Soos genoem onder Kampplekke het ons die naweek by Klipkrans gekamp. Ek het ook genoem dat die kampplek wifi het. As ek oor 'n naweek kamp is so-iets nie vir my 'n voorvereiste nie, maar ek moet se dit was nogal gerieflik. Party mense sal se dat as jy kamp wil jy juis wegkom van alles en dit is seker so, maar ek wil eintlik net lekker ontspan.
Ek kry verskeie koerante en heelwat tydskrifte digitaal op my tablet. Sateroggend was dit vir my heerlik om na 'n lang stap te ontspan langs die rivier met 'n koppie koffie en my koerant te lees. Met die Superrugby wat nou begin het kon ons ook gereeld kyk wat die tellings is. Soos hierbo genoem is dit definitief nie vir my 'n voorvereiste in die kies van 'n kampplek nie, maar dis nogal "nice to have".
Hoe voel julle daaroor?
SEGEKOK:Soos jy sê. Nie noodsaaklik nie maar daar is mense wat nie sonder die ou FB, W/A en die sort van goedjies deur die lewe kan gaan nie... En dan is dit belangrik om die kinders besig te hou.
WILLEWILLEMIEN:Stem. Gerieflik as dit wel beskikbaar is.
Ek kommunikeer selfs as ek op vakansie is gedurig met mense en kontrakteurs en sal dit dus die lewe vir my baie makliker maak.
JANBIKE: Stem ook, nie noodsaaklik nie maar sal dit gebruik as dit beskikbaar is. Ek hou nogal van tegnologie en my seun het gesorg vir deeglike onderrig.
BENA:Ek dink sulke oorde sal n wenner wees onder die tieners wat op hul foone speel heel dag dit kan ok gerieflik wees in n noodgeval.
VOORTREKKER:Dis n moelike een. Kamp is juis vir meeste om weg te kan kom van die alledaaglikse dinge. Wat ek gewoonlik doen is inelkgeval my foon sommer in my voertuig te los en probeer vegeet van aanlyn en epos dinge.
Kan dink dat dit vir permanente kampers n groot bonus kan wees, en ook vir diegene wat moet werk en kamp.
n Plek wat geen of baie beperkte internet opvangs het is partykeer n blessing en help om te besef dat die lewe KAN aangaan sonder tegnologie en dat daar nie so lank gelede n tyd was waar ons goed oor die weg gekom het sonder selfone, 3g en wifi.
CHRIS BOUCHER:Persoonlik dink ek dit is 'n bak idee as 'n kampplek WiFi het. Alhoewel ek afgetree is, is ek as konsultant betrokke by 'n internasionale maatskappy. Ek werk 6 maande van die jaar nogal taamlik intensief, maar die ander 6 maande kry ek geleentheid om die wa te haak en die langpad te vat. Ek vertrek juis op 4 Mei en keer eers weer op 20 Aug terug. Maar in hierdie "af" tyd word daar meermale op my nommer gedruk om insette te lewer. Alhoewel ek data kan koop vir my Vodacom modem, vind ek dit baie gerieflik as 'n plek WiFi aanbied.




