Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jitte Wessel, November 2026 Rona du Plessis -11 hours ago
Brandstof kersgeskenk ???? November 2026 Wessel Strydom -15 hours ago
Skerp! November 2026 Rona du Plessis -17 hours ago
Tax free savings account November 2026 Geert -19 hours ago
Groot G... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -1 day ago

Meiringskloof- Oos Vrystaat

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

My volgende uitstappie begin komende Sondag. Dan vat ek die pad Oos Vrystaat toe.

Ons gaan in Meiringskloof kamp, net buite Fouriesburg, en vandaar die omgewing verken. Ek gaan selfs probeer om tot by die Katse dam in Lesotho te kom. Dit hang natuurlik af van my geduld by die grenspos.

Ek het op Meiringskloof besluit, bloot omdat hulle spog met 24 uur sekuriteit. Tot op hede is ek blykbaar die enigste bespreking vir volgende week, wat beteken, alleen in die woonwapark. Op sigself 'n effe ontstellende vreemde ervaring.

Sal julle ophoogte hou.

Wessel 

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 25/03/2019 - 09:29

Daar loop nou reeds op tv Weg agter paaie waar hulle deur die vrystaat ry daai area waar jy gaan Wessel is besonders mooi geniet ons hou die draad dop

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 25/03/2019 - 14:52

Middag Frikadel en ander 

Ek sien jy verwys in ander skrywe na jou "kettie ". Nou, met verwysing na bostaande, dink jy ek moet 'n kettie saamneem?

Aan die eenkant oorweeg ek dit, maar dan weer--wat maak mens daarmee as jy rondloop? Dra mens dit maar saam, want by woonwa kan mens dit nie los nie.

Groete

Wessel

 

0

Nee mater, eerder Peacefull Sleep, laas toe ek daar was het die Muskiete my leeg gesuig!!

Bygese, daai kloof kan nogal scary raak in die nag, veral as jy daar alleen staan.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 25/03/2019 - 15:14

Middag Frikadel

Dankie vir die tip, en die muskiete is juis so lief vir my. 

Behalwe vir die suiglappe, het julle dit andersins daar geniet

Wessel

0

Ek en my pelle gaan altyd soontoe met die scooters, en ja, ons het dit baie geniet. Lekker sentrale plek om Clarens, Lesotho en al daai plekkies te verken.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 29/03/2019 - 10:01

Middag vriende

Ek vertrek DV komende Sondag na Meiringskloof. 

As julle dus teen 8 April nog niks van my gehoor het nie, stuur tog asb 'n soekpatrollie, met Frikadel as leier. Hy sal weet hoe om daar te kom.

Ek is net bekommerd dat ek van alle bloed gedreineer word deur suiglappe. oftewel muskiete.

Ek verneem die Vrystaat is 'n "ACE" provinsie.laugh

Wessel

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 29/03/2019 - 10:52

Wessel, julle moet die oos Vrystaat gaan geniet. Dit is lekker stil en rustig daar. In Fouriesburg is ook n paar plekke om te besoek en besoek maar Modern slaghuis op die hoek en stuur groet vir Japie.

Ons het so 1 en half jaar terug 'n familie saamtrek daar gehou en ons het geen moeilikheid daar gehad nie. Ek glo dat dit nog so is daar. Gaan groot en geniet die skoon vars lug van die oos Vrystaat

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 08/04/2019 - 08:20

Môre vriende

Ek is terug in land van internet toegang, en het Meiringskloof oorleef.

Ek sal sodra die fotos gekrimp is, probeer om dit te laai. Daarmee saam sal ek dan terugvoer gee oor Meiringskloof kampeerplek.

Die Oos Vrystaat bly mooi, maar o genade die paaie is nog vrotter as die in Wes Transvaal. Tussen Ventersburg en Kroonstad het mens net 1 baan, die hele N1 word opgradeer. Die deel wat klaar is, ry soos 'n droom. Die N5 is ook in goeie toestand, maar die agterpaaie is swak.

Die woonwapark in Golden gate is halveer. Daar word nou 'n massiewe ope lug museum en omgewing opleiding sentrum gebou. Gelukkig het ek nie daar bespreek nie. Dit is net uitgrawings en konstruksie werk/werkers waar jy kyk.

Groete

Wessel

0
Marlands, Germiston

Jaada

Mon, 08/04/2019 - 16:52

Gebruik nie meer die karavaan park by Goldengate. Staan nou eerder by die Bus Stop se karavaan park (langs kiara Lodge. Baie mooier park, amblisies net baie rustic. Jy kan dan ook die winkel en restaurant by Kiara Lodge gebruik. Baie beter sekuriteit - is nou maar skrikerig vir Golden Gate met nie eers 'n toegangs hek en die padverkeer geraas bietjies te erg.

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 12/04/2019 - 11:14

Kom ons probeer hier fotos laai, ek kry niks ingevoer onder resensies nie.

Hopenlik kan ek hier iets skryf en noem van Meiringskloof. Lekker gekamp in fantastiese natuurskoon. Omring met berge, en onder massiewe bome. 

Enigste klagte is ou ablusie gebou, maar alles werk, tot baie warm water.

Groete

Wessel

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/02/2023 - 16:13

Middag vriende

Ek sien iemand het ons forum ingelig dat die oord opgradeer is. Ek het gou gaan loer na hulle "nuwe" webblad. Ek is oortuig dat die opgradering van die ablusieblok beslis 'n verbetering is. 

Ek sal egter hoop dat hulle in die proses ook van die staanplekke "level", en dreineer voordat hulle gras hervestig. Ek moes tevore die Kavango se een wiel op 'n sementsteen trek om darem gelyk te kom.

Ek mis egter die tariewe op die webblad. Dalk het ek soos my blaker gesoek, maar dit help nie om die persentasie korting te toon, maar nie die normale tariewe nie.

Dit bly 'n mooi omgewing, en die oord is asemrowend mooi.  Ek hoop hulle trek binnekort baie besoekers. Ry net asseblief die toegangspad uit die dorp vol met gebreekte bakstene. Ek het laaskeer die groot reen daar getref, en gebrul deur die modderpad.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/02/2023 - 19:01

Naand Johann

Sien jy nou, daar slaan ek alweer my naam met 'n plank. Ek het gou gaan kyk, en wel gevind.

ek hou daarvan as die webblaaie die belangrike info sommer aanbied onder "home" en dan 'n opskrif "tariewe".  Daai buite seisoen tariewe is aanloklik. 

Net jammer dis op die kortste so 480km van Brits af. Die afstand kompeteer met 530km tot by Malelane heklaugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus