Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -6 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -6 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -6 hours ago
Chris ek is besig om… Kgalagadi Oktober 2026 Voortrekker -6 hours ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
epos Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -7 hours ago

Dagse

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagse al die mense,

Laat ons eers kyk of die stukkie skrywe op n skerm kom, ek is nie baie hoopvol nie. Maar as dit wel gebeur, wil ek se, Hallo Freda. 

Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Wed, 06/06/2018 - 21:45

Herman, baie welkom alhier, glo  my sal hier baie lekker kuier.

Ons het Lanklaas gesels!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 06/06/2018 - 22:05

Ek was al onder die komberse met 'n boek, wat ek toe klaar lees.  Kom haal gou 'n ander een hier in die kantoor en iets sê vir my, kyk net gou wat gaan aan op die forum.  Die eerste ding waarop my oog val, is om te sien neef Herman is aanlyn!!   

Ek is bly jy is hier Herman.  Jy ken genoeg van ons om sommer dadelik tuis te voel.  Ek hoop jy gaan lekker saam praat en weet almal gaan jou geselskap geniet.   

Groetnis.smiley

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 06/06/2018 - 22:28

Herman, a-nee-a, watse nonsens is dit hierdie  -  jy sê dan net vir Freda hallo, wat van ons ander ou spulletjie ?

Ewenwel, baie welkom op Kampforum !  Vertel 'n bietjie vir die klompie hier wat nog nat agter die ore is iets meer van Neef Herman van Oudtshoorn  -  moenie van Jurgie vergeet nie en plaas sommer ook 'n foto van hom (nie "haar" nie).  Dis vrek maklik -  kyk net onder die kommentaar blok en kliek op "choose files".

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 07/06/2018 - 05:00

Welkom ou bekende hier is baie van ons soos jy wat se kamp is koning lekke saam gesels

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Thu, 07/06/2018 - 06:40

More more

Hoe verlang ek na my ou "home town"

Het daar skoolgegaan.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 07/06/2018 - 07:43

Welkom neef Herman hier tussen ons klomp Kampforum familie's.  Soos Len sê/vra vertel vir die ander bietjie meer van julle, die kar en Jurgie.  Onthou die lekker kombuis is vroeg oop vir 'n lekker beker boere troos, koffie/tee en enig iets anders.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 07/06/2018 - 07:47

Baie welkom hier op Kampforum.co.za Herman, bly om jou hier raak te lees.

Geniet die ernstige, die gekskeerdery, en die saam gesêls. ?

Ek stem saam met Len, hier is dalk iemand wat nie vir Jurgie ken nie, so laai asb fotos, en vertel ons van jou lekker lees stories.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 07/06/2018 - 09:17

Sien jy, Herman, al jou ou pelle is hier.   Ag, Len, gun dit maar vir my dat die neef net vir my groet.  Ek moet maar dikwels die agterspeen suig hier tussen julle manne, nou voel ek ook weer bietjie belangrik.wink

Ek stem saam, Herman, wys asseblief vir hierdie forum hoe mooi jy Jurgie gemaak het.   Ook van jou lekker kuier area daar by jou huis, die badkamer en jou gerestoureerde voertuie.  Het jy hulle nog?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 07/06/2018 - 10:01

Terwyl Herman nog sukkel om die "generator" op die plaas te "start", hy is nogal goed tegnies van aard  -  jy moet mos tegnies gevorderd wees as jy 'n Landie op die pad wil hou !

Herman, het jy toe reggekom om die besproeing op die plaas te doen met daardie 12V Chinese karavaanpompie wat jy by die koöperasie gekoop het ? Of is ek nou verkeerd, het jy dit vir Jurgie nodig gehad ?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus