Middag vriende
Het iemand al die plek besoek? Ek sien dit word op die forum adverteer.
Ek het dit probeer kontak, maar die telefoonnr wat verskaf word, behoort nue aan die plek nie. Ek het ook geen antwoord gekry op 'n epos na die plek toe nie. Ek het nou nog 'n epos gestuur aan 'n persoon genaamd Gerrie , hopenlik gaan ek reaksie kry vanaf wat moontlik sy persoonlike epos is.
Dit lyk na 'n baie oulike plek vir mense wat belangstel in voëls.
Ek sal die kontakbesonderhede en ekstra info deel sodra ek antwoorde ontvang het.
Groete
Ons het daar gaan naweek hou…
Ons het daar gaan naweek hou in die Chalets en nog nie gekamp nie. Hulle is besig om die webwerf te opdateer - ek het solank die tydelike kontakbesonderhede bygevoeg op die inligtingsblad. Marlenevanrooyen123@gmai…
Daar is 'n baie oulike kampeerplek met privaat ablusies. Sodra ons daar gaan kamp sal ek terug raporteer - maar dit lyk baie lekker.
Kontak inligting
Middag Voortrekker
Dankie vir die moeite.
Ek sal wag vir die inperking om verby te gaan, en dan weer hulle blad besoek.
Hulle blad moet sommer so bietjie meer info gee, soos
1] kampeertariewe
2] ablusie inligting, soos het elke staanplek sy eie, of gemeenskaplik, en beskik dit oor warmwater vir stort
3] is daar geriewe vir dagbesoekers, dit is as dagbesoekers welkom is
4] Gedagtig aan jou opmerking klink dit of sommige staanplekke wel sy eie ablusie het.
5] Beste tyd om te besoek vir voëlkyk.
6] Wat is sekuriteit situasie in daardie omgewing.
Ek lei af jy is wel in kontak met die Zaagkuil-bestuur, daarom die bogenoemde vrae.
Groete
PS: Dalk is dit nie 'n 2de Koro Koro nie, waar ons persepsies so effe verskil het.
PS: Dalk is dit nie 'n 2de…
PS: Dalk is dit nie 'n 2de Koro Koro nie,
Haha - Wessel ek het nogal aan dieselfde insident gedink ... Jy sal maar self moet gaan toets en vertel ![]()
Ek het die afgelope naweek…
Ek het die afgelope naweek boskamp nr 2 uitgetoets en dit was heerlik. Vir die naweek wat bo genoem is, gaan ek boskamp 1 probeer.
Die staanplekke met privaat ablusies was vol gewees , elkeen met 'n luukse boswa en daar was sommer lekker gekamp en kuier.

Verseker Anton
Daai is mos kamp en hulle pryse regtig billik daai is vir jou n mooi foto lekke so innie bos
Help 'n bietjie
Middag Anton
Waarvoor staan die afkorting 6pax en dan 4pax?
Ek oorweeg dit sterk, sommer om 1ste maand van pensioenaris in te wy.
Ek gaan 8 uur vir Marlene n…
Ek gaan 8 uur vir Marlene n luitjie gee en kyk of daar nog n gaatjie is?
Ek sal moet kyk of ek dit…
Ek sal moet kyk of ek dit sal kan inpas want ek kom dan net uot die Wildtuin uit, is vanaf 5 tot 16 September in KNP, maar sal graag saam met julle wil gaan kamp.
Frik dit sal lekker wees. …
Frik dit sal lekker wees. Ek gaan op een van die boskampe staan. Die privaat ablusie staanplekke is baie lekker, maar ek het el 'n klompie kere daar gekamp. Ek toets nou die boskampe uit. Het al by nr 2 en 3 gekamp en hulle is heerlik. Nr 4 is die verste en baie naby aan die Wildehonde se kamp.
Bos versus privaat plekke
Môre Anton
Verduidelik nou mooi stadig die tipe stanings beskikbaar.
1] Op 'n video van jou het jy die boskampe met gemeenskaplike ablusie gewys.
2] Sommiges van jou fotos is daar plekke met sulke klein geboutjies in die agtergrond. Is dit die plekke met privaat ablusie.
3] Dan was daar ook fotos waar daar plekke is met skadunet?] bedekking. As wat word dit geklassifiseer.? Dit lyk of die plekke so sy aan sy uitgelê is.
Behalwe dat laasgenoemde naby aan die bure kan wees, hou ek van die skadunet vir beskerming teen son en hael.
Ek probeer nog die regering oortuig om saam te kom kampeer, maar Manyane roep hard.
Dan is nr 4 seker naby Worcester!!!!![]()
Wessel jy is reg. Die video…
Wessel jy is reg. Die video waar ek deurstap wys die boskampe wat ook skadu net het.
Die fotos met klein geboutjies is die oorspronklike staanplekke met privaat ablusies. Baie lekker staanplekke.
Beide privaat ablusie en boskampe het skadunet. Die boskampe se skadu gedeelte is net kleiner.






Zaagkuilsdrift
Dalk kan Anton help ?