6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -1 hour ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -6 hours ago

Olifants River Lodge

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Ek wil moontlik die lang naweek hier gaan kampeer. Die oord reviews lyk heel okay en fotos aangenaam, maar een aspek wat my pla....is die pad soontoe. Die laaste stuk grondpad is sowat 6-8km. Die oord sê die pad is okay vir pad karavaan. Ek het op facebook gevra, antwoorde is dat jy dit net stadig moet vat. Ander praat weer van yskas pype wat afgebreek het en ander weer van kasdeure wat afgeval het. 

Het een van julle onlangs hierdie pad gery wat my kan help om finaal te besluit of ek soontoe moet sleep of nie

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 18/04/2023 - 18:58

Baie lank terug het ons daarnaby gekamp, ek ry toe met my Ranger D/K om te gaan kyk, halfpad toe draai ek om.  Surette se suster hulle was dink laas jaar daar en het net so gekla oor die pad. 🤷🏼‍♂️

Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/04/2023 - 20:34

Naand Geert

As ek na hulle fotos kyk op hulle webblad, dan

1] ek sien net boswaens en Land Cruisers, seg iets van die pad

2] hulle steek hulle kamptariewe weg. Ek net iets sien van R900/nag vir staanplek vir 4 persone.

Dit lyk na 'n baie mooi oord.

Secunda

Sleep nou

Wed, 19/04/2023 - 10:05

ORL het nou n lekke binnehuis swembad badkamers aangebou by staanplekke die rivier lekke vir visvang en lekke om daar te stap die pad word soms geskraap maar laaste wat ons daar was het ons maar stadig gery ons het toe nie gekamp maar in charlet gebly

Pretoria

Geert

Tue, 02/05/2023 - 15:45

@willem.....maak so

@Shaun. Ons was gelukkig dat die pad baie onlangs geskraap was....so pad het heel lekker gery.

Ons het september daar gekamp. Pad was sleg maar my sienswyse mooiste kampe op einde van grondpad. Daar om maak ek my wa meer grondpad vriendlik

Pretoria

Geert

Fri, 09/10/2026 - 18:30

Hulle is tans besig om pad na Olifants River Lodge te plavei....blykbaar behoort dit teen einde oktober klaar te wees

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus