Forums
Enige iemand ondervinding/kennis van hierdie oord naby Nelspruit?
| Nuutste Forum Insette | onderwerp | deur: |
|---|---|---|
| Lekker gesels. | Kgalagadi Oktober 2026 | Jan Meyer -1 hour ago |
| Oppi Rivier | Lakeview Lodge and Camping | Rona du Plessis -7 hours ago |
| Rockview | Lakeview Lodge and Camping | Geert -7 hours ago |
| Waardeer jou moeite, Geert | Lakeview Lodge and Camping | Rona du Plessis -7 hours ago |
| Oppi Rivier Kampersrus | Lakeview Lodge and Camping | Geert -7 hours ago |
| Op facebook gevra | Lakeview Lodge and Camping | Geert -7 hours ago |
Enige iemand ondervinding/kennis van hierdie oord naby Nelspruit?
Lakeview
Rona, dit lyk heel OK op hulle webblad.
Jy kan nie dalk met 'n dokterbesoek eers gaan inloer voordat jy bespreek nie??
Wessel,
ek het die webblad gesien en dit lyk heel netjies. Wat mens nie kan sien/weet nie is die veiligheid. Ongelukkig nie meer tyd nie - ek moet blyplek kry vir komende week.
Rockview
Ek ken nie Lakeview nie...dit wat ek op cp. Com lees is al 2010...het toe nie goed geklink nie. Oorkant die pad wasr jy afdraai na Hippo, is Rockview....kan miskien daarna ook loer
Dankie Geert
Ek kon niks ander inligting opspoor nie, so sal ek dan eerder nie afdraai Lakeview toe nie. Rockview kan moontlik werk.
Ek praat van ...
... etlike jare gelede - as ek reg onthou was dit 2015. Ons was op pad terug vanuit die wildtuin en my ver kinders moes Kaaptoe vlieg vanaf Johannesburg. Ons (ek en Ralie) het in die karavaan oorgeslaap by Lakeview en my kinders anderkant die pad in een van hulle chalets. Laasgenoemde was blykbaar nie té "bad" nie, maar hulle karavaanpark het my geensins aangestaan nie (ek kan nie meer die detail onthou nie). Ek het destyds die besluit geneem - hulle sien my nie sommer weer nie. Maar wie weet - dalk het dit heeltemal verander/verbeter.
Chris,
ons het self in 2001 vir 'n aand in 'n chalet daar oorgebly. Dit was redelik goed, maar ons het laataand daar aangekom en baie vroeg weer vertrek, en gevolglik nie aandag gegee aan die res nie. Wat ek en Daan wel albei onthou, is die "heining" - so 'n lae, slap, geroeste doringdraadjie. Dit was wel 25 jaar gelede en moontlik is dit intussen opgeknap. Sal dalk die moeite werd wees om met tyd daar 'n draai te maak en mens self net weer te vergewis.
Op facebook gevra
Ook nou op facebook gevra. Meeste mense verwys na ander oorde as wat hul aanbeveel.
Oppi Rivier Kampersrus
Mens ry basies verby hierdie plek as mens Hippo toe ry. As jy afdraai vanaf N4 op die grondpad na Hippo....net as jy oor die Krokodil rivier ry, is plek op jou regterkant. So dis naby aan N4....nog voor jy daai T-aansluiting kry jy links draai na Hippo. Ek weet self nie hoe is kampeer ervaring daar nie
Waardeer jou moeite, Geert
Ek het na Rockview se webblad gekyk, en dit lyk na 'n netjiese plek. Dink ek gaan nie verder soek nie.
Rockview
Dit klink na n goeie keuse. Ek sien hulle gradering is 4,8 uit 5....gemiddeld van 82 resensies op Lekkeslaap
Oppi Rivier
Ek het dit verlede keer gesien op pad na Hippo. Kan dit in gedagte hou, sou ek nie reg kom by Rockview nie. Verder is daar baie naby aan die N4 op dieselfde pad is ook 'n naambord van Die Stoor. Dit is eintlik 'n trou venue, met skynbaar 'n paar kampeerplekke. Aangesien ons nie veel verwysings het nie, dink ek om vir eers te volstaan by Rockview. Klink darem asof hulle veiligheidsbewus is - hekke sluit om 9 uur saans om dié rede.