Goeie ambagsman
Hier oorkant die Magaliesberg is 'n baie handige woonwa bouer. Hy en sy werkers stik sommer ook die bypassende tente.
Dit klink of jy die regte tentmaker opgespoor het. Hy sal seker sy eie idees ook hê. Wat wel lekker werk van my tent is dat die sypanele vas rits aan die dak. Dis baie beter as Velcro en verseker dat die panele altyd mooi reguit hang en stewig sit. Uiteraard is ‘n raamwerk ook baie belangrik om seker te maak die tent staan mooi haaks en hang nie soos jou bestaande afdak nie. Ludwig (my tentmaker) het ook mooi seker gemaak dat die sypanele aan die voor en agterkant van die wa inryg en die tent dus oral mooi seel. Die enigste opening is aan die voorkant van die opwipdak. Dit werk ook goed as jou panele so gemaak is dat Jy net een of albei van die kantpanele kan opsit as jy bv teen die heining in die wildtuin staan en ‘n uitsig wil hê maar bietjie privaatheid ook.
Fotos gevind
Middag Chris
Nadat ek die boodskap geplaas het, het ek al die fotos en beskrywings gevind.
Dit help nogal baie as info betreffende 'n spesifieke onderwerp enof woonwa so bymekaar is.
Baie dankie. Ons sien uit!
Dit help nogal baie as info betreffende 'n spesifieke onderwerp enof woonwa so bymekaar is.
Vir seker. Dankie dat jy die gesprekslyn geskep het! Nou sien ons uit daarna om die ontwikkeling van jou nuwe tent te volg.
Inligting ...
Dit is hoekom ek daarvan hou om sulke inligting als te stoor met sê maar wat begin met "WilSur - " dan is dit maklik om op te spoor. Soos op CParks se forum tik ek net "WilSur - " in dan kry ek al my karavaan data. Ek gebruik dan nie die naam op enige algemene gesprekslyn nie.
Tentmakery
Hello Chris S
Ek het so 'n paar onbeplande terugslae gehad, soos van die leer affoeter [kR3], koppelaar en gepaardgaande plate, vliegwiel poleer [kR8] moes laat doen.
Nou is 'n tuinmuur aan die oorhel, na die verkeerde kant toe [bure se kant] wat ook oorgebou moet word. Kwotasies dui op enige iets tussen kR55 en kR95. Dus sal die 6 eienaars in kompleks hulle hande diep in eie sakke moet steek.
Die tent moet dus maar wag, en dalk doen ek dit nooit. Ek kom maar so reg, en in die hele tyd wat ek die wa het, van Mei 2018 nog net 1 keer in die reen gestaan.
Wessel ek neem aan julle bly…
Wessel ek neem aan julle bly in ń meenthuis (deeltitel) kompleks?
Wat is die rede dat die muur wil omval, is dit nie dalk ń eis wat die beheerliggaam kan insit teen die versekeraars nie?
Versekering standpunt
Middag Arie
Die muur het al vanaf 2018 so stadig begin oorhel. Dit is in Brits meestal die gevolg van swak bouwerk en fondasie, en dan die turf.
Die probleem is dat indien die muur skielik gaan val weens wind en water, op die bure se 6 taxis, Rangers en MBenze, en dan die risiko dat dit op kinders kan val, maak my benoud. Die versekering se standpunt is ongelukkig as volg;
Indien dit gebeur, en daar is 'n derde party eis teen die kompleks, sal hulle slegs betaal INDIEN nalatigheid nie bewys kan word nie.
Dit maak ons 6 eienaars redelik benoud, want dan is ons in persoon aanspreeklik. Ons is van mening om eerder die muur vroegtydig te herstel, as om dalk blootgestel te word aan so 'n hoë koste eis in persoon.
Jip, dit is 'n deeltitel kompleks
Ek het gedink dit het nou…
Ek het gedink dit het nou gebeur as gevolg can die baie reen en sterk wind, dan sou dit onder storm skade val.
As jy van plan is om nog lank daar te woon, sou ek jou anraai om baie seker te maak van jou bouer, en dat die muur streng volgens regulasies gebou word anders mag julle oor ń paar jaar met die selfde probleem sit.
Enige struktuur wat op turf (heaving soil) gebou word sal jare staan sonder enige probleme mits die regte spesifikasies gevolg was.
Heaving soil, of dan turf is nie versekerbaar nie, maw skade as gevolg daarvan is uitgesluit. Net so ook met subsidence (jammer ek ken nie die Afrikaanse woorde en terme nie) In sekere gevale kan jy wel subsidence covet kry maar dit is net in sekere gebiede en kos jou ekstra.
My mater ek voel met jou, nie lekker sulke goed net voor Kersfees nie, eintlik seket nooit nie!
Baie bouers sê hulle werk volgens die nasipnale bou regulasie, maat ek kan jou verseket hulle het nog nooit eers dit gelees nie!!
Dit is ń redelike dikboek en baie tegnies, ek weet, ek was deel van die taakspan wat dit opgestel het!
Synde Neef n bouer was, raak…
Synde Neef n bouer was, raak my keel opgesewel as mense goedsmoeds van swak bouwerk, en bouers praat. Asof bouers en gebruikte motorhandelaars uit dieselfde stal kom. Al is jy n bouer gekwalifiseer as bourekenaar, bly jy eenvoudig in die publiek se oogpunt n skelm bouer. As jy n man met n troffel langs die pad die werk laat doen, "wat dit teen helfte van die duurste kwotasie kan doen" my maat, dan leef jy met jou 5Mpa beton, sonder staal, of uitsitlaste en vat jou gevolge. Arie, bouregulasies het minimum standaarde, en al sou jy n 650x250 15mpa fondasie in klygrond gooi, beteken dit nie dat die muur gaan staan nie.
Anyway, ek gaan liefs nie te veel kwytraak nie, neef het jare gelede afgetree omrede hy gatvol was vir onderwyswers, dominees, en dokters en sommige huisvrouens wat beter weet.
Neef ek stem saam met wat jy…
Neef ek stem saam met wat jy sê, ongelukig het seker die grootse meerderheid bouers geen werjluje jennus van wat hul doen nie, en dit is dab natuurlik die rede hoekom die bedryf so slegte naam het.
Dit is dan hoekom ek vir Wessel asnbeveel het om baje seker te maak van sy kontrakteur. Ongelukig kyk die meeste verbruikers ba die prys, if kwotasie. Daai giedkoper kwotasie is goedkopet vir ń rede!
Laat daar goeie bouers is, is virseker, en ek het vir jare baklei dat kontrakteurs, sekere vlak va kennis ondervinding het voor hulle mag registreer. Maar ha dit sal nooit werk in ons land nie. Toe die NHBRC destyds gestig was, was dit een van die doelwitte, bouets nag eers net x hoeveel huise bou, soos hy bewys dat by weet wat hy doen so mag hy meer bou.
Seker ń stap in due regte rigting gewees, maar ek dink jy weet net so gied soos ej dat daai hele ding eintlik net ń grap geword het.
Kavango raadop
Oom Len, die petalje met die muur is smaak my die grootste geldelike struikelblok vir Wessel se voltent vir sy Kavango. Dis hoekom hy dit hier kom plaas het.
Tentmaker in Gauteng
Wessel
Jy het genoem dat jy 'n goeie tentmaker ken in Gauteng. Kan jy asb vir my sy/haar kontakbesonderhede stuur? 'n Kavango eienaar in Johannesburg het my voltent op die 4x4 forum gesien en wil ook een laat maak.
Tentmaker
Môre Chris S
Ek het nog nie self met die eienaar Johan van Bundu trailors and Caravans gepraat oor so 'n modifikasie nie.
Laat die persoon hom kontak en maar hoor of Bundu hom kan/wil help. Bundu trailors is in Schoemansville of genaamde Hartbeespoort, met nommers;
078 862 9962 en 012 2531 852
Die eienaar se direkte nommer is 082 741 6715.
Hopenlik kan/wil hulle hom help.
Kavango gewig
Middag Chris S
Na aanleiding van die bande gesprek, laat weet tog as jy eendag jou wa geweeg het. Eintlik sal die lee gewig net so insiggewend wees.
Dalk verkeer ek onder 'n wanindruk met myne se gewig van 1150kg leeg en BVM van 1500kg, volgens die plaatjie.
Weeg van wa
‘n Vriend se goeie vriend (vir my ‘n kennis maar baie gawe ou) is die wynmaker by Aan de Doorns kelder net buite Worcester. Ek sal by hom hoor of ek daar kan gaan weeg, maar dit gaan eers volgende jaar wees. Nou moet ek my gat in rat kry om môre te sleep. Ons het sowaar weer ‘n ligte reenbui gehad vroeër, toe kon ek nie my klere motorhuis toe dra om in die Kavango te pak nie.
Jaarlikse diens en bederf
Middag vriende
Aangesien ek tegnies en "spanner" gestremd is, neem ek maar my wa en voertuie na mense wat kan en mag werk aan voertuie en waens. So het ek nounet tuis gekom vanaf die die werkwinkel/handelaar in Schoemansville, waar die wa vir sy diens was.
Remblokkies is nog reg, wiellaers is reg, moes net herpak word met ghries. Die inloop skokbreker moes egter vervang word, wat beteken dat die remme oor ingestel moes word. Hulle het sommer 'n swaardiens skokbreker ingesit.
Die ou skokbreker het dus darem gehou van 2016 tot hede toe. Ek vermoed die vorige eienaar het baie gesleep, en met 'n witwarm Ranger gesleep. Dit verklaar dalk waarom dit nie lank gehou het nie. Wel, hoe lank is dit veronderstel om te hou??





Foto’s van my tent
Wessel
Kyk op bladsye 7, 8 en 9 van hierdie gesprekslyn. As jy daarna meer wil weet, kontak my gerus!