Skippie se Aartappelsuurdeeg Plantjie
Bestandele:
1 geskilde aartappel gerasper.
1 gelykvol eetlepel sout.
2 opgehoopte eetlepels suiker.
2 koppies louwarm water.
1 pakkie kitsgis.
5 rosyne.
Metode:
Dag 1:
Gooi alles in `n “Can Fruit” bottel, gee net so 1 roer en maak die deksel toe.
Hou in die vensterbank of erens waar dit warm is.
Dag 2:
Gooi alles deur `n sif.
Gooi so ¼ van die ou aartappel terug saam met die ou rosyne en `n derde van die suurdeegwater.
Maak nou weers die resep aan, maar die keer sonder die kitsgis en rosyne, en gooi dit by die bietjie wat jy oorgehou het van dag 1.
Maak toe en laat weer staan vir 1 dag.
Dag 3:
Nou behoort die plantjie aan die gang te wees.
Elke keer as jy wil bak, gooi deur `n sif en gebruik net die vloeistof in jou deeg( Ek hou net so ¼ van die suurdeeg vir die nuwe plantjie, die res gebruik ek in die deeg, hang ook af hoe sterk jou plantjie is.)
Maar onthou om elke keer weer bietjie van die ou aartappel, die ou rosyne en `n bietjie van die vloeistof in die bottel terug te gooi.
Vul dan elke keer met `n nuwe aartappel, 1lepel sout, 2 lepels suiker en 2 koppies lou water.
Jy behoort dit daagliks so te kan gebruik, maar as dit voel asof die deeg nie genoeg rys nie, laatstaan net `n dag of wat langer, gooi `n bietjie meer rosyne in. As die rosyne nie meer goed lyk nie vervang dit.
hierdie is die belangrikste deel van die suurdeeg resep. Jy moet eers dié botteljie magic hê voor jy lekker brood of vetkoek kan bak! Gebruik enige basiese brood/vetkoek resep maar gebruik hierdie liquid gis ipv droë gis om die regte smaak en tekstuur te kry
. 




