Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -2 hours ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -3 hours ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago

November 2019 - Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Kom ons nou by die tweede laaste maand van die jaar. Ek kan alweer nie slaap nie. Sit nou maar in die sitkamer en koffie drink. 

Geniet hierdie Vrydag en 'n lekker naweek vir almal. 

Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 04/11/2019 - 07:19

Lyk soos n wonderlike dag.

Sjoe maar dit is leker om die wereldbeker weners te wees.

Lekker sonskyn dag by ons.

Geniet julle dag en wees veilig.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 05/11/2019 - 04:18

Goeie môre almal. 

Was verlede nag lekker warm gewees. Die weer het gedreun maar geen reën het geval nie. Ons wag maar geduldig. 

Lekker dag vir elkeen

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 05/11/2019 - 08:04

Gister laat middag si vinnige bui reën hier gehad, moet nog dir meter gaan leeg maak.

Geniet jou Dinsdag voluit in vrede.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 07/11/2019 - 04:53

Goeie môre almal.

Kom vanoggend by my motor en die battery is mors dood. Battery is nie eens 6 maande oud nie.Nie eens 'n flou liggie nie.

Het toe maar met my papgooi bakkie gery vanoggend. 

Sit reeds met 'n beker tee voor my.

Lekker dag vir elkeen

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 07/11/2019 - 06:38

Goeie môre kampforum-vriende, lekker donnerdag vir almal.

Stoffel, dit is nou 'n neukery, heel toevallig ook gister moes ons die kleinkinders skool toe vat, en daar is Bennanta se kar batery ook mors dood.  Ons het toe maar met my kar gery.

Die I10 se batery is darem nou 6 jaar oud, en die karretjie ry net plaaslik, (ook net nou en dan) dus is ek heel tevrede met die diens wat ons uit die batery gekry het.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 07/11/2019 - 07:33

Ja so pap battery is 'n geneuk want hy vang jou onkant.

Geniet jou Donderdag voluit in vrede.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 08/11/2019 - 04:14

Goeie môre mede kampers. 

Vrydae kom deesdae vinnig aan. Is darem weer mobiel. Battery onder waarborg vervang, maar is nogal 'n storie om dit uit die voertuig te haal. 

Mag elkeen 'n lekker Vrydag geniet en 'n rustige naweek. Die wat gaan kamp die naweek ry veilig en geniet dit. 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Fri, 08/11/2019 - 06:44

Dit is weer naweek, veilig reis die wat kamp.

Geniet julle naweek almal.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus