Hand stort vs vaste stort
Is die Kavango se stort net 'n handstort of kan dit ook gemonteer word soos 'n gewone stort teen die muur
Myne kan teen die kant monteer word, maar ek gebruik dit net as hand stort. Ek vind dis makliker om jou lyf en hare met minder water nat te kry en af te spuit.
Handstort
Middag Len
Myne is beslis net 'n handstort. Mens sal dit met moeite kan verander omdat die 2 sykante plastiek is, om die in/uit stoot toe te laat. Die "agterste muur, maw die deur[sypaneel] wat uitstoot is veselglas. In my Kavango is die afklap gesigwasbak en die toilet daarteen gemonteer. Die wasbak klap dan af aan die bokant van die toilet, en sy water word voorsien uit die stortkop.
Ek het nogal gewone "Kreepy crawly" pype gekoop om die gryswater weg te lei na 'n gat. Ek hou egter meer van julle idee om dit op te vang in 'n emmer/houer en dan in drein te gaan gooi.
In 2019 het mense met 'n Kavango langs my gestaan in Satara, die keer wat ek vir Chris B en Ralie in persoon ontmoet het. Die bure het elke dag in hulle wa gestort, en die water het maar net uitgeloop en gelukkig net hulle staanplek ordentlik benat. Daar het ek besef dat dit nie so gedoen kan word nie.
Lengte van.....
Hello Chris S
Jy is korrek, my badkamer skuif seker amper ongeveer 1.5m uit. Ek het my al amper 'n paar keer misgis daarmee, en dan is daar gewoonlik 'n struik of boom in die pad.
My stortpan hak aan beide kante, voor die toilet en by die wa se deurdrumpel in.
Stort bad ...
Ek gaan dit hier plaas (seker die beste gesprekslyn)

Hier is die fb skakel.
Ek bou pvc stort vloer vir jou karavaan, met n uitlaat waar jy n tuinslang kan op koppel, vou lekker op. Daar is n 1mx1mx20cm of n 950x950x200mm @R750 en courier kostes R150. Ilze 066 258 8282
Gryswater:
Wessel, so gebruik ek my gryswater 20 liter kan wat soos Chris s'n, op sy sy lê.

Willem ek onthou van daai…
Willem ek onthou van daai stort bakke wat jy elders op gesit het, maar ek wil nie meer geld op iets uit gee wat min gebruik gaan word nie. Die prys was nie vrek baie nie, maar posgeld, 'n stort "kamer" en als wat moet by kom, raak bietje swaar vir jy sak.
Voorste bed en afhak
Môre vriende
Na aanleiding van Chris S se opmerking op Chris B se Sloer-toer inset,
ek hak ook maar af en dan maak ek die Kavango oop, vir oorslaap. Ek het nog nooit probeer nie, maar ek twyfel of mens die voorste bed oopgemaak sal kry met jou kombinasie gehak. Moontlik sal ek dalk ook nie die trokkie en kappie oopgemaak kry nie. Dit sou nogal baie tyd gespaar het, indien dit moontlik was.
Ek kan.....
Ek kan nou nie ry waar ek wil soos julle Kavango ouens nie, maar met my waentjie is oorslaap absoluut geen probleem nie - haak nie eers af nie, laat sak net die stutte en in die bed is ons !
Hier slaap ons oor by Benmarie in Witrivier oppad Kruger Wildtuin toe en dit sal weer die geval wees volgende jaar op 2 Mei 2022 :-
Afhaak of nie
ek twyfel of mens die voorste bed oopgemaak sal kry met jou kombinasie gehak. Moontlik sal ek dalk ook nie die trokkie en kappie oopgemaak kry nie.
Omdat my Fordjie se spaarwiel op die agterdeur sit, sal die Kavango se voorste bed vir seker nie kan oopmaak terwyl dit gehaak is nie. Ek sou natuurlik ook nie die agterdeur van die Fordjie kon oopmaak nie.
Toe ons Julie wildtuin toe en terug is, het ons by elke oorslaap plek oppad daarheen en terug ook die wa afgehaak. Die rede was omdat daar nie genoeg plek was by enige van die drie (twee Lekkeslaap en skoonouers in Potch) om die kombinasie agter mekaar (selfs gehaak) te parkeer nie. Ek kan ook nie werklik aan enige oord waar ons al was dink, waar dit op ‘n staanplek moontlik sou wees sonder om die buurman te verontrief of in die pad te staan nie. En my kombinasie is nie naastenby so lank soos iemand met ‘n dubbel as wa s’n nie.
Soos Len
Ons maak ook soos Len. Haak af, "level", krag aan en voila - nou wag net 'n goue koue of 'n ou Skotse drankie. Ek het slegs eenkeer, as ek reg onthou, nie afgehaak nie. Dit was toe ons een aand in Malelane-kamp oorgestaan het op pad Berg-&-Dal toe. Maar ek het dit ongemaklik gevind om van die goed wat ek agter in die Hilux saamry uit te haal met die aangehakte wa.
Oorslaap
Ons maak ook soos Len. Haak af,.........
ChrisB, net 'n regstelling, tydens oorslaap haak ons juis nie af nie. Verder, die P/F se agterdeur slaan boontoe oop, die spaarwiel is onder die voertuig en ek kan dus maklik die agterdeur oopmaak terwyl die kombinasie gehak is. Gewoonlik het ons niks nodig uit die P/F wanneer ons oorslaap nie, maar indien wel is die drie deure van die SUV beskikbaar om dit maklik te doen.
By ons gebruiklike oorslaapplekke het ons geen probleem om aangehak te bly nie :-
- Karoo NP by Beaufort-wes
- The Vale noord van Beaufort-wes
- Riverside suid van Kimberley
- Reynekepark in Bloemfontein
- Benmarie in Witrivier (foto hierbo)
- Safari Spa Phalaborwa
- Kampe in die Kruger Wildtuin (dit gebeur selde, maar tog dan en wan oppad na 'n ander kamp)
- Smutshuis in Centurion
- Joos Becker in Pretoria (nie meer nie vanweë swak toestand)
- Yellow Sands, Oos-Kaap
Ek laat sak wel die neuswiel-pyp (sonder die trippel-wiel) om die druk op die P/F se suspensie iewat te verlig en dan natuurlik die vier stutte vir stabiliteit.
Ek het ook 'n spesiale verlenging waarmee ek 220V voorsien na die Edesa vrieskassie agter in die P/F en dié prop ek sommer by 'n kragprop aan die tentkant van Exclusive in.
Noudat ek daaraan dink, oor die jare heen maak 'n mens darem die kampding en die slepery wat daarmee saamgaan sommer lekker gemaklik !
Jammer.....
Verskoning Wessel, ek kom nou eers agter ek bemors 'n draad wat eintlik gaan oor "Kavango raad".
Geen probleem
Môre Len en al die ander vriende
Dit maak mos nie saak nie, so gesels ons almal lekker saam.
Ek los ook my 2de vrieskas [NL] agterop die trokkie, en lê ook natuurlik krag aan vanaf die wa. Ek het voor op die raam 'n BH-prop byderhand, en ook 'n 220v prop in die neuskas. Ek los die een syvenster so effens oop, dat die warm lug kan ontsnap.
Ons het baie gesukkel om by Red Sands ons gelyk staan te kry, ek het seker 3 keer afgehak, aangehak, om die ablusie om weer te probeer. Eindelik het ek 'n gaatjie gegrawe vir die voorste poot op die A-raam. Met die terugkeer huistoe, slaap ons presies op dieselfde staanplek oor. Baie maklik gewees, die gaatjie was nog daar, en beterhelfte moes net sekermaak ek stop sodat poot in die gaatjie kan sak.
Wat ek in die proses geleer het, en ook Julie in Balule----haal die verdomde rem-noodkabel af, voordat jy die wa ontkoppel. As die wa net effe skeef trek[loop] met afhaak, dan trek die ding so vas dat mens jou blaker afsukkel.
Ook geleer by Balule !
Wat ek in die proses geleer het, en ook Julie in Balule----haal die verdomde rem-noodkabel af, voordat jy die wa ontkoppel.
Wessel, ek het juis die teenoorgestelde geleer by die einste Balule, twee maande voor jy daar was. Ek het die noodkabel verwyder voordat ek die wa afgehaak het en toe ek afhaak, hardloop die wa agteruit, binne-in 'n boom ! As die remkabel nog aan die P/F gekoppel was, sou dit die handrem opgetrek het en sou ek nie die skade gehad het nie Ek doen dit nooit so nie en waarom ek die remkabel ontkoppel het voor ek afgehaak het dié dag , weet nugter alleen.
Ns. As ek tik, wonder ek altyd of die karavaan aangehak word of aangehaak word. Ek het nou my HAT nader getrek en alhoewel dit nie spesifiek bespreek word nie, lyk dit vir my dit moet wees jy haak jou karavaan aan die sleepvoertuig. En verder word jou voertuig se sleepbal ook 'n haak genoem. "Hak" is die gedeelte van 'n mens of dier se liggaam naby die voet.
Noodrem werk gewoonlik nie agteruit nie
"Hak" is die gedeelte van 'n mens of dier se liggaam naby die voet.
Eerstens baie dankie hiervoor Oom Len. Ek het maar nog altyd my smoel gehou daaroor want ek wou nie beterweterig klink nie, so ek is bly Oom het ons almal nou opgevoed sodat ons hakke nie haak nie.
Sou die noodrem die Exclusive gestop het? Die Kavango se inloopremme werk net om vorentoe beweging te keer. Al is die Kavango se handrem al die pad opgetrek kan ek dit nog agtertoe stoot. Dis mos so ontwerp sodat mens die wa met jou sleepvoertuig agtertoe kan stoot. Dalk sou die kabel dan net onnodig gebreek het?
Noodrem
Môre Chris S
Ek het van dag 1 af, dus van my '97 Fleetline, die Palma en nou die Kavango;
1] ervaar dat die handrem nie agtertoe werk nie
2] dus hanteer ek dit sodanig, sorg altyd dat daar 'n klip of, stene agter die wiele gepak word voordat ek afhaak. Ek ry inderwaarheid my eie plaveiselstene saam vir 'n noodgeval.
Ek het ook 'n klomp houtblokkies wat permanent op die trokkie bly, om onder die domkrag te plaas in die geval van 'n papwiel. Die trokkie se domkrag se slag mag dalk net te kort wees om die Kavango se stywe wiel genoegsaam op te lig van die grond af.
Inlooprem :
Inlooprem : In my Exclusive se geval sal die rem in 'n agteruit-beweeg situasie inskop as die handrem heeltemal, terug opgetrek word - met ander woorde, die die heel eerste beweging van die wa agtertoe sal rem-vry wees, maar dan sal die rem aktiveer die oomblik as die handrem heeltemal opgetrek is deur die remkabel.
In die geval van my Balule-ongelukkie sou die kabel beslis gehelp het as dit om die sleepbal gehaak was en sou nie sommer gebreek het nie want spoed was nie ter sake nie - die wa het maar stadig begin agteruit loop want die helling was maar baie effentjies.
Tent verander
Middag Chris S
Jy het nou 'n ding in my kop geplant met jou voorstel. Hier oorkant die Magaliesberg is 'n baie handige woonwa bouer. Hy en sy werkers stik sommer ook die bypassende tente. Ek gaan hom vra vir idees, of joune se fotos wys. Jy het mos erens op die forum dit geplaas of nie?





Stort en toilet
My Kavango het net ‘n stort. Ek kan nie dink hoe mens ‘n toilet ook kan inpas, tensy die uitskuif deel baie langer is as myne nie. Lg se stortpan skarnier aan die binnekant van die deur wat uitskuif. Wanneer die deur uitgeskuif is, het die stort seil kante en die pan haak oor ‘n lip in die wa. Die anderkant wat skarnier rus op ‘n raam met pote soos Wessel genoem het. Dis hoekom ek maklik die gryswater kan opvang in ‘n 20l drom. Ek sit lg op sy kant, skuif dit onder die stortpan in, en die stortpan se dreinpyp druk in ‘n gat wat ek in die kant van die drom gesny het.