Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kamp goete Help met kamp beddens en… Wessel Strydom -18 minutes ago
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -5 hours ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -6 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -8 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -8 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -8 hours ago

Politieke twakpraat

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Na aanleiding van 'n versugting elders, begin ek die gesprekslyn. Wat dink julle van al die politieke kapperjolle, gatomswaai ensovoorts wat tans aan die orde van die dag is? Hoe uitgesproke kan ons op die forum wees, die regskenners op die forum moet help sensor asb.

Ek kan nogal baie kwytraak oor die mediese parool van sekere persone.

Vaalpark

Johann L

Wed, 08/09/2021 - 15:21

Daar is nou baie meer punte waar mense kan gaan vir die ent, sekere hospitale doen ook die inenting, maar net die J& J entstof.

Ons finasieēle adviseer was by President Hyper,  hy sê daar was twee mense voor hom.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 08/09/2021 - 15:23

Location   Doses given Fully vaccinated % of population fully vaccinated South Africa

South Africa

  13,9M

13 900 000

6,75M

6 750 000

11,5%

11,5%

China (Mainland)

China (Mainland)

  2,04B

2 040 000 000

889M

889 000 000

-

India

India

  700M

700 000 000

164M

164 000 000

12,0%

12,0%

United States

United States

  376M

376 000 000

177M

177 000 000

53,8%

53,8%

Brazil

Brazil

  202M

202 000 000

67,4M

67 400 000

31,9%

31,9%

This data shows the total number of doses given in each location. Since some vaccines require more than one dose, the number of fully vaccinated people is likely to be lower. '+' shows data reported yesterday·

Twee dae terug.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 08/09/2021 - 15:26

Johann -  soos ek maar deur my skrefie oë na die saak kyk lyk dit nie vir my of oom Cyril se mense baie belangstel om die speletjie saam te speel nie.    Dit laat hom en ons regering natuurlik sleg lyk voor die internasionale gehoor -  dit gaan tog alles oor internasionale politiek.   

Ek was nog nooit voorheen (onder die nuwe regering) so bly dat ek in SA woon nie.    Hier leef ons nog in die jungle en elke man doen soos hy self goed dink -  ek hou daarvan yes

0

Middag vriende

Moet nou nie die gesprekslyn terugtrek na Covid nie, die idee was om menings te lug oor ons politieke bestel, of gebrek daaraan.

Ek weet nie meer wie om te glo nie. Ons huidige president is so bekkig, en wel ter tale, maar ai dit klink klinies gesproke na 'n gevry [gevlei] vir stemme.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 08/09/2021 - 17:12

Johann, mag ek net die volgende vra :-

Al is ek nou ge-ent, (my tweede spuit gekry) gaan niemand my oortuig ek het die beste, besluit geneem nie,

 Hoekom het jy tog 'n besluit geneem wat nie in jou beste belang is nie ?

Al hierdie dinge is eindlik maar net kleed repitusies vir groot dinge wat binne kort kom. As ek kyk wat oor die hele wêreld gebeur, en veral nou in die midde ooste, raak ek baie opgewonde, die Woord is onveranderbaar waar.

Ek verstaan nie  -  kan jy asseblief vir my 'n bietjie duidelikheid gegee wat jy hiermee bedoel en hoe dit die inenting of nie-inenting teen die Covid-19 virus raak ?

Ek het haar laat weet "baie dankie, nou hoef ons jou nooit weer te besoek nie"

Al is die antwoord aan jou familielid miskien tegnies korrek, lees ek nie dalk 'n tikkie aggressie daarin teenoor 'n andersdenkende persoon nie ?

Ns. Jammer Wessel, Sleepnou se opmerking het my verlei om oor Covid-inenting los te trek  -  maar dit bly 'n lekker onderwerp !

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 08/09/2021 - 17:32

JZ se "loslating" :-

Ek het reeds my opinie op bladsy 1 gegee.  CR se uitgespreekte blydskap oor JZ se parool vrylating en sy "spoedige herstel" boodskap het my teleurgestel.  Ek twyfel of dit opreg bedoel was en sien dit eerder as polities korrek om sy pogings om al die talle faksies in die regerende party tevrede te stel en om sy party by die stembus te help.  Ek lees nie veel meer as dit daarin nie.

0
Irene

Grootwind

Wed, 08/09/2021 - 18:37

Nou ja hier word ons al weer verlei...spesiaal vir Len!

Kort geheue...

Dis my gat se deksel dat mense die grootste twak glo, en dan beweer dat hulle nie iets sal laat inspuit wat "nie" bewese is nie....soos my dogter dit so mooi stel, party mense het nie in die wetenskapklas opgelet nie en in plaas van luister gesit en Pritt gom van hulle vingers afpik...

Ek verstaan daar word op 4 Oktober 'n dokkie vertoon op dSTV deur 'n dokter wat regtig wys wat in Covid sale aangaan...sy werk by die Zuid Afrikaans Hospitaal hier in Pretoria. 

Gaan in vrede.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 08/09/2021 - 18:53

Dankie GW, sal baie graag die dokkie wil sien.

As ek in so 'n pyp-bed moet lê sal ek dood wees voor ek gesond kan word !  (Foto geneem toe ek 3 jaar oud was).

Ek het polio as kind gehad voor ek skool toe is, maar gelukkig niks daarvan oorgekom nie.  Ons huis was vir weke in kwarantyn.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 08/09/2021 - 18:53

Heeltemal te min mense laat hulleself inent. Alhoewel ons wat ingeënt is nie dodelik siek behoort te word as ons Covid kry nie, gaan ons moet aanhou maskers dra en ingeperk word omdat nie naastenby genoeg mense ingeënt word nie. Dit ten spyte daarvan dat genoeg entstof verkry is en almal toegang het daartoe. Jy kan donkies tot by die water bring, maar jy kan hulle nie maak drink nie. 

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 08/09/2021 - 19:15

Ek stem Wildehont - as almal maar net skape was dan sou dit dalk beter gegaan het?

My 16% skatting lyk my was optimities.  Volgerns Johann is dit nader aan 11%

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 08/09/2021 - 19:57

Ek steur my nie veel aan statistiek nie omdat dit maklik manipuleerbaar is om by 'n gewensde resultaat uit te kom.  Maar ek het ook gaan kyk.  Die Departement van Gesondheid se inentingsfer soos vandag bekend gemaak beloop 14 126 008 (gewoonlik 'n paar dae agter) terwyl Statistieke SA se bevolkingsyfer beloop 60 140 000.  Dus, 14 126 008 ÷ 60 140 00 x 100 =  23,49 %

Ek was nog nooit goed met somme nie  -  help my asseblief reg as ek 'n krater van myself gemaak het.

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 08/09/2021 - 20:12

Die hele storie oor inenting sou vir my lagwekkend wees as dit nie so tragies was nie!

Ek luister na die anti mense wat dan glo navorsing gedoen het en nie soos ons pro groep alles vir soetkoek opeet nie.

Wonder ek nou weet hulle regtig wat die woord navorsing beteken?

Het hul enige kennis om kliniese verslae te ontleed, want dit is tog wat deels van wat navorsing beteken?

Of doen hulle ook maar hul navorsing deur sosiale media en om te google?

Ek dink teen die tyd behoort almal al te kan sien dat die entstof wel werk en minimale newe efekte het.

Die nadoodse ondersoeke by sterfgevalle na inenting het ook bewys dat niemand nog dood is as gevolg van die inenting?

Ek glo ook hoe gouer ons begin nugter dink oor die hele saak, hoe gouer die mense gaan vir onenting hoe gouer sal ons die pandemie kan baasraak.

Mense raak te emosioneel oor die storie, en versprei baie onwaar stories. Een se suster werk by hospitaal en sy weet dan glo presies hoeveel daar doodgaan.

Ander een se broer se verloofde se ma werk by andet hospitaal en het weer sy eie stories.

Ander een se skoonsuster werk by hospitaal en weet dat hulke nog geen pasient weg gewys het omdat al die bedens vol was.

Later vind mens uit dat al die stories onwaar was. Dit lyk vir my so of die anti groep net storues opmaak en versprei sodat almal saam met hulle gekant is teen die inenting.

Surely maak mens mos ń besluit of ja of nee. Wonder saam mey Len hoekom Johann die entstof geneem het sonder dat hy seker was of hy dit moet doen??

0
Worcester

Wildehont

Wed, 08/09/2021 - 20:33

as almal maar net skape was dan sou dit dalk beter gegaan het?

Puik analogie. As die skape toelaat dat die boer hulle dip raak minder (of geen) van hulle siek of vrek nie. As hulle egter soos steeks donkies voor die dip bak sou vassteek en weier eindig dit nie so goed vir hulle of die boer nie. 
 

(On?)gelukkig was die Weste te dom om eers die onbeproefde, eksperimentele entstof op die gepeupel (ons) in die Derde wêreld te toets voor hulle vir hulleself genoeg gehou het om hulle in te ent as hulle sien dit werk vir ons. Toe braak ons gal oor ons regering wat so nutteloos is en nie vir ons entstof kan kry nie.
 

Nou het hulle genoeg gekry, en daar is lank reeds ‘n stelsel en netwerk met afsetpunte in plek, maar baie (die meerderheid as mens na statistiek kyk) leen hulle ore uit aan sosiale media en weier om die entstof te vat of is onseker daaroor. Ek is oortuig dat as dit nie vir sosiale media (WhatsApp ingesluit) was nie, het die prentjie heeltemal anders gelyk. Nêrens in die hoofstroom media word negatief oor die entstowwe berig gedoen nie. 
 

Nou gooi ek vir my ‘n dop en wag vir die sameswerings teoriëe oor hoe die hoofstroom media ons breinspoel sodat die Illuminatie ons kan oorneem deur ons in te spuit met rekenaar skyfies (of watookal).  

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 08/09/2021 - 20:52

Tussen Anton, Len en my plasings van statistieke, kan mens duidelik die distorsie, siening van die prentjie sien.

Wessel die hele storie was lankal beplan, net soos met Shabir Shick (spelling) die knaap was mos op die rand van afsterwe, wel dit is nou al baie jare later, en hy jol nog lekker rond.

Kom ons wees eerlik, die politiek speel reg in die hande van die end tyd. Hou net die oë op Israel, die midde ooste is besig om op 'n geweldige "rampspoedige" toneel af te speel.

Joe Biden, watter groter teleurstellende president was daar ooit in die Amerikaanse beskiedenis, die ou raak aan die slaap in 'n vergadering, kyk kort kort op sy horlosie terwyl hulle 13 lyke van soldate terug bring. Draai sy rug op joernaliste wat "tricky" vrae vra.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 08/09/2021 - 22:48

Anton  - ek het die volledige mens-inenting syfer soos op 8 September 2021 deur Department van Gesondheid gepubliseer, gebruik.  Toegegee, dit sluit nie in sekere inentings wat nie onmiddellik rekenaarmatig op hulle stelsel ingevoer is nie  -  dit kom eers 'n paar dae later by. 

Johann  -  met respek, ek sukkel om jou plasing hierbo te begryp, eers inenting syfers, dan Shabir Shaike wat nog springlewendig is, dan politiek wat speel in die hande van die endtyd, hou net oë op Israel, die midde ooste is besig om op 'n rampspoedige toneel af te speel, en Joe Biden wat aan die slaap raak.  Ek het ook nog onduidelikheid oor drie vrae wat ek jou hierbo op jou vorige plasing gevra het  -  ek probeer net regtig verstaan presies wat jy bedoel.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 09/09/2021 - 06:25

Kom ons begin maskers maak, want ons gaan dit nog baie lank (tot met die einde van dae soos dit nou aangaan) moet dra. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus