Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die weer in Dullstroom Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -44 minutes ago
Son is rof Oktober 2026 saam gesels Geert -59 minutes ago
15 Oktober - vm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Swak personeel Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Fout begaan Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

FORUM NAVIGASIE EN UITLEG - KAMPFORUM!

Submitted by Admin on
Forums

Goeie dag lede.

Hopelik kan ek help om die verstaan en gebruik van hierdie webwerf te vergemaklik.   Ek het dinge ook so bietjie probeer vergemaklik deur indekse ens rond te skuif en so 'n paar strategiese verduidelikings hier en daar in te sit.

WEET ASB.   Hierdie webwerf doen 2 dinge-  NR 1 dit is 'n Forum platform  en NR 2 dit is (oorspronklik) 'n aanlyn lees blad webwerf tydskrif.

Die uitdaging is om altwee saam te laat werk.  Julle sal dus sien dat daar artikels ook hier en daar wegkruip wat nie direk gekoppel is aan die forum nie.  Die plan is om in die toekoms artikels te skryf en plaas op die webwerf.  Dan is daar forum onderwerpe, Insette en artikels.

Die artikels, en van die forum onderwerpe word onder die kampblad Indekse geplaas vir maklike en vinnige verwysing, sonder om deur forum indekse te soek.  Byvoorbeeld, onder die kampblad  Indekse is daar 'n sub indeks vir kampplekke -  let wel - dit is nie die FORUM se  kampplek indeks nie - en bevat slegs artikels en forum onderwerpe oor kamplekke met foto's.

As 'n lid 'n mooi en volledige Kampplek onderwerp in die forum genereer, dan sal dit ook onder die KapBlad artikels indeks geplaas word.  (stuur ook asb gerus 'n epos aan my anton@kampforum.co.za as jou artikel gemis is en jy dit in die indeks wil plaas - selfde met ander onderwerpe wat jy voel moet geplaas word - ek sal dit waardeer)

Dieselfde geld vir DIY onderwerpe, sleep goed / kamp goed onderwrpe en sal daar moontlik nog artikel indekse bygevoeg word.

 

KAMPBLAD TUIS BLAD:

Die TUIS Blad lees soos 'n tydskrif met opsommings (teasers) en skakels na oorspronklike artikels en forum onderwerpe.  Artikels en NUUS word op die TUISBlad geplaas en sekere FORUM onderwerpe en stories kan ook gekies word om op die TUISBLAD geplaas te word.

As jy 'n ARTIKEL wil plaas, onafhanklik van die forum , kan jy jou artikel inhoud en foto's aan blad@kampforum.co.za stuur.   Die artikel word dan genereer en in die Indeks geplaas, EN 'n forum onderwerp sal geskep word met 'n "aanhaling" en "teaser" foto met skakel wat na die artikel verwys.

 

HIERDIE WEBWERF is dus nie jou gewone forum nie.  Dit is 'n Aanlyn Tydskrif / Bron van kampinligting, mooi foto's en netjiese artikels wat gevorm word uit die insette en ondervinding van slegs Forum lede.   Mag dit nie net 'n klets en deel forum platform wees nie (ASB DIT OOK!)  maar mag dit ook iets wees om oor trots te wees en iets wat na die buitewereld skyn as 'n Bron van Kamp Vriendskap, Ondervinding, Kennis, Pret, Mooi en liefde vir Kamp en die buitelewe van Suiderlike Afrika!

Vaalpark

Johann L

Fri, 07/04/2017 - 15:42

Anton, ek dink dalk was daai spammers 'n bedekte seën.

Kyk nou hoe lekker loop die nuwe forum, dra ook asb ons dank aan jou vrou en kindjie oor, hulle het jou duidelik ondersteun.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus