabiel. Ek sal dit sterk aan beveel. Dit kos 'n klompie geld, maar dit was vir my onder R1000 (sluit in die tent se penne wat die kante vashou). Jou tent se penne aan die onderkant het nie die veer op nie, want dis nie nodig daar nie, dis net vir die buite afdak en pale waar dit benodig word. Ek het nog steeds my ou penne en indien ek my wa eendag verkoop hou ek die Maxi penne.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 30/09/2019 - 12:43

Middag vriende

Ek het ook oorgeslaan na die Maxcon penne. Bloot omdat mens dit maklik kan inmoker. Ek het ook gevind dat die veeraksie voorkom dat my toue glip op die vastrek ogies.

Ek gebruik egter steeds 'n boor om harde grond te bemeester, soos in Pilansberg. Boor die gat so halwe penlengte en dan kom die moker aksie.

Groete

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 30/09/2019 - 15:28

My Maxcon penne het ek destyds nog by die vervaardiger gekoop, (hy was by Outdoor Xpo - Malonyeni) ongelukkig het ek net vier teen R30.00 per pen gevat, want ek wou dit eers toets. Weet nie wat dit nou kos nie, maar dit is uitstekende penne.

Gebruik ook glad nie meer storm toue / straps, of nette nie, daai penne, en die regte hoek van tou, en die wind gaan jou nie ernstig pla nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 17/03/2021 - 14:27

Ek het die draad se naam so effe verander sodat ons Arie se penne inslaan se draad nie kaap nie.  Glo Bena san nie omgee nie.

Hier is goer op die fb groep "Stainless Steel Camping goods"

Besonderhede

For all your stainless steel camping goods please don't hesitate to contact me for more information. Postnet to Postnet courier can be arranged for an additional Cost. R100 up to 5kg. Have a look at my Facebook page, at all the other items i have fabricated for clients. Thank you Eduard Bothma ~ 082 537 9548

Facebook page - https://www.facebook.com…

eduard.bothma@gmail.com

Buitelugtoerustingwinkel

.

.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 17/03/2021 - 14:30

Ja Johann, maar mens moet maar rond soek vir die beste pryse.

Maxcons - 250mm Max-Peg TM (Mini Peg) R 30.00
0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 17/03/2021 - 14:32

Josef, ja soms werk die 6mm boor vir die 5mm pen.

Vir sanderige grond is die langer penne beter.

Die Spring penne is nogal baie gewild, Tentco, ook by Takealot.

Tentco Stainless Steel Spring tent Peg - 350mm

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 17/03/2021 - 18:27

Die inligting is vir Josef wat lyk my penne vir sy voorgestelde tent wil kry.

Willem se penne gaan nie by my chopper, of dome, tent werk nie. Die tent het lussies aan die vloerseil waardeur jy die standaard en reguit penne druk.  Dan het die tent het veerstaal  vir die "frame" wat hulself styftrek, of tension, waneer jy dit in die vloer se lussies gedruk word.   Die hele samestelling is regtig baie stewig, en sal staan waar ander platwaai. En ja, by Luderitz wou die wind die Landrover die see in waai tydens n sandstorm, so toe het ons ander blyplek gesoek.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 18/03/2021 - 14:35

Willem se penne gaan nie by my chopper, of dome, tent werk nie.

Ek stem saam, die Maxcon tipe penne is ook oorbodig vir so tent. As jy die vier hoeke vaskap staan die seil boogtente vas en die veerstaal is te sterk om platgedruk te word tensy daar regtig ‘n stormwind kom. Ek het eenkeer by Keurbooms in ‘n nylon boogtent geslaap terwyl die wind tekere gegaan het. Ek het wakker geword met die tent se dak teen my gesig soos die wind dit platgedruk het. 
 

Die Maxcon tipe penne werk puik vir iets wat nie ‘n raamwerk het nie, soos ‘n boskaravaan se afdak. Sedert ek ‘n voltent met ‘n raamwerk laat maak het vir die Kavango gebruik ek Tentco se Maxcon tipe penne steeds op die twee hoeke weg van die karavaan af, maar ek dink selfs dit is oorbodig. Ek het al in wind gestaan, maar Salomien het vir ons ‘n silwer seil gekoop wat oor die wa en die tent se dakke pas. Dit het elke meter ‘n ogie met ‘n tou, en werk amper soos ‘n stormseil as jy almal vasmaak. As ons op die kus staan gebruik ek egter steeds ten minste ‘n stormband. Ek het ‘n stormnet ook. Ek dink afgesien van diefstal of ‘n gesinslid wat ernstig siek raak of seerkry gaan min dinge ‘n kampeervakansie so bederf soos ernstige wind skade. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus