



En die ander voertuig..


Namens Slowstrike.
Arie: Danie en Elise was laasweek Dinsdag op pad na hul lang verwagte breek by die eiland toe iemand by 'n kruising die stop straat skip en hulle tref!
Danie se sleutelbeen is op 4 plekke gebreek, gewrig versplinter, ribbes en borsbeen gebreek.
Elise gelukig net baie kneusplekke en gekraakte ribbes. Hulle is vandag ontslaan uit Tzaneen hospitaal.
Ai tog en so verander 'n mens se opgewondenheid in 'n oogwink, soos Danie se, dit is met genade van Bo dat hulle darem nog die storie kan vertel.
En ons sit hier in spanning en wag vir die fotos en stories oor Die Eiland.
Danie, Elise julle is in ons gebede, ek weet julle is nou op pad huis toe, en ek wil julle nie pla nie, maar ons vertrou dat jy baie vinnig die hele verhaal self hier kan vertel.
Sterkte my maters ons dink gereeld aan julle.
Danie ek is bly om te hoor…
Danie ek is bly om te hoor dat julle OK is. ![]()
Baie sterkte Danie en Elise…
Baie sterkte Danie en Elise.
Dankie Arie dat jy ons op hoogte gehou het.
Eina, dit is groot skade,…
Eina, dit is groot skade, maar niks in verlykiging met wat kon gebeur het nie.
Sterkte vir jou en Elize Danie, julle is in ons gebede.
Ek sien Danie is vol op sy deur getref, groot genade dat dit nie erger is nie!!!
Eina, BAIE sterkte daar…
Eina, BAIE sterkte daar Danie en Elise, bly julle het nie erger daarvan af gekom nie.
Agge nee, ek is baie jammer…
Agge nee, ek is baie jammer om dit te hoor. Al die breuke wat Slowstrike het moet seker deksels seer ook wees! Sterkte met alles wat nou gesond moet word en herstel moet word.
Danie, dit is nie lekker om…
Danie, dit is nie lekker om deur dit te getref te word nie. Sterkte vir julle twee. Ek glo en vertrou dat julle volkome sal genees. Ek dra julle twee aan die Vader op
Sterkte daar, dit is nooit…
Sterkte daar, dit is nooit lekker nie.
Hoop almal spoedige beterskap.
ai dis slegte nuus, jammer…
ai dis slegte nuus, jammer om te hoor. hoop julle herstel gou
Jammer vir die skade en…
Jammer vir die skade en ongerief bly julle beterskap verbeter,wees sterk.
Baie sterkte Danie en Elise…
Baie sterkte Danie en Elise. So dankbaar dat julle lewens gespaar is. Voertuig en wat ookal kan vervang word maar nie 'n Lewe nie.





Eina!
Eina!, dit is groot gesukkel/ongerief om weer reg te kry!
Sterkte.