Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Puppy Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -27 minutes ago
Rona en Wessel Goeie hout se Noord & Oos… Goeie Hout -30 minutes ago
Nou kan ons.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
maand in Onrus.... Goeie hout se Noord & Oos… Wessel Strydom -1 hour ago
Braai Eenvoudige Hoender Potjie -… Geert -1 hour ago
Ek begin iets regkry Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago

Hoë Kilos - uithouvermoë

Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel
Submitted by GeesWatWandel on
Forums

My 2013 Nissan Navara wat ek nuut gekoop het, het vandag 170 000 kilos op die klok geslaan. Gaan kyk hoe ver ek hom kan vat. Miskien 300 000, dalk n half  miljoen? 

Hoe lyk julle dinge?

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 16/11/2018 - 09:05

Die Ford is nou amper by sy 150,000km merk, wat beteken hy is nou mooi ingeloop.  My Garmin wys sy hoogste spoed was 209km/u.  So hy moet nog meer as dit verdubbel.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 16/11/2018 - 09:24

Praat so van prolong, 'n vorige kollega het 'n soortgelyke middel (kan nie naam onthou nie) in sy ouerige VW Passat gegooi net voor sy vakansie. Moetook sê dat hy nie die oorlooppyp op die plastiese bottel kon kry nie en sny toe die knop op die plastiese bottel af. By Pietermaritzburg oornag en daar kom hy toe agter dat iewers waterlek. Enjinkap oop en sien toe dat dit die pyp op die bottel is wat lek. Draai die toe weer stywer. Volgende oggend ry hy toe aan sy sy vakansie plek by umdloti. Oppad sien hy toe dat die temp styg na die H merk op die meter. By umdloti aan gekom maak hy weer toe die enjinkap oop. Sien toe dat die pyp op die bottel af gekom het, dus niks water nie. Het die pyp weer opgesit. En water bietjie vie bietjie aan gevul terwyl die enjin luier. het nog met die voertuig huiswaarts gekeer sonder probleme. ek dink sonder daai bymiddel sou die enjin vasgebrand het.

Jammer effens afgewyk van die draad in 'n mate 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus