So sien ek die 1 Julie dat my krag gebruik van die huis vanaf 1 Junie tot 1 Julie 2095 eenhede is dit wil se 2095 deel deur 30 dae gee vir jou totale gebruik van 69.8 eenhede n dag die woonstel se pre paid trek krag van my huis { master meter ) ek kry gewoontlik so R1000 tot R1350 n maand terug van cashpower wie die pre paid meter { woonstel } se admin behartig saterdag bel ek hulle (cashpower ) en vra hoekom kry ek vir junie maand net R170 terug van die gebruik van woonstel pre paid hulle antwoord is daar is vanaf 1 Junie tot 3 Julie net R200 se krag aangekoop dit wil se so plus minus 130 eenhede dit se vir my terwyl headers amper elke aand loop elke dag kos gemaak die dame was te minste twee keer n week klere vir hule drie dat jy so min eenhede deur die maand klaar kom en dit wil se 130 eenhede deel deur 33 dae = 3.9 eenhede wat gebruik vir 24 uur stront my meter in woonstel is gebrug so 09H00 kom n persoon wat die meters instaleer n audit doen vandaar sal ek dit verder vat Wat sal julle doen in my skoene kyk ek kan n leeu borsvoed hier waar ek tik
Kennis gegee
Die pre paid meter van woonstel kry krag van my huis prepaid ek het mense kennis gegee en meter is weer geseel jy kan nie met 67 eenhede vir 33 dae reg kom nie dis soos ek genome het 2 eenhede n dag nou moet ek weer verf en mense kry na huidige huurders uit is
Ouch, nou verstaan ek, dit…
Ouch, nou verstaan ek, dit is gemeen van hulle.![]()
Shaun, kon jy agterkom hoe…
Shaun, kon jy agterkom hoe dit gebrug was. Die eenheid het n "tamperproof" device wat die krag afskakel sou die deksel oopgemaak word. Dit moet dan deur cashpower aan hulle kant aangesit word.
Die plaasmense kry ook krag deur my meter wat hulle ook koop soos by jou. Ek het n meter in my bord gesit waar ek kan lees hoeveel na hulle gaan.
Die prepaid wat ek in het,…
Die prepaid wat ek in het, is nog van die eerstes wat uit gekom het, dit is buite op die invoer geinstalleer, met die sleutel boksie (die een met die lesings, en die insit van die kode van aankope) binne die huis. Ek het al van paar ouens hier gehoor wat dit gebrug het, van hulle, is uit gevang en het hewige boetes gekry.
'n Persoon wou myne ook vir my "dokter", maaar ek wou nie, ook net sowel, hulle het skielik eendag hier op gedaag en kom op check, die verskoning was, omdat my verbruik so baie gedaal het.
Neef ek het
Ek gaan die pre paid na my skuif en ja dis n paar rand om te doen ek het n nommer gekry wat ek in pre paid box van woonstel insit sodat hy reset na factory settings ja my krag afgegaan toe hulle peuter maar ons gedink dis load shed maar toe nie ja die mens wat so steel ![]()
......en dan kla ons....
.......en dan kla ons oor ongemagtigde kragverbindings in die townships waar krag gesteel word ! Dit vind ook plaas hier onder ons eie mense !
Niks ongewoon nie
Ons het by my beterhelfte se woonstel ook "pre paid" water ingesit. Die huurder betaal sy eie water en krag.
Ongelukkig is ons deel van die hele spektrum van mense, dit sluit skelm/agterbaks ook in.
Blykbaar is dit baie maklik om met die kragbokse te peuter.
Plakkerskamp spinnerakke
Soos Wessel sê is dit maklik om met krag installasies te peuter. Ek het van tyd tot tyd projekte in ons informele nedersettings, en onlangs het ons weer gesukkel om toegang te kry weens die spinnerakke van onwettige elektriese aansluitings. Die drade loop kruis en dwars oor die paaie tussen die hutte en hang sommer aan krom afgebreek te boomtakke wat net in die grond ingedruk is. Hulle gebruik ook nie Cabtyre nie, maar sommer flex en enige soort draad en dit word gelas en geknoop sonder insulasie.Dis waarskynlik ook een van die redes waarom daar gereeld brande uitbreek, en dan kan die noodvoertuie nie daar inkom nie want daar hang drade oor die paaie.





Shaun dit klink nie reg nie,…
Shaun dit klink nie reg nie, tensy jou aankope verminder is oor dieselfde tydperk, maak dit nie sin nie.
Ons meter kan nie terugvoer na die grid nie, ek koop so 300 eenhede per maand vir die stoof, (intussen het ek 'n gas stoof met elektriese oond in gesit) wasmasjien, woonstel en buite geboue. Die is nie op die solar stel nie.
Buite gebruik ek baie die kompresser en ander elektriese gereedskap wat te swaar is vir die solar.
Hou ons op hoogte, en watse meter het jy iis wat terug verkoop?