Forums
Ons het afgelope naweek weer gaan inloer by een van ons gunstelinge. Ons het dit sommer n lang naweek gemaak...Donderdag vertrek en Maandag terug gekom. Ons het op een van hulle nuwe privaat ablusie staanplekke gestaan. Die warmwater swembad is nou ook onderdak en is toegebou. Fasiltiete sois gewoonlik alles baie netjies en skoon





Fotos
Skuus...ek probeer fotos laai, maar sukkel....sal later weer probeer
Julle ouens daar ....
.... bo in die noorde is darem maar gelukkig met die groot verskeidenheid van oorde wat bykans letterlik op julle drumpel geleë is. Dan is julle weer ook van so 'n aard dat julle bykans regdeur die jaar kan kamp. Ons, hier onder in die Kaap, het nie naastenby dieselfde verskeidenheid van kampeerplekke nie - en dan praat ek nie eens van die weer (in die winter - wat vanjaar nie wil ophou nie) wat ons vir 'n groot gedeelte van die jaar weerhou om lekker te kamp nie.
Waardeer dit wat julle op julle voorstoep het.
Privaat ablusie staanplek
Lekker rustig
Paar oord fotos
Paar oord fotos
Lekker kuier
Lekker gekuier. Vrydag aand lekker saam gebraai en Saterdag n stirfry braai gehou
Dit lyk ....
.... na 'n bakgat oord. Julle was nogal 'n moerske klomp saam - geoordeel aan die mense op die stir fry foto's.
Die pad .....
Môre Geert
hoe lyk daai De Wagensdrift grondpad deesdae. Laas toe ek Willemsrus toe was, was dit erg sinkplaat gery.
Tweedens, was julle 'n groep, of was daai saam kosmaak sommer toevallige mede kampeerders daar.?
Is die prys vir 'n staanplek per aand vir 'n sekere aantal persone, want dan is dit effe hoog vir net 2 oumense
Dankie Geert, ................
............vir die fotos by 'n fantastiese oord.
Dis heerlike lees- en kykstof van 'n lekker kampnaweek.
wessel
hoe lyk daai De Wagensdrift grondpad deesdae. Laas toe ek Willemsrus toe was, was dit erg sinkplaat gery. Pad was nie te sleg afgelope naweek nie. Dit hang baie af wanneer hulle pad geskraap het. Ons het hom al sleg gevang, dan is dit maar stadig ry
Tweedens, was julle 'n groep, of was daai saam kosmaak sommer toevallige mede kampeerders daar.? Ons was daar met ons gemeente....was 62x mense
Is die prys vir 'n staanplek per aand vir 'n sekere aantal persone, want dan is dit effe hoog vir net 2 oumense. Ja ek dink dis prys vir 6 mense.....ons was ook vir 2 dae net 2x en het volle tarief betaal. Deur die week is tarief darem R330 per nag
Dinokeng camp &leisure
Geert, die prys vir staanplek gedurende die week klink geheel aanvaarbaar. dis beslis 'n oord om te onthou sodra dit weer koeler word.
Julle is voorwaar gelukkig om deel van so 'n gemeente te wees, wat so lekker kan saam kamp/kuier.
September lang naweek
Ons beplan om oor September lang naweek weer hier te gaan inloer. Soos ek op facebook sien het hul heelwat ekstras aangebring sedert ons laas daar gekuier het. Sien uit...was nog altyd vir ons n lekker plek gewees
Pryse buite seisoen gedaal
Ek sien buite seisoen deur die week tariewe het baie gedaal. Ek sien op hierdie plasing van 2023 het ek terugvoering gegee dat week tariewe R330 n nag is....volgens besprekings plaform is dit nou R200 n nag.....dis amper verniet!
Geert...
....is julle al in die pad, of reeds in Dinokeng!!!
Drink al bier
Wessel....ons is hier en drink al bier onder die boom
Sukkel om foto's te laai
Probeer weer
Foto
.
Geert...
....is julle nie bang alleen daar nie
Die res van gaste kom seker eers vanoggend daar aan
Dit lyk na die tipe plek wat…
Dit lyk na die tipe plek wat ek sal geniet.
Die pad daarnatoe?? Soos almal weet is ek mos allergies vir gruispad ry met die Ou Lady.
De Wagendrift pad....
....is meestal sleg sinkplaat gery. Volgens Google maps is dit so 2km grondpad soheentoe.
Ons het die pad 1 keer gesleep na Willemsrus, oorkant Dinokeng Camp & Leisure. Iemand het van voor gekom, en sy hele National Luna het uitgeskud uit sy boswa. Die sydeur het oopgeskud, en kas gly toe op sy spore uit.
Chris B: Ek dink die oord se toegang gaan hom diskrediteer by jou.
Pad soontoe
Soos Wessel sê, dis n 2km grondpad. Ons het hom gelukkig gevang met n padskraper wat besig was. Hulle skraap hom so mooi...ons ons gerieflik 40-50km/h op grondpad sleep