Ek het die kar by 'n herstelsentrum gehad vir 'n kwotasie. Hulle kwoteer my toe R 43,000 om die ding reg te maak.
'n Ander plek kwoteer my so R 25,000.
Nou, ek weet dit is die stel ratte heel agter in die ratkas wat gebreek het.
Wie van julle het kennis van outomatiese ratkaste?
Vir my lyk dit asof mens die stel ratte van agter kan uithaal sonder om die ratkas uit te haal?
Raad asseblief?
Indien ek dit kan regkry kan ek net 'n stel ratte koop vir ong. R 6,000 en self die joppie doen.
VOORTREKKER: Willem ek wens ek kon help. Hoop jy kan dit self doen. R19 000 is groot besparing.
SEGEKOK: Met R19 000 kam mens lekker gaan kamp...
WILLEWILLEMIEN: Flippen verseker julle.
OK. Die ratkas moet uit en van voor af benader word.
So, ja. Sal hom maar uithaal en kyk hoe ver kom ek.
SLOWSTRIKE: Willie
Ratkaste is komplekese goed en ek het `n vriend gehad wat daarin gespesialiseer het (Ongelukkig oorlede) My vrou het eenkeer met my ou Jetta die Caravette van Warmbad tot in Pretoria in 5e rat gesleep nodeloos om te sê dit was sy einde. Het dit by die vriend laat herstel en sy kwotasie was ook aan die stywe kant. Hy het my gewys wat gedoen moet word vervang moet word en al die toleransies wat nagegaan moet word.
Volgens my kan jy nie net die ratte koop en vervang nie daar is verstellings ens betrokke. Die vraag is gaan hy hou na die herstelwerk en vir hoe lank. Onthou om in gedagte the hou dat die ratkas al meer as 300 000km gedoen het die slytasie op die res van die rakas moet ook in ag geneem word as daar nuwe parte ingesit moet word.
Sou `n tweedehandse ratkas nie `n beter opsie wees nie.
BATMAN: Dit klink vir my na baie goeie advies
WILLEWILLEMIEN:
Ware woorde Slowstrike.
Ek het al baie gesoek na 'n tweedehandse ratkas, maar sonder sukses.
Die meeste ratkasherstelplekke vervang net die gebreekte komponente. Dit was die reeling met die eerste herstelsentrum ook, maar hulle het nie die instruksies gevolg en my dienooreenkomstig gekwoteer nie.
Die ratte strip nie agv gewone slytasie nie, maar van mishandeling, bv. bome omtrek, mekaar met die plat bande uit diep sand uitpluk ens. Die vorige eienaar was baie in Mosambiek met die kar en ek vermoed die ratte het daar hul skade opgetel.
Vanaf dag een dat ons met die Pajero begin sleep het, kla Lorraine en Aimee van 'n ge-hum reg onder die voorste sitplekke. Ek het dit nie gehoor nie, want ek is mos doof....en soms hardhorend ook.:)
Ek gaan die box self uitmekaar haal en kyk hoe ver kom ek. Indien ek vashaak sal ek hom na 'n ander vriend van my toe vat om hom net vir my aanmekaar te sit. Hy is net tans te besig om nog werk aan te vat.
DASSIE: WW ek haal my hoed af vir jou om te probeer om die ratkas self te wil doen .Die ou 3 spoed ratkaste was nie so ingewikkeld maar die nuwe 5 en 6 spoed kaste is ingewikkeld .Daar is solenoids wat "valves " reguleer en jy het spesialis toerusting nodig om stel werk ens te doen .Vat foto's van elke part wat jy afhaal en die posisie van alles net 1 verkeerde " o" ring en jy het jare se probleme nie te praat van ratkas weer uithaal en insit .Sterkte ou maat .Is daar enige advies op Youtube en miskien diagrame van hoe die ratkas werk ?
GEESWATWANDEL: Oom WW, die ratkas is klaar in sy glory in, ek sal se try jou luck, as dit nie uitwerk nie, sal jy wel iewers n tweedehandse een op die internet in die hande kry, miskien nog oom Arie sin, hy leen mos juis syne vir die girls en dan gebeur snaaks goete met die voertuig.





Ratkas gekry???
Hi WW - ek wonder nou net of jy toe reggekom het met die nuwe ratkas?