Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto van ablusieblok Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -25 minutes ago
Augrabies Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -29 minutes ago
Augrabies Kgalagadi Oktober 2026 Geert -37 minutes ago
Canyon... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -46 minutes ago
Augrabies - 20 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -14 hours ago

My Oupajero

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Vanmore weer respek vir my stok ou Pajero gekry!

Met lock down is uiteraard geen werkers nie! So pns pitch maar in met grasny, vuilisverwydering, badkamers skoonhou ens!

Die pad raak nou redelik sleg so besluit ek om die trekker te vat en die pad te skraap. Ongelukig staan die trekker al redelik lank en daar was erens ń kortsluiting met die gevolg dat die battery oor die muur is.

Probeer toe die ding start met jumper leads van die Pajero af, wil ook nie werk nie!

Mask toe ń lekker fris ketting voor aan die trekket vas en agtwr die Pajero 

Ai mense as die man op die trekker die clutch los begin die Pajero spin met al vier wielle!

Later die trekker in vierde rat en sleep hom teen ń redelike spoed, en wragtag daar vat sy!

Nouja die pad is darem nou weer mooi, en is is baie trots op my getroue ou ryding!

Ek het al voorheen die bande met die Pajero gesleep om die pad te skraap, maar dan kan ek sommer met die oog die petrol naald sien sak!

Sy sleep wel die drie bande in low range tweede rat maar daai petrol verbruik is ń riller!!

 

Gelukkig kom daai swaar brandstof verbruik nie verniet nie want daar is geen paaiement op daai voertuig nie.

Vroutjie wat saam my werk uit Loxton in die verre Suide van die land het n kortwiel Pajero wat sy vir niks sal veruil op die aarde nie en daai outjie het nou al oor die 500 000 kilos op sy klok en hy loop nog soos n Rolex.

Dit is die DI-D diesel model en ek moet se hy lyk selfs nog goed.

Pajero's is uitstekende voertuie, kan nie glo hulle word nie meer gemaak nie.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 07/05/2020 - 12:56

Vra maar vir Eddie van Botswana.

So een sal nice wees.  Hou net nie van die spaar wiel agter op nie sad

2014 Mitsubishi Pajero 3.2 DiD Gls 4X4 AUTO  Kwazulu Natal Durban_1

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 07/05/2020 - 13:15

... wat julle my van Pajero vertel. Ekself het ongelukkig 'n bietjie van 'n negatiewe ervaring met my enigste Mitsubishi-produk (Colt 2.8 TD) gehad. Laat ek eerste sê dat die voertuig baie lekker gery het en 'n uitstekende sleepvoertuig was. Maar o wee, die agente wat ek noodwendig moes gebruik (hulle was 3 jaar agtereenvolgens aangewys as - destydse - "Daimler Chrysler Dealership of the year") was pateties. My Colt het ratkas-probleme gehad en die "top" het gekraak. Laasgenoemde was klaarblyklik nie 'n ongekende probleem met die 2.8 TD's nie - o.a. aan my bevestig deur die tegnikus wat aan my voertuig gewerk het.

Ek's bly vir diegene wat goeie diens uit hul Mitsubishi's kry. Daar's mos 'n ou gesegde wat lui: "Moenie sê - fonteintjie ek sal nie weer van jou drink nie". Maar ek het na my ervaring gesê dat 'n Mitsubishi produk nie weer maklik in my erf sal staan nie.

Na my Colt-belewenis is ek weer terug na Ford (of liewer Mazda) toe, en weer beleef wat uitstekende diens deur voertuig en agente aanbetref.

Dus Arie, ek glo 100% wat jy vertel oor jou Pajero. Geniet die oupa. Maar ek sal verbyhou.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus