Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Aaaa! Dankie Padlangs Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -40 minutes ago
Brandstof vergelyking Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Brandstof !!!! Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Brandstof prys Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Brandstofheffing Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Augrabies canyon Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago

Tietiesbaai 2020

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

T

Ons het van 22 tot 24 'n onbeplande 2 dae op Tietiesbaai gaan kamp.   Dit is my en my vrou se gunsteling kampeerplek en het al vele kere hier gekamp.  Ons laaste besoek was in Feb 2014.

Dit was heerlik en met 'n stampvol kamp kon ons 'n lekker plekkie kry teen die rotse soos in foto hierbo.

T

T

T

T

More Anton 

So ge-oordeel op die foto met jou[?] 2 seuns, lyk die agtergrond darem baie soos 'n plakkerskamp.

Is die staanplekke so klein en teen mekaar, dat die mense so opmekaar opslaan? Ek verkies ook dan maar om soos julle, doer eenkant te gaan staan. My gemaksone is seker maar net te groot vie so 'n gekloekery

Ek sal egter ook daardie natuurskoon kan geniet.

Groete

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 26/12/2020 - 11:49

Het enigeen Pieter Pieterse se twee "werfjoernale" gelees oor sy wedervaringe by Tietiesbaai? "Tietiesbaaikos" & "Baai-baai Tietiesbaai". Dit laat 'n mens met nostalgie dink en verlang na 'n plek wat jy nie eens ken nie. Ek het slegs een keer  in die af-seisoen daar gaan inloer vir 'n vlugtige besoek om my nuuskierigheid te bevredig oor hiérdie plek wat Pieter so goed beskryf het. Net die toegangspad van Paternoster af, verby die Kaap Columbine vuurtoring het my persoonlike lus gebreek om self daar te gaan kamp. Maar baie mense, soos Anton en ook my buurman, reken dit is die wonderlikste kampeerplek. Tog reken ek dat as jy een van daardie 'plakkerskamp-inwoners' is (waarna Wessel verwys), is dit soos 'n jaarlikse re-unie van mense wat jaar na jaar op dieselfde plek staan - ala wyle Pieter Pieterse.

Die Weskus kruip onder jou vel in - of dan nie. Jy kry geswore Weskus-"gangers" of mense soos ek, wat om een of ander rede nie die "kruip-onder-die-vel-in" gevoel oor die Weskus het nie. En tog het dit sy eie mooi en bekoring.

Geniet jou Kaapse kuier Anton - en geniet Tietiesbaai. Ek geniet jou foto's en vertellings.

0

Tietiesbaai is n wonderlike kampplek. Diegene wat opsien vir die stukkie grondpad vanaf Paternoster soontoe moet maar liewers wegbly van plekke soos die Kgalagadi oorgrenspark of anders hul valstande veilig wegbêre voor die reis. Lekker om te kamp so tussen die rotse! 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 26/12/2020 - 17:12

Stem saam dít ís n lekker plek. Chris, ja ek het die boeke gelees. Daai man kon jou so in sy stories laat inleef dat jy die see ruik en die bolwangkrewe proe.

TietiesbaaiTities

En net so stil is dit buite seisoen. Ons was 3 dae daar midweek en die enigste siele, was regtig spesiaal.

0

More neef Herman

Dankie vir die fotos as bewys, dit is die manier waarmee ek my kan versoen. 

Nou wonder ek net, deesdae is nie meer daai dae toe mens so alleen op 'n verlate[?] strand kan kampeer nie, verleen Tietiesbaai enige sekuriteit? 

Groete  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 27/12/2020 - 18:21

Wessel, daar was nie sekuriteit behalwe hektoegang nie.  Die park is so effe weg van die gedruis, so dit is nie asof daar n gevoel van onsekerheid is nie.

Ons, of liefs ek, is seker naïef. Sekurireit is nie prioriteit in beplanning nie, en het al menigte plekke besoek waar meeste wegbly.  Praat nie van karavaanparke en Tsotsi's nie. Sou sekuriteit so belangrik raak, bly ek tuis totdat ons aftreeoord toe gaan en dan na ñ sorgsentrum, en dan na die lang bome.

Selfs die Richtersveld het die Namibiërs aan die anderkant van die rivier wat kom steel. By die bo-punt van die van Zyls pas in  Namibie is n kamp waar jy besteel word. Wees paraat en moet nie jou "wares" uitstal vir die wat nie het nie. Dat jy geweld teen jou persoon gaan ervaar, hmmm...meer moontlik daar waar julle bly, as by Tietiesbaai.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus