Dankie Hester vir hierdie heerlike ertjiesop resep!
"Ons het gisteraand die lekkerste Ertjiesop geeet. Ek gaan die resep met julle deel weet nou nie of ek mag nie maar die winter is op pad."
Ertjiesop
500 g droë ertjies, oornag geweek en gedreineer
2 liter water
2 hoender- of beesvleis- aftrekselblokkies, gekrummel
1 groot ui, gekap
2 groot wortels, gerasper
2 middelslag-aartappels, geskil en
gerasper
Sout, peper, worcestersous en vars suurlemoensap na smaak
500 g gesnipperde spekvleis,
bros gebraai
15 ml botter
Room en croutons, om af te rond
Verhit die ertjies, water, aftrekselblokkies, ui, wortels en aartappels saam in ’n groot pot tot kookpunt. Prut tot alles sag is. (As die sop te dik is, voeg nog water of aftreksel by.) Geur na smaak met sout, peper, worcestersous en vars suurlemoensap
en kook deur. Voeg die brosgebraaide spek by en prut vir ’n paar minute oor lae hitte. Voeg die botter by en roer tot gesmelt. Dien op in warm sopbakkies met ’n titseltjie room en croutons.Genoeg vir ses mense.
Johann L
Ek stem saam met jou op daai een maar ek moes net die sop probeer, daar word so gegons oor dit en niemand wil dit maak en se hoe dit proe nie, dan moet ek maar inspring en die ding agter die blad kry. Sal my seker nie dood maak om so 1 keer n week of dalk maand groente te eet nie.
Ek sien hierdie ertjiesop…
Ek sien hierdie ertjiesop resep kry nog baie aandag op Kampforum. Ek het dit destyds by Hester Kruis gekry.
Die 'probeer' werd
So 'n jaar gelede het ons in Botswana (Elephant Sands, vir diė wat op pad is) die allerheerlikste sop as voorgereg gekry. Die chef het dit groentesop genoem, en die hoofbestanddeel was ertjies. Dit het nie die spekvleis in gehad nie - terwille van herbivore. Myself belowe dat ek dit ook nog gaan regkry. Tyd vir probeerslag No.3.
Vegetaries
Rona, ons geniet ook vleislose disse en n lekker sop is my gunsteling saam n suurdeeg broodjie. So as jy die resep wil deel, sal ek dit waardeer. Ertjiesop met n gerookte varkskenkel in is ook puik.
Ons het klompie jare gelede n Veg curry in Zanzibar gehad. Mensig was dit heerlik. Ek maak nou, na menigte probeerskae ń weergawe van daai Veg Kerrie wat skougehalte is.
My jonger suster ...
... het vroeër vanaand 'n foto van haar boontjiesop wat hulle vanaand vir aandete het. Ek noem toe dat ek die aanname maak dit is koud in die Kaap. My broer, wat tans by Ebb & Flow by Wildernes kuier, sê dit is vrekkoud daar. Hier, by Augrabies, sit ons kortbroek, T-hemp en plakkies aan buite.
Maar ek kan in 'n wip gevang word met 'n bord lekker sop - enige tyd van die jaar. Groentesop, ertjiesop, boontjiesop - aag, noem maar op.
Snert
In Hollands noem hulle ertjiesop, snert. Hulle maak dit vrek lekker met rookwors in. Ek is mal daaroor....ek kan eet tot my maag pyn. Daar is n Hollandse groep wat jaarliks n snert dag hou....die hoof doel is net ertjiesop voor te sit, maar hulle maak dit n hele pretdag met volleybal en bier en musiek.
Maar ek is mal oor basies enige sop. Ons Kerk hou jaarliks in die winter n sop en sjerrie dag. Die tannies maak dan almal verskillemde soppe.....afgelope winter was daar 12x soppe gewees.....die een lekkerder as die ander. Die een wat ek laas vir die eerste keer ge-eet het was n aartappel sop....nooit gedink dit kan so vrek lekker wees nie.
Ons het juis vanaand van daai hollandse rookwors ge-eet, maar nie in snert nie.....saam met mash potatoes en gravy





Josef, ek wil nou nie twak…
Josef, ek wil nou nie twak praat nie maar, mens eet mos nie groente nie, dit is tog vir prooi diere, mens eet daai diere en dis al