Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -14 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -14 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -18 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -22 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -23 hours ago

Aasvoëlkrans Groepsfoto Junie 2019

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on

f

f

Die groepsfoto van ons afgelope saamtrek by Aasvoëlkrans.

Kliek hieronder om die hoë resolusie foto's te sien of af te laai!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 20/06/2019 - 08:59

Ek sê weer, dis darem 'n groot klomp mense !  Wat was die verhouding Kampforum/CCSA ?

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 20/06/2019 - 09:08

Len Kampforum was 39 (uitsluitend ski-hulle) + 4 gaste , maar daar is 6 wat nie op die foto is nie.    Ek skat CCSA was so 75?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 20/06/2019 - 09:30

Dit beteken omtrent 36% van die groep was Kampforum mense.

Is daar ná die naweek van ons mense (Kampforum-mense) wat begeesterd geraak het om by 'n karavaanklub aan te sluit ?

Ns. Dit klink na 'n sarkastiese vraag, maar ek bedoel dit nie so nie.  Baie mense is gek oor karavaanklubs en ander haat dit weer.

0
Pretoria

leeu

Thu, 20/06/2019 - 10:19

Ek het saam gekamp die naweek en sal nie by 'n klub aansluit nie. Dis niks wat CCSA gedoen het wat my afsit nie, inteendeel hulle was net goed vir ons met etes wat bestel was, maar dis net nie my styl van kamp nie. Ek hou daarvan om "vry" te wees om te doen wat ek wil.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus