Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
122283 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verouderde steak Wors Chris Boucher -3 minutes ago
Seker omdat dit so “ryp” is Wors Wildehont -12 minutes ago
Vroeg ingaan Januarie 2025 Wildehont -20 minutes ago
Wessel ... Januarie 2025 Chris Boucher -55 minutes ago
Chris B Januarie 2025 Wessel Strydom -1 hour ago
Laaste skof Dakar 2025 Rona du Plessis -8 hours ago

Meyer's se droom toer.

Sedgefield
Submitted by Jan Meyer on Mon, 09/10/2023 - 10:13
Forums

So breek die oomblik aan........................................en kon ons die toer begin in Durban.

Na harde werk om die huis netjies en ordentlik agter te laat is die sleutels Sondagoggend om 7uur aan die agent oorhandig. Daarna is die Classique gehak en ons die pad na Johannesburg aangedurf. Pad was redelik stil en na byna 57 jaar van werk jaag niks ons meer nie en het rustig gery. Kon dit sien aan die brandstof verbruik wat my nogal verbaas het want ons is swaar gelaai.

By ons dogter aangekom en  ons seun het Vrydag geland van Papua New Guinea af vir sy vakansie. Gaan 'n paar dae saam kuier. 

Droom toer

Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/10/2023 - 10:20

Môre Jan

Julle moet elke oomblik geniet, en hou aan ontspan.

Nou moet jy net gereeld aanmeld met fotos, van waar julle is, en waar julle kampeer.

Hoe lyk jou plan om van Kruger te sleep, tot seker in Knysna??

Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 09/10/2023 - 10:48

Wessel.

"Hoe lyk jou plan om van Kruger te sleep, tot seker in Knysna??"

Omdat ons weens die vertraging van die huis verkoop nie behoorlik kon beplan nie het ons net 'n vae idee wat ons wil doen. Vir eers gaan ons van 16 Oktober - 4 November Skukuza toe. Van daar waarskynlik Eiland toe en dan nog niks verder nie. Wil net by Karoo Nasionale park aandoen oppad na Knysna wat ons wil bereik voordat die skole vir Desember sluit. Wil nie op die pad wees dan nie. 

 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/10/2023 - 10:56

Jan, jy moet maar op die forum betyds navraag doen oor goeie oorslaapplekke tussen Eiland en KarooNP.

Jy gaan goeie advies ontvang, dalk uiteenlopendlaugh

Pretoria

Geert

Mon, 09/10/2023 - 11:46

Geniet hierdie groot stap wat julle neem! Miskien sien ons julle nog in Tuinroete Januarie, maar ons is daar ongelukkig vir kort kamp

Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 09/10/2023 - 14:20

Jan, jy en vroulief moet dit geniet.  Julle het baie jare hard gewerk en verdien dit.  Jy het die regte bakkie en karavaan.  Gaan groot en bedref jouself.   Geniet elke dag en leef voluit. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/10/2023 - 14:54

bakkie en karavaan???

Seg die man wat vir die All Blacks skree. Nou hoe moet mens sy uitlatings glolaughdevil

Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 09/10/2023 - 15:19

Hi ou Wessel. 

Jan hou ook waarvan ek hou. Hy het goeie smaak.   Ek probeer niemand oortuig nie.

Lyk my die woorde "All Blacks" skep paniek aanvalle by sekere mense.   Haal diep asem dis nie so sleg nie   devil.     

Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 11/10/2023 - 16:00

Vanoggend uit bewolkte JHB......................................weg met goeie nuus. Ons seun het verlede jaar hierdie tyd inmekaar gesak en het dringend 'n stent gekry. Een gedeelte van sy hart het geen bloed gekry nie. Kolestrol op 9 gestaan. Nou terug gevlieg om Dr.  vir 'n opvolg te sien en hy is baie tevrede.

Laat middag in Nelspruit aangekom om by ander dogter te kuier tot Maandag oggend. Groot ongeluk laasnag op Schoemanskloof pad net na die Lydenburg afdraai. Gelukkig pad gedeeltelik oopgestel maar het rukkie gewag om deur te kom. 

Het voor die toer besluit om nie oor brandstof verbruik te bekommer nie want het geweet dit gaan ons groot uitgawe wees. Tog het die rit van JHB na Nelspruit meer verbruik getoon as van Durban na JHB volgens die Ford se meter. Hou dit net dop uit nuuskurigheid. 

Elmarie teken alles wat ons koop en tolgelde aan net om te sien wat ons uitgawes is. Sal interesant wees na die eerste maand om opsomming te maak. 

Worcester

Wildehont

Wed, 11/10/2023 - 16:24

Dis goeie nuus van jullie seun. Geniet die kuier by julle dogter. Daardie Schoemanskloof is darem maar lekker. Met ‘n karavaan op sleeptou dalk nie só lekker soos sonder een nie, maar daar is pragtige natuurtonele langs die pad. Ek sien dit in my geestesoog soos ek hier sit. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 11/10/2023 - 16:33

Middag Jan

ek verkies om terug na Pretoris met N4 te bly ry. Dit is dubbel en selfs 3 bane. Sleep net soveel makliker om by trokke verby te kom. Karre kan ook sonder frustasie by my verbykom.

Die N4 met sy diep duike op en af, sleep swaar. Veral as jy spoedbeheer gebruik. Plaas so af en toe jou brandstofverbruik, ek hou van sulke inligting. Dalk is jou Ranger ligter op sous as Grompie [2.4 Hilux DC]

Brits

Wessel Strydom

Wed, 11/10/2023 - 17:18

Middag Jan

Ek sal jou aanraai om eerder by Malelane hek in te gaan, en nie Numbi nie. Beskou sommer daai rit van Malelanr na Skukuza as 1ste wildrit.

Die pad en ge-aardheid na die Numbi-hek is nie lekker nie. 

Vaalpark

Johann L

Thu, 12/10/2023 - 08:22

Lekker ou Jan, julle moet die inweidings toer geniet, wat 'n plek om so toekoms mee te begin.

Mag julle jul pensioen geniet met heerlike woonwa toere.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 15/10/2023 - 12:11

... watter lekker vooruitsig om môre die wildtuin in te gaan vir 2 en 'n half weke. Ons het een keer gedurende die eerste 9 aande van November in die wildtuin gekamp. Dit was vrekkit warm met erge donderstorms (wat hierdie Bolander bang gemaak het). Maar die somer-voëlbesoekers en die groot getalle rooiboklammers het dit 'n spesiale besoek gemaak. Die lelikste, grillerigste goggas wat saans deur ligte aangelok was, was nie heeltemal "my cup of tea" nie, maar my jong Duitse buurvrou wat só warm gekry (in Berg-&-Dal) het dat sy een aand met haar goed-bedeelde borste kaal geparadeer het, het opgemaak vir die goeters wat teen my vasgevlieg het terwyl ek dié vertoning gadeslaan.

Geniet die wildtuin!

Brits

Wessel Strydom

Sun, 15/10/2023 - 13:22

....kan die weer saamspeel, en is mens gelukkig in Oktober/November met lae temperature en ideale/aanskoulike kamp bure.laugh