Ek het bietjie laat geslaap met die vraag, maar ons ry more oggend plaas toe, en ek weet nie hoe lyk die pad nie? Dit is nou van Vereeniging via Heidelberg na Bronkhorstspruit.
Met die stakings is ek effens versigyig om Johannesburg om te ry?
Enige advies sal baie waardeer word.
Dankie Dassie, ek waardeer…
Dankie Dassie, ek waardeer jou hulp.?
Bronkhorstspruit
Kan jy glo Johann? Ek is vanoggend vroeg wakker gemaak deur 'n droom. 'n Nare droom. Ek en twee van my broers ry op die hoofpad en draai in na Bronkhorstspruit. Ons loop toe op 'n stadium tussen berge en sien Bronkhorstspruit onder in 'n gat lê. Dit het baie gereën en oral teen die berge af loop groot strome water af na die dorp. Toe ons wil terugdraai, toe kom daar 'n groot stroom water na ons toe en ek beland daarin. Dit sleur my mee en ek besef ek gaan nou verdrink. Toe word ek wakker.
Ek het aanvaar dit is al die pratery oor die reën in die Kaap wat my dit laat droom het. Ek lees vanoggend eers die draad van jou, maar kan nie verstaan waarom ek van Bronkhorstspruit gedroom het nie. Ek was in my lewe nog nooit daar nie en weet nie eers waar dit is nie.
Julle moet maar versigtig wees vir strome water. ![]()
Freda, daar is nie berge by…
Freda, daar is nie berge by Bronkhorstspruit nie en dit lê ook nie in n gat nie.
Johann, die stakings sal jou nie raak deur Johannesburg nie. Ek sou via Kempton ry na Bronkies toe
Freda nou het jy my benoud,…
Freda nou het jy my benoud, my skoonsuster se plaas lê hoeka net bokant die dam?
Nee wat, ek is nie bygelowig nie, en ons reen tyd is nou verby. Ek gaan maar Kemtonpak om ry, ek dink nie die stakings gaan raak nie. Die polisie sal in elk geval due verkeer weg wys sou daar moeilikheid wees.
More Stoffel, baie dankie ek…
More Stoffel, baie dankie ek het ook besluit om maar Kempton om te ry.
Dis ok Freda, al daai watef…
Dis ok Freda, al daai watef het klaar in die gat ingeloop, ons noem dit Bronkhorstpruitdam ![]()
Johann nie seker of die R59…
Johann nie seker of die R59 oop is tussen Johan le Roux em Meyer straat nie. Het weer laasnag daar moles gemaak.
Baie dankie Deon, dan sal ek…
Baie dankie Deon, dan sal ek maar die N1 ry, dit is darem nie so groot draai nie. Tensy ek Heidelberg, Nigel Springs om ry, maar ek ken nie daai roete nie.
Ek het so agt jaar terug Heidelberg om gery, en van Delmas af was die pad haaglik, omtrent net grondpad gewees.
Het op n ander plaaslike…
Het op n ander plaaslike groepie gehoor R59 was gisteraand gesluit gewees.
Maar is nie seker nie.
Lyk my, ek gaan die…
Lyk my, ek gaan die Heidelberg roete moet vat, ek hoor nou die N1 is ook toe. ?
Vereeniging, Heidelberg,…
Vereeniging, Heidelberg, Nigel, Delmas, Bronkies.
Daar is so 5 km met baie slaggate tussen die N17 en Delmas
Dankie Stephan, skuus ek…
Dankie Stephan, skuus ek sien nou eers jou inset, maar ons het toe heel toevallig jou roete gery?
Die R59 was toe by Meyerton, volgens die SAPD, ek kon nie met sekerheid vastel of die N1 ook geraak is nie, en wou nie al daai pad verniet ry nie.
Sondag, met ons terug rit, was alles weer normaal.
Saterdag was ons Cullinon toe om vir kkein Adriaantjie weer te vat, hy het die vorige besoek so geniet, oupa moes net weer gaan.





Skuus Johann L
Jammer Johann L wil net vir jou se ek sal nie kan help nie