Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len Len gaan weer Kruger Wildtuin… Jan Meyer -16 minutes ago
More,Ons is geboek vir… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -1 hour ago
Daarshy! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Voortrekker -2 hours ago
bollie vraag gewees Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -3 hours ago
Len, Len gaan weer Kruger Wildtuin… Johann L -3 hours ago
Antwoord op Wessel se vraag Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -3 hours ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Brits

Wessel Strydom

Sun, 11/09/2022 - 07:37

môre neef Herman

.... so na my hart. Hoekom dink jy is ek April maand vanaf die KarooNP, deur Meiringspoort om N2 langs te toer. Ek wou vir Marie die mooi [aanloklikheid] van daai omgewing wys. 

Wat van 'n plekkie in De Rust, net 40km verder George toe, as van Oudshoorn af. Lekker uit die soutlug, tussen die gebrul van volstruise.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 11/09/2022 - 08:40

... ek hoop jy kan bykom daar waar jy jeuk. Ek stem saam met Neef - jy klink alte jeukerig.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 11/09/2022 - 10:00

Herman, oorweeg jy dit om as onafhanklike in die volgende verkiesing te staan ?  Indien wel behoort jy goed te vaar met die bymekaar maak van ondersteuners, al kom party van hulle uit Noordwes.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 11/09/2022 - 10:32

Len kan jy indink as ons klomp n party stig, net genoeg handtekeninge kry. Klink soos die radio se "Hans breek die bioborrel".

 

Nou Wil ek vir ons Dr Strydom bietjie raad gee op sy "Kavango raad" gesprek.

 

Wessel. neem n paar foto's en plaas dit by Gum Tree, moet nou nie staan en vasklou nie. Jy het meer verstand as ons gemiddelde kamper, maar somtyds begin ek wonder.

 

Dan kom jy en Marie af op n road trip, en kom voel hoe voel dit om hier te bly. Jy kan by my kom intrek in ons gastehuisie vir n paar dae, en as jy by die ander Herfsblare ook squat vir n paar dae, is jou akkomodasie gedek. Hoe klink daai vir jou, ons sal dit geniet.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 11/09/2022 - 11:05

Middag vriende

 

Nee wat, ons is sommer nuuskierig, en mens kry nie werklik 'n indruk van 'n wa, of huis, voordat mens dit nie gaan bekyk en deurgeloop het nie.

 

Ons het nou by twee geleenthede so 'n ontnugtering gehad. Soos Marie sê, alles lyk so perfek op die webblaaie, tot jy fisies gaan beloer.

 

Behalwe vir die prys van die nuwer model Kavango, is dit na my mening nog nie 'n verbetering op myne nie. Dan ontbreek die ekstras wat alreeds by myne gevoeg is. Selfs 'n eenvoudige ding soos 'n hoekstut[poot] voor aan die A- raam ontbreek.

 

Mens sal omtrent van meet af weer begin inrig. Die nuwe het nou 'n 270 grade vlermuisvlerk, maar my kantseile sal nie pas nie.

 

Ek vermoed dat ek nou verstaan waarom persone klou[saamleef] met wat hulle het. Dit is mos nou verander en opgegradeer na eie behoefte.  

 

Len: Julle ouens in die Wes Kaap kan NIE bekostig om neuse op te trek vir Noord Westers nie. Ons is veel aangenamer burgers, as die wat vanaf die Oos Kaap instroom. Hoe lyk dit, kan ek by julle ook kom plak vir 'n rukkie, so 2 maandelaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/01/2023 - 11:51

Middag vriende

Soos netnou genoem, onder 'n ander gesprek, het ek my Kavango vir 'n deurkyk geneem vanoggend.

Net daar op die ingewing van die oomblik besluit ek om sy agterligte te vervang met LED trokligte. Ek gaan die boonste geelflikkerligte met geel[oranje] LED's vervang.

Die onderste kombinasie lig word vervang met die drie in een, LED kombinasie lig. Binneste kollettjie vir flikker, en buitenste rooi rand, vir die agterlig en remlig.

Ek is oortuig dat dit helderder gaan wees, en hopenlik het dit 'n langer lewensduur as die normale gloeilampies.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 18/01/2023 - 13:42

Ou Wessel, jy se dan nou net die man se moenie krap waar dit reg is nie!

Wat is dan nou fout met die gewone ou gloeilampies, ons leef al van geboorte met hulle saam, en ek kan seker op my een hand tel hoeveel geblaas het op my skof.

In die krat waar die snotlappies is, is daar n ou Taxi snuifblikkie met n paar gloeilampies in en ekstra fuses vir yskassies. En dit wil my lyk of hulle dalk net daar gaan bly.

Wat jou gaan pla, is die dag wat so paar in die ringetjie led  gloeilampies doodgaan. Die res sal nog werk, maar dit lyk skoon simpel. As ek dit op bv n trok sien, kan ek nie anders as om aan te hou staar nie. Soos n tv in n restaurant, of n skone geslag wat lelik sit. Jy kan nie help nie, jy moet kyk

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/01/2023 - 15:44

.....eers drank by betrokke nie. 

Terwyl ek terug ry huistoe, toe val dit my by, ek het sedert ek Toyota ry, nog nooit 'n ou gloeilampie vervang nie. Soos genoem, ek regverdig die roekeloos finansiële besluit bloot op "padveiligheid". 

As die ou omie met die hoedjie flikker aansit en bane wissel, of net stop, moet die ouens agter my hopenlik betyds dit kan sien.

Die oomblik wat 'n paar LED's vrek, gaan ek jou bel. Ten minste is die hele lig nie dood nie. Dit gaan my trek soos daai mooi vrou wat lelik sit.   

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 18/01/2023 - 22:11

Laat mamma kyk of die wa se ligte werk na jy gehaak het. Sodoende gaan jy nooit die paar dooie LED’s sien nie. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 19/01/2023 - 06:41

Of dalk se Marie, "Wessel die liggies werk nie behoorlik nie".

En net daar is Oom hoedjie se trip gespoil, almal gaan vir sy skeeloog liggies staar.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/01/2023 - 07:06

....haal sommer die LED's vanoggend uit. Julle het nou al lekker my senuwees bemoeraklaugh

So van liggies gepraat, het julle al opgelet hoe dom sommige trokdrywers is. As hulle wil wys dis veilig om hulle verby te steek, sit hulle, hulle regter flikkerlig aan.

Ek het geleer dis veilig om iemand verby te steek aan die regterkant, as die linker flikkerlig aan is. 

Ek steur my nie aan wat enige een vir my wys nie, as ek nie kan sien dis veilig nie, gaan ek nie verby nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 19/01/2023 - 08:05

So van liggies gepraat, het julle al opgelet hoe dom sommige trokdrywers is. As hulle wil wys dis veilig om hulle verby te steek, sit hulle, hulle regter flikkerlig aan.

Ek het in 1998 bietjie meer as 100 000km in meestal Zim, Zambië, Malawi, Tanzanië en Kenia gery met ‘n vragmotor. Veral van Zambië af en verder noord is die gebruik om jou regter flikkerlig aan te sit as daar ‘n voertuig van voor af kom op die oop pad. Al die bestuurders doen dit. Meeste van die paaie daar het nie ‘n skouer gehad nie, en net een baan in elke rigting. Die regter flikkerlig wys nie net jy moenie verbysteek nie, maar ook waar die buitekant van die aankomende voertuig is. Dit kan maar naelskraaps gaan om met ‘n vragmotor verby ‘n aankomende vragmotor te ry op daardie paaie. 
 

Los nou die LED ligte Wessel, op jou wa gaan dit nie so maklik faal soos op ‘n vragmotor nie. Hulle word baie meer mishandel en skud en stamp erg. As jy nie LED’s op ‘n voertuig wil hê nie sal jy vir jou ‘n 2008 Prado moet koop. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/01/2023 - 15:51

......is veilig terug by die huis. Dit is omtrent helder en duidelik sigbaar, selfs in volson. dis net die kersliedjies wat pla as mens die flikkerlig aansit.laugh

Chris: Nee wat, ou Grompie is so laag af op die Hilux rangorde, dat dit nog gewone ligte het. Darem kwarts halogeen, en uitset is al Lumen en nie Candela's nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 04/02/2023 - 10:33

Môre vriende

Julle manne is mos gedurig besig met allerhande opgraderings en verbeteringe, dus sal ek ook deel wat ek gaan laat doen.

Ons gaan die voorste bed [ene in oopslaan gedeelte] se matras vervang. Komende week gaan ons Foam factory toe, en hulle sny, en sit oortreksels oor die spons na jou voorskrif. Ek sal gaan eksperimenteer [lê op] die kombinasies wat hulle opmaak vir die doel.

Ons soek effe meer ondersteuning, maar moet die matrasdikte beperk sodat die voorste klap steeds maklik toemaak. Ons beplan 'n paar lang slepe en mens wil mos nie deurstamp en huistoe hunker nie.

Ek sal terugvoer gee oor prys en eindresultaat.  

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 04/02/2023 - 13:07

Middag Willem

Ek hou mos van die buitewyke, mis die swaar verkeer.

Die adres is;

Van Tonderstraat 19

Sunderland Ridge

Ry met R55 in rigting van Swartkops resiesbaan, dis in buitewyke van groter Centurion. Soek daarrond op Google maps.

Laat weet as nie regkom nie.

0
Florauna, Pretoria
Profile picture for user chris dupreez

chris dupreez

Sat, 04/02/2023 - 19:27

Dag sê mense, ek wil net noem dat Rosslyn foam in Pta Noord doen ook dieselfde met matrasse. Ek weet nou nie of jy daarop kan lê en hulle toets nie, maar hulle gee jou verskillende hardheid en sponslae, asook die oortrek van die matras. Met die brandstof prys kyk ek maar na die naaste goeie plekke. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 05/02/2023 - 06:11

....môre

Dankie vir die info, ek gaan die plek op internet soek. Wat sleg is, om 'n kwotasie te kry wil die mense natuurlik die afmetings hê, of verkieslik die ou matras sien, om gevoel van snywerk te bepaal.

  

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 05/02/2023 - 19:23

Het sowat 4 jaar gelede ons Fleetline se matras vervang deur ene wat die Foam Factory doelgemaak gedoen het, hulle het 'n klompie voorbeelde in hulle vertoonkamer waar jy kan uitprobeer/sien hoe die verskillende digthede, asook lae vir mens aanstaan (of nie). Slegs afmetings vir hulle gegee en die nuwe matras was reg vir afhaal 'n paar dae later. Hulle werk is werklik professioneel. In ons geval het ons die Fleetline se matras ook 'n meer konvensionele vorm  laat maak, dws weggedoen met die simpel "tapered" vorm waarvoor Jurgens so lief was.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus