6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Geert -21 minutes ago
Op foon of tablet of laptop,… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -51 minutes ago
Ron.  Werk jy oop 'n tablet… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -54 minutes ago
Veranderinge Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -59 minutes ago
👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -1 hour ago
Thumbs Up Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago

Ou en nuwe bande op 4x4

Brits
Submitted by wessels on
Middag vriende Mens hoor baie stories en raad oor die moets en moenies van bande meng op 'n 4 x 4 of 'n "all wheel drive". Byvoorbeeld; word daar vir my genoem dat ek moet onthou dat mens altyd al 4 bande gelyk moet vervang op 'n 4 x 4 bakkie. Dit is nou op 'n Hilux wat nie eers permanent 4x4 gekoppel is nie. Maak die ewenaars dan nie juis voorsiening dat wiele teen verskillende omwentelinge kan draai nie. As ek byvoorbeeld kyk na 'n normale bakkie wiel/band, dan het dit 'n omtrek van 2450mm. Indien ek die diameter met 12mm verminder[ afgeloopte band], dan word die omtrek 2413mm. Met ander woorde 37mm minder afstand vir 'n enkele omwenteling. Waar mis ek die insig, of is die stelling 'n feit of flater. Groete
Vaalpark

Johann L

Wed, 19/02/2020 - 13:59

Wessel, behalwe vir twak praat, kan ek jou nie inligting (feite) gee nie.😀 

My eie "motto" is ongelukkig effens aan die duur kant,  ek ry nie met bande wat verskil, in loopvlak, maak of datum nie, en moes al op 'n keer 'n ongegruikte band weg gee omdat dit 10 jaar oud was en net as 'n spaar wiel gedien het.crying

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Wed, 19/02/2020 - 17:14

..kom die probleem wanneer jy 'n ewenaarslot gebruik. Wanneer die ewenaarslot gesluit is kan die wiele nie teen verskillende spoed draai nie en sal 'n verskil in omtrek dan wel 'n rol speel. 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 19/02/2020 - 22:32

Maar mens gebruik die ewenaarslot mos net as jy wieltol wil voorkom sodat jy nie jouself ingrawe nie, en dit gaan nie op 'n teerpad gebeur nie. Jy behoort ook nie daarmee aan te ry, of dit aan te skakel terwyl jy beweeg nie. Indien jy daarmee aan ry op 'n teerpad, kan jy axle windup kry en as jy lank genoeg aanhou sal iets breek.

Dis myns insiens hoogs onwaarskynlik dat jou bande presies ewe veel en presies dieselfde sal afloop, so daar moet mos 'n mm of wat verskil wees tussen hulle omtrek/ke. Dis hoekom jy 'n ewenaar het (en sodat jy om draaie kan gaan natuurlik). Ek dink solank mens nie twee bande met radikaal verskillende hoeveelheid (en gehalte) loopvlak op een as het nie sal niks skeefloop nie. Maar dis maar net my mening...

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 19/02/2020 - 22:52

Wessel, daar is baie mites met bande en ek is versigtig om my daaraan te steur.  Maar my vraag is, hoekom het 'n toestand ontstaan waar jy net twee bande moes vervang ?  Ek glo vas daaraan om my voertuie se bande elke 10 000km te ruil, te balaneer en dan ook sommer die  wielsporing te doen en nog nooit het ek nodig gehad om net twee bande te koop nie.  My voertuie se bande loop altyd gelyk oor die hele loopvlak af. (Selfs met die Cooper bande op die Pathfinder doen ek dit volgens hulle waarborg-voorwaades elke 8 000km.)

0
Worcester

Wildehont

Thu, 20/02/2020 - 06:27

wat nie eers permanent 4x4 gekoppel is nie

Indien jou kommer is oor verskil in omtrek tussen aste soos Oom Len noem as jy 2 uit 4 vervang en nie op een as nie, hoef jy nie te bekommer nie. Terwyl die Hilux nie in 4x4 is nie, is daar geen verbinding tussen voor- en agter as nie. In 4x4 (wat jy nie op teer moet gebruik nie) is daar klein hoeveelhede wieltol wat plaasvind omdat die padoppervlak nie goeie vastrapplek bied soos teer nie. Dit sal “ewenaar” tussen voor en agter. 
Voertuie soos Land Rovers wat permanent in 4x4 is het ‘n ewenaar op die transfer case ook om te voorkom dat verskil in omwentelinge tussen voor en agterwiele las op die kas plaas op teer. Die Land Rover Defender het ‘n ewenaarslot op die transfer case sodat die voorwiele bv nie tol in modder terwyl die agterwiele stilstaan op rots nie. 

0

Môre Len en ander

My vraag was so half hipoteties, maar mens verloor soms 'n band weens slaggate [in Gauteng en Noord Wes] nogal gereeld. Onthou, julle ouens in DA-land ken nie slaggate nie.

Dus, as mens 'n band verloor is die vraag---- kan ek 'n nuwe identiese band op dieselfde as sit, tesame met die ouer band met gestel 50% loopvlak.

Ek poog ook om my bande gereeld te roteer om sodoende maksimum benutting te kry, maar soms is mens genoodsaak om net 1 band te koop.

Ek stem saam met Wildehont se interpretasie van vrylopende ewenaarslotte.  

Vraag 2: wat is die gevoel van mense met AWD's. Geld dieselfde redenasie vir hulle ook?

Groete

 

0

It's always good to have the same tread pattern left to right on the same axle, But it's not that important, when considering left to right diff lock, as diff lock is used when "slip" can happen Sand ETC. On hard surface, the dif-lock is diengaged and therefore of no conseuence and normal diff function will take care of any differences. (The diff is constantly transferring power to the slipping wheel, on hard surface neither slips so effectively power is on both wheels.

Tread pattern front to back (IE 2 the same on the front, 2 the same on the back) less inportant than left to right on the same axle, but also not a major issue,  same reason for the central diff lock, it will respond the same as for the diff locks on eithr of the axels, only front to rear axles.

However.... Different tyre sizes are a different kettle of fish altogether, especially front to rear when using the centre diff lock and locking up the front to rear axles.

Diffrent tyre sizes will also affect things like ABS & hill descent controls

OK that's long enough...

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 20/02/2020 - 09:45

Nou dat ek Wessel se verduideliking gelees het, kan ek noem dat hier nog nooit probleme opgeduik het deur net een band te vervang nie, en het al n paar keer op my 4x4 voertuie gebeur. Wat ek laas gedoen het, was om maar die nuwe band dan voor te sit, in die geval van die 76 LC, die is nie voltyds 4 wiel nie. Op die Landrovers glo ek nie dat gaan pla nie, die ewenaars sal dit uitsort. Ek dink nou aan die Nascar wedren waar daar op n ovaalbaan gejaag word, dink n ewenaar werk konstant , seker dieselfde as om op n reguit pad met 2 verskillende groote bande te ry

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 20/02/2020 - 09:45

Ek weet die AWD Terrie sê hulle moet jy al 4 gelyk ruil.  Destyds toe ek 'n band verloor het in Marakele was ek gelukkig om 'n 2de handse band te  kry wat dieselfde as die ander was.

Surette het ook so rukkie terug 'n band verloor en ook 'n 2de handse een gekry.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 20/02/2020 - 09:59

julle ouens in DA-land ken nie slaggate nie.

Dis darem nie waar nie. Toe die DA hier in die Breede Vallei by die ANC oorgeneem het was lg se kapitaalbegroting vir die finansiële jaar R4 miljoen. Hulle het vir baie jare eenvoudig min of meer glad nie infrastruktuur onderhou of opgegradeer nie. Dis maar wat met Eskom ook gebeur het en die gevolglike agterstand kan nooit uitgewis word sonder om die gebruiker onvolhoubaar te veel vir die diens te laat betaal nie. Terloops, herseel van paaie kom ook uit die kapitaalbegroting, nie operasioneel nie. Ons slaggate word egter darem deurlopend herstel.  
 

soms is mens genoodsaak om net 1 band te koop

Dit het my darem nog nie oorgekom nie maar ek sou eerder 2 koop, of die een wat nog reg is spaarwiel maak en die spaarwiel saam met die nuwe een op ‘n as sit.
Ek weet hier is baie ooms wat glo daarin om al vier gelyk te vervang en sommer elke 5 jaar ook. Ek kan dit nie bekostig nie en glo ook nie dis nodig nie. Ja, dit lyk mooi, maar solank jou bande elk meer as die minimum loopvlak op het regoor die oppervlak glo ek nie dis onveilig vir gebruik of meganies nadelig vir die voertuig nie (4x2, 4x4 of permanent 4x4).  
Ek sal ook nie die mal prys van bv ‘n Bridgestone betaal nie. Ek is nou al op my derde stel Firestone ATX bande tussen twee 4x4 voertuie (op die een was een stel bande vir 9 jaar) en hulle werk 100%, gee my 90 000km, ek het nog nie een verloor nie en hulle word in dieselfde fabriek as die Bridgestones gemaak maar kos seker amper die helfte minder. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 20/02/2020 - 10:33

Chris WH, ek aanvaar jy verwys onder andere na hierdie oom wat altyd 4 bande aanskaf.  Maar ek stem saam, ek koop ook nie die duurste bande nie, maar wel die duursaamste wat vir my goeie waarde vir geld gee en betroubaar is.  Ek is weer 'n Dunlop-man wat die oudste vervaardiger van bande in Suid-Afrika is.  Ek weet baie ouens haat om een of ander rede Dunlop bande, maar ek is dol gelukkig daarmee.

0

Middag Len

Daar trap jy in die slaggat.

Ek ken ook baie mense met 'n afsku in Dunlop's. Hulle noem dit "dan loop hulle hier, en dan daar.

Tog het ek vir jare met 8-laag Dunlopbande [bakkie] op my Palma gery, en nooit probleme ervaar nie. 

Chris-wildehont: Ek het Dunlops gekoop nadat ek probleme met Firestone op die wa ervaar het. Ek het die bygeloof---as 'n voertuig met Brigestone's uit die fabriek kom, dan moet ek verkieslik dit weer opsit. Lekker dom nê

Groete 

0

Ek is nogal streng op die verval datum op my voertuie se bande.

As hy verval het vervang ek hom, finish en klaar.

Bande afblaas en al daai funny grensvegter stuff, nee wat.

Is al deur Hunters Road, Atlantis duine 4x4 roete sonder om af te blaas, bloot omdat ek vergeet het.

Smaak my as jy die regte voertuig het ry hy op die rims ook as hy moet.

Ps, my gunsteling bande vir my bakkie is Hankooks AT en Perelli vir die platkar. Dunlop bakkie bande vir die karavaan en Michellin Annakee's vir my scooters.

0

Middag Frikadel

Ek dog mens kyk na die vervaldatum net as dit by bederfbare produkte soos melk, Amaroks en Fords kom.

Groete

 

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 20/02/2020 - 13:01

Ek maak ook  maar soos oom Vleisballetjies met die afblaas van bande. Nog nooit in al my hare se offroad en baie killos in sand, dit nodog gehad nie?

Ek dink meeste van sandry tegniek (eintlik alles) lê by die bestuurder en nie by bandruk nie?

Die verval  datum van bande, waar sien mens dit???

Ek hoor baie stories van 5 jaar, maar die vandvervaardigers rekwn 8 tot 10 jaar is billik?

Ek leea ook van manne wat reken jou assuransie eis sal afgekeer word indien bande ouer as 5 jaar is.

Gukig s3ê my assuransie se fynskrif net dat die voertuig padvaardig moet wees. Ek vind nerens in die ordonansies enige skrywe oor die ouderdom van bande nie, hulle praat net van loopvlak diepte.

 

0

As you all may know I had to replace all 5 tyres on the Landy, 5 BF's R18000.00

Bought 5 Chinese ones at R7000.00 for the 5

Here is how they looked, after doing the 10 eco mountain passes, and there aint many who will use their 4x4 to that degree...

Nothing wrong....

343frr5gftr5

 

so you will ask me yes but how long will they last... Guaranteed, based on my useage, they will become old long before the tread's worn out, so who cares

0

Hello Warren

What is that pencil line on your photo? It runs across the whole width of the tyre, bottom of photo.

Are you sure it is not a feint crack?

Regards

 

0

As jy kyk op die wand van jou tyre is daar allerhande geskryfde dinge.

Die verval datum is binne n sirkelrige storie en daar is n nommertjie soos bv 0215, beteken die band is gemaak die 2de week van 2015 of 3417, 34 ste week van 2017.

Wessel - die Ford se verval datum is ook omkring in n ovaal sirkel om die naam FORD, kyk biki mooi, dis gewoonlik op die voorkant van die gril as hy nie afgeval het nie.

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 20/02/2020 - 14:30

Frik, dit is die vervaardigings datum nie die verval datum nie?!

Snaaks al die Fords wat ek nog besit het wys die verval datum binne daai sirkel, net onder die naam FORD - 2090/12/31?

Al wat ek kan dink is dat jt nie jou bril opgehad het toe jy gekyk het nie?

0

Chinese crack???

Hello Warren

What is that pencil line on your photo? It runs across the whole width of the tyre, bottom of photo.

Weesel no it's not a crack it's something lying ontop of the tyre... tell you what, I'll jack up the driver's front & rotate it on video for you.... Weekend?

I also took a double take at that, because I also only noticed it after I put the photo onto the computer screen

but look closely on the right side of the line just as it crosses over the outer tread  you can see it "lifts" off the tyre....

But thanks for noticing.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus