Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Fred Oktober 2026 saam gesels Geert -7 minutes ago
Geniet die laaste luilekker.... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -8 minutes ago
Ek sien hierdie ertjiesop… Ertjie Sop! - Hester Kruis Voortrekker -20 minutes ago
Kampeerplek-foto's Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -53 minutes ago
Aaaa! Dankie Padlangs Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Brandstof vergelyking Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago

Karavaan muurproppe

Heidelberg GP
Submitted by StephanS on
Forums

Ek het moeg geraak vir die alewige gesukkel met die driepuntproppe in die wa.

Mens moet alewig adaptors saam ry en soms is daar gestry oor wie wanneer fone mag laai.

Ek het op die proppe afgekom.

Ek het 1 usb prop ingesit en drie van die "twoway" proppe.

Nou is daar nie altyd 'n gesoek na 'n tweepunt adaptor nie

Twoway
Twoway
USB Prop
USB Prop

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 19/01/2018 - 16:22

Oulik Stephan, maar hulle is redelik duur nie waar nie ?

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 19/01/2018 - 16:26

Ek dink Suid Afrika se nuwe standaard gaan daai klein drieprop binnekort wees. My geheue kan my in die steek laat maar ek onthou dat so iets geproklameer was, ek dink.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 19/01/2018 - 20:08

Hierdie proppe werk soos 'n droom,  ek het van dit in my huis en karavaan in gebou.

Len, as ek reg onthou het ek dit by Makro teen so R200 per prop gekry (ek onthou dit was op 'n promosie) so twee jaar terug, weet glad nie wat dit nou kos nue, naar bly 'n wins kopie.

0
Elarduspark

GerhardM

Fri, 19/01/2018 - 20:23

Ek gaan beslis ook die proppe aanskaf vir die huis en woonwa. wink

0
Heidelberg GP

StephanS

Fri, 19/01/2018 - 21:42

Die 1  twoway by Ubuild gekoop teen R105 en die USB by my vriendelike Chinese winkel teen R140. Daar sien ek toe eers die twoway vir R 50.00!. Presies dieselfde kwaliteit as die CBI prop laugh

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 20/01/2018 - 11:29

So lyk die wat ek in die huis en wa in gesit het.

Baie lekker, jy benodig nou het 'n usb kabel vir die sel foon of tablet, geen laaiertjie nie.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 20/01/2018 - 11:44

Aaai oom Johann, julle gaan maak dat ek gels spandeer wat ek nie het nie. Met al die goete wat deesdae USB en daai dun twee punt krag plugs het is hierdie amper vir my n moet.

0
Lennox Head, NSW

Pierre

Mon, 22/01/2018 - 07:00

Dit lyk goed! Ek is net bekommerd oor die krag uitset van die USB prop. Verskillende apparate soos selfone en tablet rekenaars benodig verskillende krag uitsette om te laai. Langdurige gebruik kan die batterye se lewe verkort. Wat sê die manne wat weet?

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 22/01/2018 - 07:15

Langdurige gebruik kan die batterye se lewe verkort. Wat sê die manne wat weet?

Yip, wat ek ook gedink / wonder het.      Ek het al 'n paar keer probleme gehad waar een foon se USB sok nie 'n ander foon effektief wil laai nie asook wys foon is vol gelaai en dan is hy nie.  Deesdae kom fone ook uit met die nuwer "fast charging" tegnologie  wat meer as 2.2A uitset gee / benodig.

My gevoel is die 5V USB op die muurprop is 'n "nice to have"  en backup, maar nie om te eenheid wat saam met die foon kom totaal te vervang nie.

0

Ek stem saam, wat my bekommer, het daardie USB prop beskerming teen hoë strome (buite die produk spesifikasies), dis wat die transformertjie onder andere doen wat jy saam met die produk kry. Dit is ongelukig wat nou aan die gebeur is in Afrika (swak onderhoud en 'n gebrek aan kwaliteit), in Nigerië asook Mosambiek verkoop hulle "multi plugs" met filters wat baie hoë krag strome uitsny en beskerm die produk op die manier.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus