Dagse al die mense,
Laat ons eers kyk of die stukkie skrywe op n skerm kom, ek is nie baie hoopvol nie. Maar as dit wel gebeur, wil ek se, Hallo Freda.
Welkom Herman
Ek was al onder die komberse met 'n boek, wat ek toe klaar lees. Kom haal gou 'n ander een hier in die kantoor en iets sê vir my, kyk net gou wat gaan aan op die forum. Die eerste ding waarop my oog val, is om te sien neef Herman is aanlyn!!
Ek is bly jy is hier Herman. Jy ken genoeg van ons om sommer dadelik tuis te voel. Ek hoop jy gaan lekker saam praat en weet almal gaan jou geselskap geniet.
Groetnis.![]()
Herman,,,,,,
Herman, a-nee-a, watse nonsens is dit hierdie - jy sê dan net vir Freda hallo, wat van ons ander ou spulletjie ?
Ewenwel, baie welkom op Kampforum ! Vertel 'n bietjie vir die klompie hier wat nog nat agter die ore is iets meer van Neef Herman van Oudtshoorn - moenie van Jurgie vergeet nie en plaas sommer ook 'n foto van hom (nie "haar" nie). Dis vrek maklik - kyk net onder die kommentaar blok en kliek op "choose files".
Neef Herman
Welkom ou bekende hier is baie van ons soos jy wat se kamp is koning lekke saam gesels
Oudtshoorn? Dit is lekker…
Oudtshoorn? Dit is lekker. Julle vries seker in die vroeg winter oggende? ![]()
More more…
More more
Hoe verlang ek na my ou "home town"
Het daar skoolgegaan.
Welkom neef, mag jy dit baie…
Welkom neef, mag jy dit baie geniet hier!
Welkom neef Herman hier…
Welkom neef Herman hier tussen ons klomp Kampforum familie's. Soos Len sê/vra vertel vir die ander bietjie meer van julle, die kar en Jurgie. Onthou die lekker kombuis is vroeg oop vir 'n lekker beker boere troos, koffie/tee en enig iets anders.
Baie welkom hier op…
Baie welkom hier op Kampforum.co.za Herman, bly om jou hier raak te lees.
Geniet die ernstige, die gekskeerdery, en die saam gesêls. ?
Ek stem saam met Len, hier is dalk iemand wat nie vir Jurgie ken nie, so laai asb fotos, en vertel ons van jou lekker lees stories.
Sien jy, Herman, al jou ou…
Sien jy, Herman, al jou ou pelle is hier. Ag, Len, gun dit maar vir my dat die neef net vir my groet. Ek moet maar dikwels die agterspeen suig hier tussen julle manne, nou voel ek ook weer bietjie belangrik.![]()
Ek stem saam, Herman, wys asseblief vir hierdie forum hoe mooi jy Jurgie gemaak het. Ook van jou lekker kuier area daar by jou huis, die badkamer en jou gerestoureerde voertuie. Het jy hulle nog?
Terwyl......
Terwyl Herman nog sukkel om die "generator" op die plaas te "start", hy is nogal goed tegnies van aard - jy moet mos tegnies gevorderd wees as jy 'n Landie op die pad wil hou !
Herman, het jy toe reggekom om die besproeing op die plaas te doen met daardie 12V Chinese karavaanpompie wat jy by die koöperasie gekoop het ? Of is ek nou verkeerd, het jy dit vir Jurgie nodig gehad ?
Het hier terugvoer gegee,…
Het hier terugvoer gegee, maar dit het verdwyn. !!!






Hello neef Herman welkom…
Hello neef Herman
welkom hier by kampforum!
Ek sien die stukkie "skrywe" op die skerm, so jou eerste draad is suksesvol geplaas.