Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
N1 versus N12 Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -47 minutes ago
Nossob se "hide" Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
N12 Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Ons het in presies dieselfde… Media24 se koerante en… neef Herman -1 hour ago
N1 vs N12 Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago

Welkom Meraai vannie Baai

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Baie Welkom by kampforum Meraai vannie Baai smiley

Ek hoop jy gaan lekker saam met ons kuier en kamp en praat.    Wonder ek nou?  Watse Baai is dit?  Saldanhabaai, Gordonsbaai, Bettysbaai, Danabaai, Tieitesbaai, Plettenbergbaai?

WELKOM!yes  en vertel gerus van jouself en julle avonture en dinge smiley

Millmerran, AUS.
Profile picture for user Meraai vannie Baai

Meraai vannie Baai

Sat, 11/08/2018 - 07:54

Baie dankie vir warm verwelkoming. My baai is effe ver. Verder as wat daardie pram op 'n ou TV advertensie heen oppad was lol. Dit was Browns Bay Auckland in NZ. Voorheen was ek net Meraai vir vriend en vyand en my familie. Na emmigrasie 18 jaar gelede het ek dus Meraai vannie Baai geword. Nog 'n emmigrasie 7 jaar later na die land van Bloekoms (Australia) en groot springende hase (Roo's) is ek nog steeds Meraai vannie Baai.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 11/08/2018 - 08:00

Ek moet bieg, ek het vir Meraai daar anderkant gaan haal.  Nee, nie in die Baai nie, daar op  afrikaanseforum.co.za

Julle moet sien hoe lekker kamp hulle daardie kant. smiley   Nee, nie op afrikaanseforum nie ... innie Baai laugh

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 11/08/2018 - 08:01

Ok, ek weet ek mag nie lede se persoonlike inligting uitgee nie, maar ek kan hierdie een nie weerstaan nie -     Meraai, is jy familie van onse eie Johann Lock?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 11/08/2018 - 08:06

Halo Raaitjie, jy en Adri (en jul kampeerder kinders) is super duper welkom hier.

Toe ek daai pragtige gesiggie sien, toe weet ek jy is ons Meraai van die Baai. Ek is so bly jy het hier aan gesluit, nou gaan ons die mooiste fotos van Roo-land se kampeerders sien.

Baie liefde groete daar vir Adri.

 

0
Millmerran, AUS.
Profile picture for user Meraai vannie Baai

Meraai vannie Baai

Sat, 11/08/2018 - 08:12

Baie dankbaar dat jy by ons forum beland het met 'n uitnodiging. Voorreg dat ek kon aansluit vanuit die buiteland. Sien uit daarna om te loer hoe julle kamp. Diekant is ons self erkende kampverslaafdes en tel die laaste paar jaar af voor ons deel kan vorm van die sogenaamde 'grey nomades' wat hulle kinders se erfposies uit toer :P Ek is onder andere ook verlief op my pragtige taal en woeker graag met allerlei gedigstrukture om my skrywers-spiere soepel te hou, o ja, ek jag graag (skote deur my kamera se lens). My wederhelf, Outop is 'n kranige kok, tuis sowel as tydens kamptye. Ons het 'n kombuishoekie op FB "Nog 'n skeppie" en ook by die Afrikaanse forum. "Kom sit saam aan in Gatkantland Australia. Skakel (indien toegelaat): http://forum.afrikaansef…

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 11/08/2018 - 08:16

Die eintlike plek in SA wat "die Baai" genoem word, is mos Port Elizabeth (waar ek woon).  So, toe ek die opskrif sien, het ek dadelik gedink:  Wow, hier is nog 'n lid van die Baai!!

Ek is baie bly Voortrekker net jou nader getrek hier na ons forum.   Boonop familie van ons eie Johann, so jy is sommer dadelik familie van almal.   Dit gaan baie lekker wees om van jou te hoor.

My seun, sy vrou en 3 kleinkinders het 'n jaar gelede na Auckland getrek.  Hy werk daar vir The Warehouse groep.   Ek verlang my natuurlik dood na hulle.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 11/08/2018 - 08:26

Dit gaan heerlik wees om Meraai en Jan Adriaan se dinge hier raak te lees,  hoop Adriaan gaan saam kuier hier.

Ons moet in gedagte hou dat hulle ons ses ure vooruit is (regte tyd😂) by hulle is dit nou 14:30, terwyl dit hier 08:30 is. 

Kom my opgewondenheid duidelik oor😄?

0

Jy het reg geloer neef. Ynste Adri en Raaitjie. Wie sou nou ooit kon dink dat ons familie mekaar gaan raak kamp der duisende kilometers van mekaar. Wonderlik!

Liefdevolle groete ook daar aan almal.

Locks van oor die waters.

0

Opregte waardering! Glo ons gaan heerlik oor en weer saam kuier. Ons is kampmal. Op die oomblik is dit nou 4.38 Saterdag middag by ons. Dag ampertjies verby en julle sin le nog voor. Geniet hoor.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 11/08/2018 - 09:20

Jip, ek sukkel nou nog met die tyd verskille, Perth is ses, en hoe verder jy wes gaan, hoe meer verskil die tyd.

Sit ek nou en lees julle lekker resepte, verlang sommer lekker na julle. 

0
Millmerran, AUS.
Profile picture for user Meraai vannie Baai

Meraai vannie Baai

Sat, 11/08/2018 - 09:21

In reply to by Sleep nou

Opregte dank vir al die warm verwelkomings. Verwarm die Queenslandkoue van binne na buite!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus