Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -2 minutes ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -30 minutes ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -3 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago

Namakwa blomme

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Middag vriende Is daar van julle wat vanjaar gaan blomme kyk in Namakwaland?? Waar beplan julle om te kampeer?? Groete
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 08/08/2021 - 17:20

Sal dit nie korter wees as jy N12 tot Kimberley ry en dan via Griekwastad en Groblershoop tot Upington ry nie. Ek vra maar sonder om 'n kaart te raadpleeg. Dit is 'n roete (tussen Kimberley en Upington) wat ek taamlik algemeen gery het tydens my werkende lewe. En dit was 'n heel goeie pad.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 08/08/2021 - 17:21

Hulle het nou die dag met iemand by Weskus Nasionale Park gepraat. Hy was van mening dat die beste tyd vir blomme kyk vanjaar van middel Aug tot middel Sept sal wees. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 09/08/2021 - 10:31

Môre Chris B

Dit behoort korter te wees. Ek moet dit nog met "google maps" bereken. Ek is nie vertroud met veilige lekker oorslaapplekke rondom Kimberlet nie.

Dalk moet mens eers by Mokala park of Orania gaan oornag. Beide behoort veilig te wees.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 09/08/2021 - 12:39

Riverside is 'n baie oulike kampplek langs die Rietrivier sowat 35 km suid van Kimberley. Mokala se Motswedi is ook 'n goeie opsie, maar is verder suid van Kimberley (ongeveer 60 km plus nog sowat 25 - 30 km gruispad tot by die kampeerterrein).

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 09/08/2021 - 15:15

Middag Chris B

Het hom raakgeloop, dis goed dat jy dit ook noem. Dit lyk na 'n veilige kampeerplek, en ek ry maklik 70km daarvoor.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 09/08/2021 - 16:09

Ons het al by 3 geleenthede daar oorgestaan en sal dit met 'n geruste hart aanbeveel. Philip en Lucy, indien hulle steeds die eienaars is, was nog altyd 'n uitstekende gasheer en gasvrou.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 21/08/2021 - 07:38

Ek kyk nuus gisteraand, en dit lyk mos of vanjaar 'n goeie blommejaar is. Mens moes seker al daar gewees het. 

Ons ouens wat vêr bly, sal maar in goeie geloof moet bespreek,en dan hoop dit is in die blomme tyd. Ek glo nie mens gaan kampeerplek vind op die ingewing van die oomblik, of sodra  dit rugbaar word dat die blomme daar is nie.

Hoe lank strek die blommetyd? Byvoorbeeld van middel Augustus tot vir so 3 weke??

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 21/08/2021 - 08:43

RSG het nou die dag met ‘n bestuurder by Weskus NP gepraat. Hy het gesê van middel Augustus tot middel September. In die private deel langs die park (Postberg as ek reg onthou) is waar die Kapenaars gaan vir daguitstappies om te gaan blomme kyk. Ons was ‘n paar jaar gelede op ‘n Saterdag daar. Die tou karre het ‘n paar km voor die hek al begin. Mens beweeg maar in so trein karre deurentyd. In die week sal dit seker beter wees. 
 

Sonskyn is ook belangrik vir blomme kyk. Hulle vou hulle blaartjies toe as dit bewolk is. Ek glo daar sal nog na middel September ook blomme wees. Hulle vrek darem nie almal oornag nie. Daardie vier weke tot middel September is net die piek. Bespreek en gaan Wessel. Dit kan ‘n baie lekker toer wees en jy het die tyd. Selfs hier by ons staan plate blomme langs die paaie al is dit nog koud. Dit gaan ‘n baie mooi lente wees. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 21/08/2021 - 10:57

Middag Chris S

Dankie vir jou antwoord.

Ek oorweeg dit sterk om volgende jaar 'n blommekyk in te werk. die maand is my bedankingsmaand, en volgende maand wil ek net eers sekermaak al die aftreebeplanning en uitbetalings werk korrek.

Ek hou nie van sulke drastiese finansiële veranderinge nie.   

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 21/08/2021 - 15:19

Ons was vandag by die Botaniese tuin in Worcester:

A
 

Ons het ook die klein outjie daar gekry:

B

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 21/08/2021 - 16:00

Ken jy 'n Carin Prins Jacobs wat daar werk ?

Ons het paar keer langs mekaar gekamp by Hartenbos.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 21/08/2021 - 16:25

Alhoewel ons taamlik gereeld daarheen gaan, en ook by die kwekery plantjies koop ken ek nie die personeel nie. Salomien is die netwerker, ek hou meer by myself en met die kinders besig. 

0
Durbanville

Jeanne Jones

Mon, 20/09/2021 - 20:48

In reply to by Len Loader

Jy moet as jy daar is ry tot Papkuilsfontein en Matjiesfontein. Baie mooi. Ook buite Clanwilliam oor Pakhuiskraal na Biedouwvallei. Dis n moet

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 24/09/2021 - 14:40

Die groot wit huis aan die einde van Nieuwoudtville se hoofstraat, aan regter kant, word Die Ark genoem, dit is nou 'n gedenkwaardigheid -  dit is die huis waarin my pa gebore was en grootgeword het en waar ek baie is klein seuntjie vir ouma gaan kuier het en gespeel het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus