Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -1 hour ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -2 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -3 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -3 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -3 hours ago

Oktober 2026 saam gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.

Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.

Laat ons saam gesels en vorentoe beur.  

Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/10/2026 - 17:06

Soos ek gister vermeld het, 'n verkiesingsfoefie. Elke bietjie help, maar ons word deur die ore gewerk

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 21/10/2026 - 17:11

Dieselprys SA vs Botswana (vandag, met die wisselkoers van R1.20 / Pula) : Botswana R25.12, SA R36.01 (Dullstroom). Skokkend!

Moet darem bysĕ, ek dink ook nie die heffings in SA word alles aangewend waar nodig nie, maar ons paaie (insluitend diė met slaggate), is in 'n veel beter toestand as enige pad wat ons verlede jaar in Botswana gery het. Is dit die verskil??

0
Pretoria

Geert

Wed, 21/10/2026 - 19:13

....en soos Fred op die ander Forum sê: Dit beteken nie dat diesel R3 afkom volgende maand nie....dis net die levy. As diesel R5 styg, gaan ons dit R2 by pompe voel opgaan. So eintlik probeer Rampie ons net weereens bullsiht....

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 21/10/2026 - 19:24

Ek verstaan dit so, daarom dat ek gesĕ het dat Brent ru-olie se prys steeds die bepalende faktor is. Dit beteken wel dat ons die prys van November gaan betaal, maar met R3/l verligting..

*Hoe rig mens 'n motorfiets in as kampeervoertuig?

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 21/10/2026 - 20:18

Gaan loer wat kos n liter Diesel in Angola. R8.50. Government subsidised..... I rest my case your honour....

1
Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/10/2026 - 05:56

Zapiro se sketse is baie skerp. 

Vanoggend se skets het my laat dink, daar sit ek.

Zapiro 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/10/2026 - 17:48

Ek lig my hoedjie!!!!

Ek vermoed die man en gesin het prosedures bedink en ge-oefen. Hy het baie gou sy vuurwapen getrek, dogter het plat geval, hy het afgesak en omtrent magasyn leeggemaak.

Kopskoot onder daai omstandighede, of goeie skut of gelukkig.

Gisteraand kom ons vroegaand van kerk af, sien karretjie wat stadig deur strate kruip. Seg ek vir Marie, dis k@kbakkers. Kom in huis, kom boodskap---Fortuner gesteel by skool.

Ons moet bedag wees en verdagte bewegings aanmelld by sekuriteits-groepe  

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 22/10/2026 - 19:49

Geert net een is dood, dit is volgens 'n polisie groep, dalk het die media 'n gerug gehoor en daarop reageer?

Maar hoe dit ook al sy, ons moet soos daai man paraat wees, ter wille van ons geliefdes.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 22/10/2026 - 22:31

Klink darem of dit iets lekker is om te doen. Geniet die trip. Foto's en terugvoer asb.

0
3
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus