Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, ek kan nie "thumbs… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -1 hour ago
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -10 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -12 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -13 hours ago

My Flysheet is gedaan!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Gister toe ek my Camp Lite afslaan sien ek die tent se flysheet is gedaan! sad  Ek moet sê vandat ek die waentjie nuut gekoop het was die flysheet vir my die swakste punt in die hele ontwerp en moes ek dit al 'n hele paar kere laat herstel het asgevolg van skeure ens. 

Nou is die flysheet baie swak na die afgelope 5 jaar se kamp en begin hy oral op die strespunte skeur.  Ek is bevrees met nog een kamp, bietjie wind ens gaan dit heeltemaal flenters wees.

So, dit is seker tyd dat ek 'n nuwe flysheet laat opsit?  Ek sal defnitief nie weer dieselfde tipe materiaal gebruik as wat Jurgens gebruik het nie, want ek glo die flysheet behoort baie langer as die 200 dae te hou as wat ek ek uit dit gekry het?

Nou wonder ek waar sal ek gaan aanklop vir so iets en watse tipe materiaal ek moet laat opsit?

Centurion

Voortrekker

Thu, 18/10/2018 - 15:27

Ek dink die middelste 2 is baie nice gehalte, dis nou die dun nylon tipe wat ek vat en dan die ripstop canvas een.    Die ander 2 is jou standaard tipe silver seile, een bietjie beter en duurder as die ander.   

Baie nice.  Ek sien uit na my nuwe silver seil flysheet!

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 31/10/2018 - 05:41

So kry ek toe gister 'n boodskappie van Leani van All Out Gear want sy wil my net baie graag laat weet dat my tent se nuwe flysheet baie spoggerig lyk en sy dink ek gaan BAIE gelukkig en beindruk wees met die werk wat hulle gedoen het  laugh

Nou ja, ek kan nie wag om dit te sien en om hom te gaan kamptoets nie!  Wonder waar sal dit wees? 

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 06/11/2018 - 18:51

Ek hoor my tent se nuwe flysheet is klaar en ek kan dit hierdie week gaan haalsmiley  Blykbaar is dit 'n baie netjiese job wat gedoen is deur All Out Gear yes   Ek kan nie wag om dit te sien  en hom te gaan kamp hierdie komende seisoen nie!

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 06/11/2018 - 19:14

Beslis! yes

Wys ons asb.

Hulle gaan hom vir my opslaan sodat ek alles mooi kan bekyk as ek hom gaan haal en dan kan ek sommer foto's ook neem. smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus