DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal
FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.
STEFAN: 3 April 2017 - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan
FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend?
Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry. Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.
FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!
- 1188 views
Goeie more! Wat gaan hier…
Goeie more! Wat gaan hier aan dat dit so stil is? Lyk my dit is koud en almal lê nog te lekker onder warm komberse?
Ongelukkig moet ons werkendes maar vroeg opstaan en die ekonomie aan die gang hou, ten spyte van wind of sneeu!
Koffie vir enigiemand?
Goeiemore
More Dusty, Voortrekker. Waar is al die ander koffie en teedrinkers?
Dit is 'n pragtige dag in die Baai. Die lug en die see wedywer om te sien wie kan die blouste wees. Die son wat op die branders skyn, tooi hulle in wit. Kyk nou net hoe poëties raak ek vanoggend! ![]()
Lekker dag vir almal. Kry die mense bietjie aan die gesels! Moet ons altyd vir Arie wag? Miskien moet iemand weer 'n snaakse woord opmaak.![]()
More, more kom nog vandag is…
More, more kom nog vandag is die groot ding.
Dankie julle koffie was lekker.
Die stilte is maar deel van die tyd van die jaar. Hou moed, oor twee maande gaan dit gons.?
Môre sê, dankie vir die…
Môre sê, dankie vir die boeretroos.
Ook 'n baie lekker dag in Pta. Ons het nog nie regtig Winter gehad nie, as dit nie spoedig gaan koud word nie gaan ons weer 'n droë somer hê, of dan 'n baie laat Winter.
More More…
More More
Ja, lekker dag ini Baai vandag, al nou gatvol vir koud kry!
Lekker dag vir almal
Goeie more Almal!…
Goeie more Almal!
Ek maak 'n groot pot koffie, 'n groot pot tee en 'n groot pot hot chocolate! Bring julle bekers, en moenie worry oor julle hare nie, kom sommer met jou pantoffels aan en skink ietsie om die lyf warm te maak.
Lekker dag aan almal!
Dag.
Dag.
Goeie more…
Goeie more.
Dankie het al tee en koffie gehad. Drink nou my tweede beker koffie.
Hardloop vanoggend rond, erger as 'n afkop hoender
Lekker dag
Dag Arie
Dag Arie
More More
More More
More almal
Ek hoop julle het lekker geslaap. Hier by ons waai die wind sterk vanaf gistermiddag, dwarsdeur die nag en nog steeds. Daar kom donker wolke oor die see vanaf die Weste, so hopelik reën dit, dan gaan lê die wind gewoonlik. Dit is nou as die wind dit nie weer daar na Arie hulle toe waai nie. Ek sien hy is deesdae 'n man van min woorde!!
Ek wens julle almal 'n soeper doeper dag!
Nogsteeds net koffie en tee?
Nogsteeds net koffie en tee?
Nogsteeds net koffie en tee?…
Nogsteeds net koffie en tee?
En Hot Chocolate....
More more sê,…
More more sê,
Sit klaar en tee drink. Het ook reeds die koffiemasjien aan die gang.
Amper naweek. Hierdie week het weereens verby gevlieg. Die gaan deesdae net so vinnig verby soos wanneer 'n mens gaan kamp.
Geniet die naweek en die kampers moet dit baie geniet
Goeiemore
Ja, die week is alweer verby. Glo my, Dusty, ek het nou dat ons op 'n 5 maande kamp is, gesien hoe vinnig die tyd kan verbygaan. Daar is nog net twee weke oor daarvan en dit voel soos nou die dag wat dit begin het.
Familie van Johannesburg kom more by ons kuier. Ons gaan potte maak en lekker kuier.
Geniet julle naweek.
Môre sê…
Môre sê
Freda julle moet dit geniet, die dogters kom môre om aan te gaan met hulle deel van die 3B. Die dak (plafon het sy 2de laag op en hulle het begin met die vloer.
Wilsur, jou kinders moet…
Wilsur, jou kinders moet baie opgewonde wees oor die karavaan wat jy vir hulle regmaak. Hulle sien seker al vreeslik uit na die eerste kamp.
Goeie more! Groete uit…
Goeie more! Groete uit Noordhoek.

More sê…
More sê.
Koffie was lekker.
Freda julle moet dit geniet, die tyd vlieg so.
Willem, julle moet ook die kinders geniet, ek glo hulle is baie in hul skik met die wa.





Goeie more al die kampers,…
Goeie more al die kampers,
Tee klaar gedrink en gaan nou koffie inskink.
Sien die voorspelling vir vandag is bietjie warmer. Die temp meter was ook hoër op die meter.
As daar niks is om te breek is nie dan breek ons die week. Geniet hom