Ons kan seker nie al die gepratery oor die Super Rugby op die Superbru draad laat gebeur nie. So, vir die van julle wat net wil gesels oor die wedstryde begin ek die draad.
So speel my span, Lions, vandag teen die Stormers. En die Stormers wen 19-17, nadat die Lions in die eerste helfte die wenspan was. Die Stormers het in die tweede helfte teruggekom en hul ding gedoen. Warren Whiteley het alweer 'n spier geskeur en sal vir lank nie kan speel nie. So lief as wat ek vir hom is, lyk dit my sy rugbyloopbaan bestaan meer uit beserings as iets anders. Kwagga was darem 'n ligpunt. Ek hoop hy maak hierdie jaar die Springbokspan.
Ek is natuurlik suur dat die Lions in die 85ste minuut van die wedstryd verloor het. Dalk is dit 'n goeie ding, hoop hulle leer 'n les, sommer hier vroeg in die toernooi. Geluk aan die Stormers ondersteuners, in elk geval.
Dit lyk my ons rugby liefhebbers moet maar aanvaar dat ons spanne nie meer in tradisionele kleure gaan speel nie. Vandag, met die comic klere, dra die Lions blou en rooi, wat eintlik tradisioneel meer Stormers kleure is. Aan die ander kant dra die Stormers rooi en swart, wat eintlik meer tradisioneel Lions kleure is. Die twee spanne lyk so dieselfde dat dit vir spelers, skeidsregter en toeskouers verwarrend is. Halftyd besluit hulle die Stormers moet ander klere aantrek, toe kom hulle op die veld met swart en goud.
Hopelik gaan Currie Beker klere nog so bietjie tradisioneel bly. As mens oud raak hou jy nie van al die veranderinge nie.
Die Stormers was 200% beter…
Die Stormers was 200% beter en die Bulle 200% swakker. Maar nou ja, dit is nie meer 'n geval van kom ons gaan gou Argentinie toe vir 5 punte nie
Moet nooit n ander span…
Moet nooit n ander span onderskat nie ........
Moet nooit n ander span…
Moet nooit n ander span onderskat nie ........
Veral nie 'n kapenaar nie ![]()
Hierdie span van my gaan my…
Hierdie span van my gaan my nog hartversaking kos, Sharks speel altyd mos in een helfte, dan vededig hulle die ander helfte. Super rugby is 'n maraton, en sover lyk die Sharks baie goed. Lions het nie verloor nie !! Seconds het hulle die game gegee, saam met sy maatjie wat vlag waai. My simpatie lê by die Lions. Bulle wat maak julle !!
En daar doen die Bulle wat…
En daar doen die Bulle wat hulle moet doen maar ek het anders op SB gespeel ![]()
Baie geluk met julle mooi game Bulle ![]()
Sjoe, nee my span is besig…
Sjoe, nee my span is besig om bollie aan te vang hierdie jaar. Die Lions het nou uit en uit hierdie verloor verdien. Sit druk op hulself met al die foute wat hulle maak. Welgedaan aan die Bulls, hulle het regtig baie goeie spelers hierdie jaar. Vermeulen, Brits en Pollard was die generale van die wedstryd. As hulle so aangaan, gaan die Bulls hierdie jaar bo eindig.
Ek sien almal se geld is…
Ek sien almal se geld is oppie Sharks en daar is nie veel vertoue in my span nie. Kom nou Stormers - ek weet julle kan! ![]()
Antie
Ek reken dit het tyd geword dat jy Colin se span begin ondersteun.
Ek het die Stormers waaragtig geen kans gegee om die Sharks vandag te wen nie. Maar dit was lekker om te kyk. Ons is maar so 'n ou minderheidsgroepie (o.a. Voorie, Harry en myself) - maar donkie (amper sê ek 'donner') dit was lekker om vandag 'n Stormer te wees na 2 weke gelede se skandes op Loftus.
He-he, Colin was self…
He-he, Colin was self verbaas oor die wen van die Stormers. Nee, Chris, ek bly 'n Lion deur dik en dun..... ![]()
ek bly 'n Lion deur dik en…
ek bly 'n Lion deur dik en dun
Ek het 'n gevoel dat dit vanjaar meer dun as dik sal wees.
Dit wil amper so voorkom,…
Dit wil amper so voorkom, Chris.
Maar my span is my span. Dalk surprise hulle my nog.![]()
Colin was self verbaas oor…
Colin was self verbaas oor die wen van die Stormers.
Nou waar is julle vertroue dan? Colin? Harry?
Die rugby is heeltemal…
Die rugby is heeltemal deurmekaar.
Lions wen in Argentinië
Bulls verloor in Argentinië
Stormers wen Bulls eers op Nuweland. Kry 'n week daarna helse loesing op Loftus.
Stormers gaan wen Sharks in Durban.
Bulls wen Lions op Ellispark.
Ek kyk gladnie rugby aangesien ek nie premium DSTV pakket het nie. Sodoende het ek lekker kalm naweke met geen stress. Sien net uitslae.
Hennie
Dit maak ook nooit vir my sin nie.
Ek is n Stormer en het gesê ons gaan Bulle wen, toe trap hulle ons. Daar na sê ek toe ons gaan verloor teen Lions en Sharks.
Nou hoe nou. Nog geen punte uit my span gemaak nie. Het probeer speel met my kop en nie my hart nie.






Ek is bly oor die wen. Soos…
Ek is bly oor die wen.
Soos ek gesê het ek vat die wen soos hy kom.
Hang seker maar aan wie se kant jy is.