Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ongeleesde insette Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Chris Kgalagadi Oktober 2026 Johann L -3 hours ago
Ons het so paar jaar gelede… Umfula Johann L -3 hours ago
(Nee wat ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Johan Umfula Johann L -3 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago

Ministers op die forum

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

Hennie het nou op Len se wildtuin 2019 draad 'n idee in my kop gesit.   Hy noem daar dat as Len 'n gas sou wees op Karen Zoid se "Republiek van Zoid Afrika", sal sy hom aanstel as die "Minister van Kruger".    Ek stem nou sommer heeltemal saam met dit.

Hier is mos baie kleurvolle/interessante/slim/stoute/soete/ensovoorts mense op die forum.  Kom ons kyk wie stel ons aan in watter poste as Kampforum ministers sou hê.

Gee voorstelle van wie julle dink watse minister moet wees.   Stel maar soveel voor as julle wil.  Op die ou end besluit ons wat pas die beste by iemand.

So, ons begin by Len as "Minister van Kruger".

Ek gaan nog bietjie dink oor my ander voorstelle.   Kom, speel nou bietjie saam.laugh

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 08/08/2018 - 18:38

En die ou wat die meeste kamp is die Minister van Toerisme  :  Wilsur.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 08/08/2018 - 20:08

Hier is solank 'n klompie:

Voortrekker : Minister van Beheer

Lolla : Minister van Kabouters

Sleepnou : Minister van Geen Kommas en Punte

Johann Lock : Minister van Vrede

Arie : Minister van Stir

Gees wat wandel : Minister van Spoke

Segekok : Minister van Ek Stem Saam Of Nie

Frans : Minister van Blomme

neef Herman : Minister van Baarde

Harry du Randt : Minister van Borge

Wilsur : Minister van Kampkennis

Speknek : Minister van Faaaiits

Groot G : Minister van Geen Faaaiiits 

Warren : Minister van Gadgets en Tente

Lapskag : Minister van Lekker Nuwe Stories

Ski : Minister van Handigheid

Stephan : Minister van Restourasie

Dusty : Minister van Staarsiekte

Dassie : Minister van Grappies

Noddy : Minister van Radio

Hennie : Minister van Gevaarlike Paaie

Skippie : Minister van Poppies

Julle hoef nie saam te stem nie.  Wat, dink julle, sal beter pas?laugh

 

 

 

 

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 09/08/2018 - 08:09

Nee, dan was ek nou deurmekaar.   Ek het Stephan op as Minister van Restourasie, dit is mos Gerhard wat die Jurgens restoureer.   Leeutemmer, sal jy dan die Minister van Temmers wees?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 09/08/2018 - 08:25

Nee ek dink Johann LOCK moet eerder Minister van Korrektiewe Dienste wees  -  in die tronk word alles mos toegesluit !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus