Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -1 hour ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -7 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -10 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -10 hours ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -10 hours ago

My wa is vandag gebore

Alberton
Submitted by ski on
Forums

My wa se onderstel vandag gesny op waterjet so ons kan maar se wa is gebore

video

Wessel:  Dit sal 'n baie goeie besluit wees. die Rubex-aste is nie gamaak vir rowe paaie nie. Ek het van die aste op my boot sleepwaens gehad, En moes elke 3 jaar dit laat oordoen, tot die oordoen amper net soveel kos as 'n nuwe, Toe vervang ek alles met gewone aste. Jy gaan ook baie gewig spaar as jy dit vervang. Die rubex-aste is gewoonlik 2 keer so swaar soos 'n gewone as. Jy sal ook opmerk dis net Jurgens wat die rubex-aste gebruik.

 

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 26/04/2021 - 09:34

Rubex-aste : Ek het geen tegniese kennis om die kwaliteit van Rubex-aste te kritiseer of te besing nie, maar ek het 52 jaar sleep-ervaring van Sprite, Gypsey en Jurgens karavane oor die hele Suid-Afrika en destydse Suidwes-Afrika.  Ek onthou spesifiek met die aankoop van my 1969 Sprite GT was die "nuwe" Rubex-aste juis 'n verkoopspunt van die "nuwe generasie" aste vir woonwaens.  Destyds was Sprite en Gypsey nog in die Ci-stal (Caravans International in Pinetown) en Jurgens in Kemptonpark was hul kompetisie.  Oor al hierdie jare en verskeie karavane (insluitend my huidige 15 jaar oue Exclusive) het ek nooit 'n Rubex-as probleem ervaar nie.

Dit mag wees dat Rubex-aste nie goed vaar in rowwe, stofpad toestande nie, maar daar is niks fout met hierdie aste se gebruik in standaard karavane nie.

0

Len,

Ek stem 100% saam met jou, as dit by normale gebruik kom, sal hulle heelwaarskeinlik baie lank hou. Maar hulle hou baie besils nie op grondpaaie nie. Dis hoekom geen van die Off-road vervaardigers dit gebruik nie, behalwe Jurgens. Alles hang ook af van die hoeveelheid wat dit gebruik word. My bote was elke 2 de week besig met opmetings werk oor die hele land, en soms is dit deur die veld gesleep waar daar nie paaie is nie, so dit was blootgestel aan uiterse toestende. Ek moet sê nie een het gebreek nie, maar dit word totaal pap, so by so dat dit die modeskerms begin vreet, dan vervang ek dit. Die ander groot voordeel wat dit gehad het op die bootsleepwaens is dat daar nie 'n As is wat n die modder vashaak nie, want die sit bo teen die onderstel, so jy kan lekker diep instoot.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 09/09/2022 - 18:37

.............ek sien daarna uit om die finale produk te sien as jy klaar is met al die herstelwerk.  Is die gasgeyser nog buite aan die agterkant  ?

0

Werk alweer aan die wa. Maak hom meer grondpad vriendlik. Lig wa 110 mm skyf aste 100mm uitmekaar en wa kry n stel 15 duim voete. Kan banddruk baie laer hardloop op die pad en afblaas in sand vir ons beplande trip moz toe april volgende jaar. Moet ook jak sak in die A raam om my hak hoogte reg te hou

0

As ek 'n opmerking mag maak: Dink jy nie jy het met die versink van jou coupler daai area nou aansienlik verswak nie. Ek is nie so seker dit gaan die gewig asook die stamp kan hanteer nie. ek dink jy moet daai beginsel heroorweeg. 

0

Tora die hele A Raam is vesterk binne en buite met 5mm plate. Die A Raam nou baie sterker as wat hy was. Ons het ook n 5mm module binne A Raam gesit wat na kante toe en onder vadgebout is. Ons het die stress weg hevat van bo die ARaam na die kante van die A Raam waar hy sterker is. Ekyk die foto's onder van die A Raam. Ons het ook begin om onderstel te verander en ye versterk vir die lig van die wa. Onsderstel sal ook nou sterker wees.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 08/05/2023 - 11:53

...sommer op ligter noot, daai A raam is nou so vol gate geboor, dit sal soos toiletpapier  NIE op perforasie breek nie.laugh

Ek glo jy weet wat jy doen, geniet jou handewerk.

0

OK dit maak baie meer sin, want mens sien dit nie op die foto nie. Ek kan nou op die nuwe foto's sien wat jy gedoen het. ek stem saam hy is nou baie sterker as wat hy was. Net 'n vraag: Gaan daai versterking ver genoeg in die bestaande A-Raam in ?

Ek is ook tans besig om vir my Kampwa 'n nuwe Coupler op te sit met remme. Ek moes die coupler redelik modifiseer om te pas, Gelukkig het ek nie nodig gehad om my bestaande A raam te verander nie. As ek klaar is sal ek ook foto's plaas. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus