Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -30 minutes ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie hout se Onderrok November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Reën November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Hallo Almal en Wessels November 2026 Goeie Hout -2 hours ago

Super Rugby 2019

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on

Ons kan seker nie al die gepratery oor die Super Rugby op die Superbru draad laat gebeur nie.  So, vir die van julle wat net wil gesels oor die wedstryde begin ek die draad.

So speel my span, Lions, vandag teen die Stormers.  En die Stormers wen 19-17, nadat die Lions in die eerste helfte die wenspan was.   Die Stormers het in die tweede helfte teruggekom en hul ding gedoen.  Warren Whiteley het alweer 'n spier geskeur en sal vir lank nie kan speel nie.  So lief as wat ek vir hom is, lyk dit my sy rugbyloopbaan bestaan meer uit beserings as iets anders.  Kwagga was darem 'n ligpunt.  Ek hoop hy maak hierdie jaar die Springbokspan.

Ek is natuurlik suur dat die Lions in die 85ste minuut van die wedstryd verloor het.  Dalk is dit 'n goeie ding, hoop hulle leer 'n les, sommer hier vroeg in die toernooi.  Geluk aan die Stormers ondersteuners, in elk geval.

Dit lyk my ons rugby liefhebbers moet maar aanvaar dat ons spanne nie meer in tradisionele kleure gaan speel nie.  Vandag, met die comic klere, dra die Lions blou en rooi, wat eintlik tradisioneel meer Stormers kleure is.  Aan die ander kant dra die Stormers rooi en swart, wat eintlik meer tradisioneel Lions kleure is.   Die twee spanne lyk so dieselfde dat dit vir spelers, skeidsregter en toeskouers verwarrend is.  Halftyd besluit hulle die Stormers moet ander klere aantrek, toe kom hulle op die veld met swart en goud.

Hopelik gaan Currie Beker klere nog so bietjie tradisioneel bly.  As mens oud raak hou jy nie van al die veranderinge nie.   

 

Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Sun, 24/02/2019 - 08:18

Die Stormers was 200% beter en die Bulle 200% swakker. Maar nou ja, dit is nie meer 'n geval van kom ons gaan gou Argentinie toe vir 5 punte nie

0

Hierdie span van my gaan my nog hartversaking kos, Sharks speel altyd mos in een helfte, dan vededig hulle die ander helfte. Super rugby is 'n maraton, en sover lyk die Sharks baie goed. Lions het nie verloor nie !! Seconds het hulle die game gegee, saam met sy maatjie wat vlag waai. My simpatie lê by die Lions. Bulle wat maak julle !!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 02/03/2019 - 17:12

Sjoe, nee my span is besig om bollie aan te vang hierdie jaar.  Die Lions het nou uit en uit hierdie verloor verdien.   Sit druk op hulself met al die foute wat hulle maak.  Welgedaan aan die Bulls, hulle het regtig baie goeie spelers hierdie jaar.  Vermeulen, Brits en Pollard was die generale van die wedstryd.  As hulle so aangaan, gaan die Bulls hierdie jaar bo eindig.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 02/03/2019 - 19:54

Ek reken dit het tyd geword dat jy Colin se span begin ondersteun.

Ek het die Stormers waaragtig geen kans gegee om die Sharks vandag te wen nie. Maar dit was lekker om te kyk. Ons is maar so 'n ou minderheidsgroepie (o.a. Voorie, Harry en myself) - maar donkie (amper sê ek 'donner') dit was lekker om vandag 'n Stormer te wees na 2 weke gelede se skandes op Loftus.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sat, 02/03/2019 - 20:50

Ek is bly oor die wen.

Ongelukkig was my geld op superbru op shark angry

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 04/03/2019 - 13:14

Ek ook Stomers v verloor gegee ja naweek wat verby was lelik op my neus of is dit op my moe- gekry

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 04/03/2019 - 13:24

Die rugby is heeltemal deurmekaar.

Lions wen in Argentinië

Bulls verloor in Argentinië

Stormers wen Bulls eers op Nuweland. Kry 'n week daarna helse loesing op Loftus.

Stormers gaan wen Sharks in Durban.

Bulls wen Lions op Ellispark.

Ek kyk gladnie rugby aangesien ek nie premium DSTV pakket het nie. Sodoende het ek lekker kalm naweke met geen stress. Sien net uitslae.

 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 04/03/2019 - 18:59

Dit maak ook nooit vir my sin nie.

Ek is n Stormer en het gesê ons gaan Bulle wen, toe trap hulle ons. Daar na sê ek toe ons gaan verloor teen Lions en Sharks.

Nou hoe nou. Nog geen punte uit my span gemaak nie. Het probeer speel met my kop en nie my hart nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus