Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Chris ek is besig om… Kgalagadi Oktober 2026 Voortrekker -2 hours ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
epos Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago

November 2019 - Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Kom ons nou by die tweede laaste maand van die jaar. Ek kan alweer nie slaap nie. Sit nou maar in die sitkamer en koffie drink. 

Geniet hierdie Vrydag en 'n lekker naweek vir almal. 

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 15/11/2019 - 06:20

Goeiemôre vriende!   Julle moet die Vrydag en naweek geniet. yes

Ek het so 'n bietjie vekoue en hoop die ding word onder beheer gebring sodat ek Sondag kan gaan trap.

Groete

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Fri, 15/11/2019 - 06:24

Vir die van ons wat deel was, en onthou.......... Vat soo n oomblik saam jou koffee beker om te onhou

Dit was gereken, ons was nommer 5 op die lys van "die mees kragtige weermagte"

Maak nie saak hoe klein jou bydrae was.... Ons was almal deel van iets om meer baai trots te wees...

tgrtg

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Fri, 15/11/2019 - 06:27

Die wat kamp moet veilig sleep en lekker kamp.

Die res geniet julle naweek en wees veilig.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 16/11/2019 - 04:35

Goeie môre almal. 

Sit nou rustig in die sitkamer en koffie drink. Begin nou vroeër lig word buite.

My gras het vinnig groen geword die week na die lekker reën. Sal vanoggend na die parkrun die gras moet sny 

Lekker dag vir elkeen 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 16/11/2019 - 05:54

Goeiemôre! smiley

Anton jnr het Donderdag verjaar en Jovan verjaar Maandag - so ons gaan vandag party!  Maar ons het besluit om hierdie jaar eerder 'n "day out" saam met kinders te hou want die afgelope 7 jaar was elke jaar kinder partytjies en ek voel ons het 'n breuk nodig. cool

Geniet julle dag!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 16/11/2019 - 06:04

Goeie môre julle vroĕ mense, en ook diecwat nog biettjie in lê, geniet die af dag.

Anton, geluk met die tweetjies se verjaardae, en die breuk saam met jou gesin eenkant🎂🎁🎉

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 16/11/2019 - 07:12

Ek wou eindlik more oggend haak en so bietjie Buffelspoort toe gaan vir 'n lekker midweek, maar sit met 'n hengse verkoue, en is nie lus vir dit nie. Die weer voorspel bewolk en reen heel week, en ek het nie nou juis jou nodig om nat te reen nie.crying

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 16/11/2019 - 08:54

Wijan het by sy Drama vandag 'n uitdeling.

Moet seker ook grad sny want volgende weer is dasr nie tyd nie, vroeg Maandag Villiers, Dinsdag Vanderbijlpark, sal seker eers Woensdag terug kom en Donderdag gaan die woonwa Jurgens fsbriek toe vir die inloop wat steeds klap, wat ek hoop om Vrydag terug te kry anders eers Maandag.  Dan moet als skoon kom en terug gepak word.

Geniet jou Saterdag voluit in vrede.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 16/11/2019 - 20:55

Goeie naand almal. 

Vandag nogal 'n besige dag gehad. Al die voorbereiding vir my dogter se verjaarsdag more. Gaan nou begin rustig raak

Anton, ek glo dat die kabouters die dag geniet het. 

Lekker nag vir elkeen. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 17/11/2019 - 07:22

Goood morning almal, geniet jul dag ten volle.

Stoffel geluk met jou jou dogter se verjaardag, glo julle gaan die dag saam geniet.👍 

Anton, ek vertrou julle het ook gister die dag uitstappie met die kabouters geniet.👍 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 18/11/2019 - 05:58

Nog n nuwe week wat voorlê.

Ons het darem weer redelike klomp werk ingekry en ek sal dalk van die manne se verlof moet sny met n week. Van die manne gaan Australia toe, so hulle is veilig. smiley 

Ons krag gaan die laas ruk so baie aan en af. As dit lyk na reen of die wind is sterk, dan is dit af. Soms 4 keer n dag. Baie elektroniese goed van my het nou al opgepak. Weet nie of dit die rede is nie. My een groot laser printer se PC borde het gegroet en hulle kry nie parte vir hom nie. Gaan meer as R 100k kos om te vervang. My kameras en alarm stelsel het ook gegroet. My Snappy Chef induksie stoof se PC het ook gebrand. n Yskas ook moeg. Dalk is dit net toeval. sad

Julle moet julle dag geniet en wees veilig.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 18/11/2019 - 06:35

Nou ja, ek staan hier voor Powrtouch, wag dat hulle oop maak vir die movers.

Bewolk, winderig en koel hier.  Tel meer sd 60 trokke by die weegbrug net voor De Hoek tol hek.

Geniet julle Maandag voluit in vrede.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus