Manyane Resort Pilanesberg

Algemene Inligting

Resensies

Lekker wegbreek vir 'n plaasvervanger vir die wille Krugertuin. Relatief naby aan Pretoris, Johannesburg omgewing met goeie toegangs roetes.

Pryse is baie billik, met groot afslag oor winter en stiltye.

Woonwapark is ruim uitgelê, baie bome, amper geen gras, maar groot staanplekke[~11mx11m] Grond is baie hard, neem maar boor saam vir penne. Ablusies lekker baie, ruim , skoon en alles werk.

Genoeg afleiding vir kinders--swembad, putt putt.

Laaste besoek: Augustus 2018

 

 

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Verskeidenheid tipe staanplekke
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Ja
0

Môre vriende

Sien asb my kommentaar met fotos onder opskrif [onderwerp] Manyane Pilansberg.

Weereens lekker daar gekamp gedurende Maart 2019.

Daar is ook 'n Putt-putt baan en dit wil voorkom of  daar ook 'n boogskiet baan kan wees. 

Woonwapark is skoon, met groot grond staanplekke. ek het nie getel maar dit lyk na 3 groot ablusieblokke. Lekker stort hokkies, so uitgelê dat jou klere en die aantrekvloer droog bly. Elkeen het sy eie deur vir privaatheid.  

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
Maart 2019
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Ja
Vir kinders?
Baie fasiliteite
0
Cape Town

creinke

Thu, 17/06/2021 - 09:03

Was vir 4 nagte daar in Apr 2021 ...  net na paasnaweek (vanaf kaapstad gery .. my nuwe Compass  boswa gaan haal in Rustenburg).

Kampplek lekker . Vrou het nie altyd warm stort water gehad nie.

MAAR  .. die paaie in die pilansberg wildtuin is vol duisende potholes .. ons nie daaran gewoond in weskaap. Kan nie diere soek nie .. moet oog op die pad hou heeltyd.

Winkel het nie baie verskeidenheid. Moet nie staatmaak om daar iets te koop .. net coke ens.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
7 uit 10
Kamp Datum
April 2021
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Ja
Ablusies
3uit 5
Sekuriteit
5uit 5
0
Centurion

henkrits

Mon, 27/09/2021 - 06:08

Groot staanplekke. Nie boor saamgevat nie, kon nie pluimbalnet of swingball in grond kry nie. Kamp was propvol, maar ongelukkig was daar vreeslik baie mense wat nie kampreëls gehoorsaam nie, drink en dan met hul karre jaag om af te show voor hul ander maatjies, kliphard hierdie eentonige musiek speel, tot 3 uur in die more suip en skree en raas, so dit het alles bederf. Almal kuier maar nou en dan in n kamp, dis te verstane, maar hierdie het die grense heeltyd oorskry. Bestuur het dit nie uitsorteer nie. As jy wil slaap en sulke eentonige vuvuzela musiek speel 4 uur in die more, is dit nie lekker nie. Die water was dag en nag koud, die opwasplekke het net 1 wasbak, so jy moet 2 gebruik as jy wil afspoelwater hê, en die badkamers was vuil (te min toilette vir so groot, vol kamp) en die toilette was so vuil ek het dit nie eens gebruik nie. Ongespoel, besmeerd, nie papier nie. Ek het al voorheen daar gekamp, ook koue water gehad en dit was nie toe so vol mense nie, so daar word nie plan gemaak met die ablusie nie. Dink hul laat te veel mense in vir wat terrein kon hanteer. Dagbesoekers by raasmakers het 00h00 in more teen 100km/h deur park gejaag met hul gesuipte lywe en Audi's en BMW's. Laaste keer daar, dankie.

Beveel jy hierdie plek aan?
Nee
My Gradering
5 uit 10
Kamp Datum
23 - 26 Sep 2021
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
Ablusies
0uit 5
Sekuriteit
3uit 5
Vir kinders?
Slegs speelpark
0
Vaalpark

Johann L

Thu, 12/10/2023 - 08:50

Ons het saam met my dogter-hulle hier gaan kampeer, die brand het geen impak op die oord se woonwa Park gehad nie, en alles het normaal gefunksioneer by die oord self.

Die reservaat se toegangs hek is totaal af gebrand en ons moes die ingangs fooie by die "inligting punt" waar die safari voertuie begin, gaan koop.

Danksy Geert se tip, het ons, selfs op die reeds lae prys van pensionariste 50% korting op dag ritte gekry. R20.00 per pensionaris is sowaar verniet.

Die oord self is veilig, ons het geen oomblik onveilig gevoel nie.

Daar is 'n swerwende wag wat snags rond beweeg, en bedags is daar toegangs beweer by die ingang.

Ek kan min verkeerd sê van Manyani woonwa park.

Die kafeetjie is maar power en mens moet maar sorg dat jy alles wat nodig is saam vat.

Die restourant is nie buitensporig geprys nie, en die kos is  uitstekend, daar is ook 'n kroeg vir die dors mense.

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
2 tot 9 Okt 2023
Koste
R477.00 per staanplek
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
Ablusies
4uit 5
Sekuriteit
4uit 5
4x4 attraksies
4X4 roetes
Vir kinders?
Slegs speelpark
rolstoelvriendelik
Ja
0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 27/03/2025 - 16:41

Mense, die lieflike plek is besig om agteruit te boer. Ons was daar van 23 tot 27 Maart 2025.

Alles wat afgebrand het, lê nog netso. Die hoofkompleks is nog net soos na die brand, daar is nie eers 'n beduidenis van opruim nie.

Die paaie in die park, veral die teerpaaie is amper onrybaar. Dit is net slaggate oral. Die grondpaaie was verstommend, na die baie reën, in heel goeie toestand.

Die woonwapark is onversorgd, en dit voor die skoolvakansie. Die staanplekke is oortrek met onkruid, wat plekplek kuithoogte staan. die bome moet 'n slag gesnoei word sodat woonwaens kan onderdeur. 

Dit lyk of die putt putt baan ook onversorg is.

Een middag tot volgende oggend was die kamp ook sonder water. Weliswaar moes hulle toedraai om 'n lek te herstel. Aangesien daar net 5 waens was, was dit seker maar die beste tyd om dit te doen.

As ek kyk na die ou geisers wat buite lê, word nuwes in party ablusieblokke gesit.

Sal ek weer gaan----seker maar, dit bly naby en ons is soos die padda in pot warm water.   

My Gradering
5 uit 10
Kamp Datum
Maart 2025
Koste
R1425 vir 5 aande, 2 grootmens
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Gras en grond opsies
Ablusies
4uit 5
Sekuriteit
3uit 5
Vir kinders?
Slegs speelpark
rolstoelvriendelik
Ja
0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus