Mense ek wil net by julle hoor hoe julle voel oor mense wat nou in die P&P en Spar se tou staan om geld te trek .Jy staan in die tou om te betaal en daar staan 2 wat niks gekoop het nie maar net gekom het om geld te trek van die kassier .Dit hou dien hele tou op en kan die plekke nie "dedicated tills" gebruik vir sulke uitbetalings .Sien gister in P&P mense kan nou hulle Sassa gelde kry.
HARRY DU RANDT: Ek moet sê ek het nog nie die probleem beleef nie.
Maar dink ook dit kan n probleem wees.
Is daar nie genoeg ATM's by so kompleks nie.
SEGEKOOK:
Ek maak self ook gebruik van die kasiere by P&P om kontant te ont trek. Eerstens is dit veiliger in die winkel as buite by die ATM en daar le die voordeel vir die winkel in dat hulle nie soe baie kontant het nie.
Van die banke het geen koste daaraan om kontant by die winkel te ontrek nie maar wel by die ATM's. Dit is ook goedkoper as n transaksie by die ATM vir die banke wat nie gratis is nie.
Ek werk net my sake so uit dat ek nie op SASSA betaaldae in die dorp is nie.
FREDA: Ek vind dit ook baie gerieflik dat ek kontant kan trek by P & P. Dit is baie veiliger en goedkoper. Ek betaal vir produkte en trek geld met een transaksie en sal nie sê dat ek die tou daardeur vertraag nie. Ek ontvang basies my kontant saam met my till slip. P & P hou nie kontant aan spesifiek vir die doel nie, ek glo dus nie dit sal moontlik wees om dit net by sekere tills toe te laat nie. Slegs kontant wat reeds ge-in is by die tills word uitbetaal. Dit kan gebeur dat jy by 'n till kom en hul het nie genoeg geld om vir jou te gee nie, veral vroeg in die oggend as daar nog nie veel besigheid was nie. By Spar in PE kan jy nie geld trek as daar nie aankope op dieselfde transaksie was nie.
DASSIE: Goed ek sien dit vir baie meer mense gerieflik is en veiliger om in die winkels geld te trek .Miskien is dit net hier by ons P&P en Spars waar dinge so vertraag word .Het laas week 2 keer in n tou moes staan omdat die kassiere moes hulp vra met die transaksie .Ek sal maar my inkopies moet doen net sekere dae van die week





Grief
DASSIE: Ek trek ook so geld, en dan betaal ek my telefoon, water en belasting en koop ook krag. Dit werk baie goed en dan nog veilig ook.
Ek voel dit het niks met die ou ager my te doen of ek iets koop of geld trek nie. Ek het in die ry kom staan en my beurt af gewag, net soos al die ander.
Groetnis
FRANS PRETORIUS: Goed, lyk my ons is darem weer by onsself!!!
Ek doen ALLE betalings per EFT via internet, is by ABSA geregistreer sedert internet betalings beskikbaar geraak het. Dit is seker al so 15 of 18 jaar??
Ons doen so nog so bietjie werk van die huis af (ek gaan nie nou daaroor uitwei nie), en het paar klante wat kontant betaal. Hier voeg ek by dat ons nie eintlik meer soveel verdien dat ons enige belasting betaal nie, en is jare lank ook nie meer gereigstreer vir BTW nie.
Ouditeur doen belastingopgawes, nie meer ons probleem!!!
So ek het so bietjie kontant, vir wanneer ek benodig vir tuin-ingenieur of so!!!, MAAR, wanneer ek wel kontant benodig, is P & P of Checkers die veiligste plek. Hier by ons is darem 2 hypers, en paar kleiner takke. Ek noem gewoonlik ek wil 1000 trek, en wanneer dit vroegoggend is, stuur hulle solank iemand om die geld te gaan haal by kantoor. NIEMAND wat na my moet betaal, het nog ooit skeef gekyk na my nie. Die kostes van ABSA om 1000 te trek by EasyPay punte soos Hypers, is R3.95, wat in ons geval in elk geval binne my Seniorsplan van waar ek R500 per maand konsessie afslag kry by ABSA.
Dit is absoluut veilig, en wanneer ons met vakansie gaan, ry ek ook minimum kontant saam. Gebruik ook kredietkaart vir brandstof, sedert Namibië begin het om in sekere sentra debietkaarte en brandstofkaarte te weier.
Dalk is die mense hier rond meer toegeeflik teenoor gryskoppe!!!! Ons spot al oor GAME en Builders Warehouse se groot stormloop op Woensdae!!!!
FRANS PRETORIUS: Nog iets wat ek wou byvoeg, hier by ons is die SASSA uitbetalings by toegewysde punte by plekke soos P & P en Checkers Hyper, en het NIKS invloed op gewone betaalpunte nie. Ek dink dit is goed beheerd, en daar word selfs inganspunte gebruik waar die mense wat in ry staan, in sekere hoeveelhede deur sekuriteitspersoneel deurgelaat word.
WILSUR: By Builders kan jy enige dag nou daai korting kry as jy 'n Click's kaart het.
Werk nou baie beter.
FRANS PRETORIUS: Willem, dit is vir die Clicks Senior kaart, die goue een, maar was net vir Maartmaand. Dit wil egter voorkom asof hulle dit weer gaan instel, ek het Vrydag met die plaaslike betuurder hier by ons gepraat. Hulle reken dit maak die lewe vir hulle makliker, want dan is dit meer eweredig versprei deur die week, en gouer by betaalpunte, want hulle "swipe" net die kaart, en nie nodig om elke keer die pensioenaris se ID en telefoonnommer ens, in te tik nie.
Die bonus is die ekstra punte wat jy verdien by Clicks om vir ander goed te gebruik, asook die ekstra punte op Woensdae en Donderdae wat jy verdien.
My vrou het my slim geleer!!!
DASSIE:
dassie het geskryf:
Ek wil net noem dat hierdie nie my insetsel was nie Dassie
FRANS PRETORIUS: Dassie, vanoggend was forum nog heel omgekrap, moenie sleg voel nie, jy het niemand te na gekom nie.